Pretoria bly Pretoria

Onverwagse steun om Pretoria se naam te behou en politieke oorlewing by Mangaung het die Tshwane-metro se planne om dié naam binnekort te verander, vir eers in die wiele gery.

Beeld berig die ANC gaan nie, soos beplan, die stad se naam voor sy kongres in Mangaung die “doodskoot” kan gee nie.

Inwoners in dié metro het ná ‘n openbare deelnameproses tot 16 November kans gehad om aan te dui of hulle vír of teen die voorgestelde naamsverandering van Pretoria na Tshwane is.

Die dagblad berig Tshwane se speakerskantoor het onlangs met ‘n skok besef daar is veel meer steun vir Pretoria as vir Tshwane.

Daar word boonop verneem die ANC-Tshwane-streek het die naamstryd die laaste ruk op die agtergrond geskuif met politieke oorlewing by Mangaung wat nou boaan die voorkeurlys is.

“Pretoria se naam het ‘n tydelike reddingsboei gekry en sal 2013 sien,” het ‘n ingeligte van die regerende party gesê.

Tshwane beskou glo die steun vir Pretoria as onnatuurlik en wil probeer vasstel of daar nie “spookstemme” uitgebring is nie.

Nomasonto Ndlovu, Tshwane se woordvoerder, en Morakane Mosupye, die speaker, het geweier om kommentaar te lewer.

Praag het onlangs voorgestel dat die naam verander word na Pretoria-Ndlela ipv Tshwane.

топкарго развод

Aansoek om ANC-Jeugliga te likwideer

‘n Aansoek om die ANC-jeugliga te laat likwideer, is Woensdag by die hooggeregshof in Johannesburg ingedien, berig Beeld. Die jeugliga skuld glo sowat R12,8 miljoen aan die beslote korporasie Z2 Presentations wat deur Willem Adendorff bedryf word.

Dit sluit R7,6 miljoen in om die Bloemfonteinse kongres in 2008 te reël, waar Julius Malema as leier verkies is. Die res van die skuld is rente wat opgeloop het.

Marius van Rensburg, Z2 Presentations se regsverteenwoordiger, sê: “Dit is nog nie op die jeugliga beteken nie, maar die balju is gevra om dit dringend te doen.”

Die jeugliga se waarnemende leier, Ronald Lamola, was nie beskikbaar vir kommentaar nie. Keith Khoza, ANC-woordvoerder, het gesê die party is nie bewus van enige likwidasie-aansoek nie.

Khoza sê dis hoogs onwaarskynlik dat die jeugliga gelikwideer sal kan word. “Hulle het geen bates nie en die ANC leen die kantoor wat hulle gebruik aan hulle.”

Die jeugliga is reeds op 1 Julie 2008 in die Bloemfonteinse hooggeregshof gedagvaar en ‘n verstekvonnis is teen die organisasie verkry.

Александр Фильчаков

AWB-lede aangekeer onderweg na De Doorns

Beeld berig dat sewe lede van die AWB gister onderweg na De Doorns in hegtenis geneem is. Hulle het ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie in hul besit gehad.

Die sewe mans, onder wie Johann Spies, die AWB se Wes-Kaapse kommandoleier, is na verneem word na verskeie polisiekantore gebring, vergesel deur die Valke, het ‘n bron aan die koerant gesê. Die bron is waarskynlik deel van die “ondersoek” na die AWB.

Die AWB-lede is volgens die “bron” omstreeks 09:00 by ‘n padversperring op die N1 aangekeer. Daar was ‘n .308-geweer in die voertuig.

Volgens lt.kol. André Traut, polisiewoordvoerder, is 60 patrone vir die geweer in die voertuig gevind. Die mans, tussen 33 en 66 jaar oud, sal glo binnekort aangekla word en in ‘n plaaslike hof verskyn.

Op die AWB se Facebook-blad skryf Spies dat die AWB die boere 100% met hul private kommando’s en veiligheidsmaatskappye ondersteun.

“Ons sal nie toelaat dat die stakers voortgaan om ons dorpe en plase te plunder nie. As die polisie en weermag nie die werk kan doen nie, sal ons dit vir hulle doen.”

Лобановский Харьков

Mynopstande ‘apartheid se skuld’

Die geweld wat vanjaar die myne getref het is ‘n gevolg van apartheid, het die uitgaande uitvoerende hoof van Anglo American, Cynthia Carroll, Dinsdag gesê.

“Die geweld wat ons vanjaar in die mynsektor gesien het, het sy wortel in die nalatenskap van apartheid en die onderliggende sosiale probleme wat steeds met ons bly,” het sy by die Gordon-sakeinstituut in Johannesburg gesê.

“Die vloek van werkloosheid beteken dat mynwerkers baie keer baie ander mense het wat ekonomies afhanklik is van hulle.”

Carroll het gesê die geskiedenis van die trekarbeidstelsel het familiebande vernietig en gemeenskappe ontwrig.

“Die vernietiging van menslike verhuoudings wat plaasgevind het onder apartheid… al hierdie faktore kan gesien word in die konflik en tragedie wat ons hierdie jaar ervaar het.”

Carroll het ook gesê daar is geen toekoms vir die land as wet en orde nie gehandhaaf word nie.

“Openbare order is die fondasie waarsonder ‘n samelewing ineenstort. Ons het vanjaar geweld en onrus in die mynwese en verskeie ander sektore gesien.”

Bronne in die binnekringe van die maatskappy sê Carroll is afgedank vanweë die onrus by die myne onder haar bestuur en het nie uit vrye wil bedank nie.

Фильчаков Александр Васильевич

De Doorns kalm

Die situasie op De Doorns in die Hexriviervallei in die Boland is kalm. Duisende seisoenale werkers in die vallei het vanoggend weer begin staak nadat onderhandelinge rondom werkers se eis vir ‘n minimumloon van R150 nog niks opgelewer het nie.

Vragmotors wat gestuur is om werkers in die informele nedersetting op te laai het leeg na die plase teruggekeer.

Die werkers sê hulle het vakbonde en die regering gevra om onderhandelinge tot vandag ‘n kans te gee. Die polisie is in en om De Doorns ontplooi.

Plaaswerkers en vakbonde in die Wes-Kaap het ooreengekom om Dinsdag met hul beplande staking voort te gaan, indien daar nie Maandag aan hulle eise voldoen word nie.

Die SABC berig dat Cosatu wil hê plaaswerkers moet landswyd aan die staking deelneem.

Die meeste seisoenale plaaswerkers verdien tussen R69 en R75 per dag. Die hoogste aanbod wat boere sedertdien gemaak het, is R80.

Volgens berigte is die werkers ontevrede, omdat die minister van arbeid, Mildred Oliphant,  gesê het dat hoër lone eers volgende jaar hersien sal word.

Фільчаков прокурор

DA se verkiesingsveldtog skop af

Helen Zille, DA-leier, en Lindiwe Mazibuko, parlementêre leier van die party,  se verkiesingsveldtog het afgeskop met die pantomime Jack and the Beanstalk in die Joburg-teater.

Dr. Dion George, DA-LP, het gesê Zille en Mazibuko se verhoogdebuut was deel van ‘n DA-geldinsameling vir die party se 2014-verkiesingsveldtog.

Volgens George het hulle R214 000 betaal om al die kaartjies vir Saterdagoggend se 11:00-vertoning te koop. Hulle het meer as ‘n duisend kaar­tjies herverkoop teen ‘n wins.

Die kaartjies is op die DA-webtuiste geadverteer as ‘n geldinsamelingspoging met Helen Zille, maar die gehoor is verras met haar verskyning in ‘n blonde pruik en narrekostuum.

Die twee politici het die “DA-dans” in die middel van die vertoning uitgevoer.

Zille het aan Beeld gesê hull het dit baie geniet. “Ons het baie pret gehad.” In hul blou DA-hemde en stywe swart broeke, sê George, het die gehoor “mal geraak” toe die twee onverwags verskyn.

Die DA het Janice Honeyman, wat dit op die planke gebring het, genader om dit te kombineer met ‘n geldinsameling waarvan Zille en Mazibuko deel sou wees en sy het ingestem.

Volgens George het hulle die dans juis in Gauteng bekend gestel omdat hulle hoop om die meerderheidstem in die provinsie in die volgende verkiesing te wen.

“Dit wys ook die DA is lewendig en sit nie soos ander partye vas in die verlede nie.” George het egter nie kommentaar gelewer op die DA-leier se voortdurende verwysings na haar eie struggle-verlede nie, die “verlede”-basis waarop haar hele politieke persona geskoei is.

 

Фільчаков прокурор

Persklub verwerp Staatsinligtingswet

Die Nasionale Persklub het ‘n beroep op die Nasionale Vergadering gedoen om die omstrede Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting te verwerp.

Die klub se voorsitter, Antoinette Slabbert sê hulle verwelkom die aanpassings wat gemaak is, maar die aangepaste weergawe bevat steeds ‘n dreigement van tronkstraf van soveel as 25 jaar.

Sy sê die staat moet nié gewone mense kriminaliseer omdat hulle bloot hul reg op toegang van inligting uitoefen nie. Die ANC se parlementêre woordvoerder sê die wetsontwerp gaan nie daaroor om korrupsie weg te steek nie, maar om sensitiewe staatsinligting ter wille van staatsveiligheid te beskerm.

Die ANC-meerderheid in die Nasionale Raad van Provinsies het die wetsontwerp verlede week goedgekeur.

Dit sal volgende jaar voor die Nasionale Vergadering dien. Opposissiepartye sê indien die wetgewing goedgekeur word, sal hulle die Konstitusionele hof nader om dit ongedaan te maak.

