Lonmin, die nuwe Sharpville

‘n Poging deur die polisie om Donderdag stakende werkers by Marikana se Lonminmyn te verwilder, het in ‘n skietgeveg tussen die twee groepe geëindig.

‘n Sapa-verslaggewer op die toneel het gesê dat hy 18 liggame langs die nabygeleë Wonderkopplakkerskamp getel het. Die skietery het sowat drie minute geduur.

Die polisie het probeer om ‘n gedeelte van die stakers op die spits van ‘n koppie te stop. Vroeër is berig dat die stakers se vroue ook by hulle aangesluit het.

Die stakers is het pangas geswaai en oorlogsliedjies gesing. Die polisie het traangas gebruik en daana ‘n waterkanon teen die stakers, wat met lewendige ammunisie teen die polisie teruggeslaan heti.

Die gebied rondom die berg, wat die stakers as hul basis gebruik het vir die afgelope paar dae, is afgesper met doringdraad.

Die stakers het na die plakkerskamp en die nabygeleë veld gevlug.

Polisiewoordvoerder kaptein Dennis Adriao het aan joernaliste op die toneel gesê die polisie was “takties” in hul benadering en dat die situasie gespanne is.

Александр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae