Mynopstande ‘apartheid se skuld’

Die geweld wat vanjaar die myne getref het is ‘n gevolg van apartheid, het die uitgaande uitvoerende hoof van Anglo American, Cynthia Carroll, Dinsdag gesê.

“Die geweld wat ons vanjaar in die mynsektor gesien het, het sy wortel in die nalatenskap van apartheid en die onderliggende sosiale probleme wat steeds met ons bly,” het sy by die Gordon-sakeinstituut in Johannesburg gesê.

“Die vloek van werkloosheid beteken dat mynwerkers baie keer baie ander mense het wat ekonomies afhanklik is van hulle.”

Carroll het gesê die geskiedenis van die trekarbeidstelsel het familiebande vernietig en gemeenskappe ontwrig.

“Die vernietiging van menslike verhuoudings wat plaasgevind het onder apartheid… al hierdie faktore kan gesien word in die konflik en tragedie wat ons hierdie jaar ervaar het.”

Carroll het ook gesê daar is geen toekoms vir die land as wet en orde nie gehandhaaf word nie.

“Openbare order is die fondasie waarsonder ‘n samelewing ineenstort. Ons het vanjaar geweld en onrus in die mynwese en verskeie ander sektore gesien.”

Bronne in die binnekringe van die maatskappy sê Carroll is afgedank vanweë die onrus by die myne onder haar bestuur en het nie uit vrye wil bedank nie.

Фильчаков Александр Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae