Die sewe mans, onder wie Johann Spies, die AWB se Wes-Kaapse kommandoleier, is na verneem word na verskeie polisiekantore gebring, vergesel deur die Valke, het ‘n bron aan die koerant gesê. Die bron is waarskynlik deel van die “ondersoek” na die AWB.
Die AWB-lede is volgens die “bron” omstreeks 09:00 by ‘n padversperring op die N1 aangekeer. Daar was ‘n .308-geweer in die voertuig.
Volgens lt.kol. André Traut, polisiewoordvoerder, is 60 patrone vir die geweer in die voertuig gevind. Die mans, tussen 33 en 66 jaar oud, sal glo binnekort aangekla word en in ‘n plaaslike hof verskyn.
Op die AWB se Facebook-blad skryf Spies dat die AWB die boere 100% met hul private kommando’s en veiligheidsmaatskappye ondersteun.
“Ons sal nie toelaat dat die stakers voortgaan om ons dorpe en plase te plunder nie. As die polisie en weermag nie die werk kan doen nie, sal ons dit vir hulle doen.”