Александр Фильчаков

‘Vegkop’ inspireer glo nie

Die KwaZulu-Natalse LUR vir onderwys gaan die name van skole in die provinsie verander. Name soos “Vegkop”, “Maagdedye” en “Op die boude” sal glo hersien word.

Die LUR glo die name is onvanpas vir Zoeloe en Afrikaanse skoolname en moet verander word.

“Dit klink nie opvoedkundig nie en sal aangespreek moet word. Sulke name inspireer nie,” het LUR Senzo Mchunu gister in Durban by die bekendstelling van ‘n program om die skoolstelsel in die provinsie te transformeer, gesê.

Mchunu het gesê sy departement het ‘n aantal skole in KwaZulu-Natal ontdek waarvan die name “onvanpas en oninspirerend” is en was “geskok” om dit te sien.

“Hoewel ons erken dat skole na plaaslike inwoners, plaaslike prestasies en vooraanstaande persoonlikhede vernoem is, is die name in baie gevalle, nie bespreek met gemeenskappe nie.

“Die departement is bekommerd oor ‘n paar van die name en dit is om hierdie rede dat ons konsultasie sal begin met alle belanghebbendes hieroor,” het hy gesê.

Name van skole in die provinsie sluit die volgende in: Mgwazeni (Steek hom), Tilongo (Gevangenis), Ukufakwakhe (Sy dood), Hlaba (Slag), Esinqeni (Op die boude), Nkawu (Aap); Mkhuthuzeni (Sakkeroller), Mbambankunzi (Besteel hom) en Bhekumkhonto (Kyk vir spies).

Mchunu het gesê skole met Afrikaanse name sal ook verander word, maar hy het nie die skole by name genoem nie. Een so ‘n skool kan egter Vegkoplaerskool wees. ‘n Inwoner, Johan Venter, het egter gesê hulle kan maar die naam gerus verander, maar dit sal nie verander wat gebeur het by Vegkop nie.

Vegkop-stadion in Windhoek se naam is voorverlede jaar na die FNB Windhoek High School (WHS) Stadium verander. Dié stadion huisves ‘n skolerugbytoernooi.

“Ons wil nie name van die Amakhosi (tradisionele leiers) waarna sommige skole vernoem is, verander nie. Maar, as ‘n departement, het ons sterk gevoel daar is ‘n behoefte vir ‘n verandering. Gedurende die uitgebreide konsultasieproses, sal ons toelaat dat ‘n skool drie name opgee en ‘n naam sal daaruit gekies word.”

 

topcargo отзыв

M23 traag om Goma te verlaat

Kongolese rebelle van M23 het nog geen daadwerklike poging aangewend om uit die stad Goma te onttrek nie, het die Verenigde Nasies gesê.

Die VN se Veiligheidsraad het Woensdag gesê hy sal verdere sanksies teen die M23-rebelle, en diegene wat hulle ondersteun, oorweeg. Spesifieke lande is egter nie uitgesonder nie.

Die besluit is ook deur die VSA ondersteun.

Hillary Clinton, die VSA se minister van buitelandse sake, het Woensdag gevra dat alle partye wat by die konflik betrokke is, hulle steun aan die M23-rebelle in die Demokratiese Republiek van die Kongo moet staak.

Die rebelle het vroeër beweer dat hulle reeds uit die gebied begin onttrek het. Eduardo del Buey, die VN se adjunkwoordvoerder, het egter Woensdag gesê lede van die VN in die Kongo berig dat die M23-groep nog geen poging aangewend het om Goma te verlaat nie.

VOA berig dat die rebelle wel uitbeweeg maar dat die VSA “bekommerd is oor die vakuum” wat gelaat sal word as die rebelle onttrek.

лобановский харьков класс

Cosatu wil tolpadstellasies afbreek

Volgens berigte dreig die vakverbond Cosatu om die beplande tolpadstellasies op die hoofweë af te breek uit teenkanting teen die stelsel. Die vakbond gaan ook teen die omstrede e-tolstelsel betoog.

Uitsprake van Cosatu dui daarop dat daar beplan word om Johannesburg en Pretoria tot stilstand te dwing voordat hulle volgende week met nóg betogings voortgaan.

Volgens Eyewitness News het Dumisani Dakile, Cosatu se Gautengse sekretaris, dié berigte egter ontken en gesê Cosatu se voorneme is om te eis dat die stellasies afgebreek word.

“Ons sal die departement van behuising en die plaaslike regering vra om die tolpadstellasies af te breek soos wat hulle huise in Lenasia afgebreek het.”

Phutas Tseki, Gautengse voorsitter van die vakbond, het vroeër ‘n beroep op die publiek gedoen om Vrydag, 30 November aan die optog deel te neem.

Александр Фильчаков прокурор