Persklub verwerp Staatsinligtingswet

Die Nasionale Persklub het ‘n beroep op die Nasionale Vergadering gedoen om die omstrede Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting te verwerp.

Die klub se voorsitter, Antoinette Slabbert sê hulle verwelkom die aanpassings wat gemaak is, maar die aangepaste weergawe bevat steeds ‘n dreigement van tronkstraf van soveel as 25 jaar.

Sy sê die staat moet nié gewone mense kriminaliseer omdat hulle bloot hul reg op toegang van inligting uitoefen nie. Die ANC se parlementêre woordvoerder sê die wetsontwerp gaan nie daaroor om korrupsie weg te steek nie, maar om sensitiewe staatsinligting ter wille van staatsveiligheid te beskerm.

Die ANC-meerderheid in die Nasionale Raad van Provinsies het die wetsontwerp verlede week goedgekeur.

Dit sal volgende jaar voor die Nasionale Vergadering dien. Opposissiepartye sê indien die wetgewing goedgekeur word, sal hulle die Konstitusionele hof nader om dit ongedaan te maak.

Александр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae