Die polisie in Noordwes is steeds op soek na vier verdagtes wat ‘n 74-jarige boer naby Brits vermoor het.
RSG berig dat nog drie mense wreed aangerand en beseer is tydens Vrydagoggend se aanval.
Die boer is drie keer in die bors geskiet.
Volgens die polisie is ‘n 94-jarige vrou beseer, terwyl ‘n 68-jarige vrou geskiet en met ‘n mes gesteek is.
‘n Sestienjarige is ook verskeie kere in die rug gesteek.
Die verdagtes het met ses selfone, R10 000 kontant, drie vuurwapens en ‘n voertuig gevlug.
Die voertuig is later verlate gekry.
