Die media word uitgenooi om die ondertekeningseremonie in Upper Mnyameni, sowat 13 km noord-wes van Keiskammahoek in die Oos-Kaap by te woon. Tydens die ondertekening sal die inhoud van die ooreenkoms bekend gemaak word en sal die leierskap van Orania en Mnyameni die praktiese uitvoering en implikasies van hierdie belangrike ooreenkoms verduidelik.
Die doel van samewerking tussen Orania en Mnyameni is om as ‘n alternatief tot die afhanklike posisie waarin die meeste Suid-Afrikaanse gemeenskappe vandag verkeer, ‘n selfstandigheidsmodel te ontwikkel waardeur verskillende gemeenskappe saamwerk om mekaar se ekonomië te help bevorder. Orania en Mnyameni beplan om in die toekoms op verskillende terreine waaronder landbou, onderwys en toerisme saam te werk.
