Helen Zille, DA-leier, en Lindiwe Mazibuko, parlementêre leier van die party, se verkiesingsveldtog het afgeskop met die pantomime Jack and the Beanstalk in die Joburg-teater.
Volgens George het hulle R214 000 betaal om al die kaartjies vir Saterdagoggend se 11:00-vertoning te koop. Hulle het meer as ‘n duisend kaartjies herverkoop teen ‘n wins.
Die kaartjies is op die DA-webtuiste geadverteer as ‘n geldinsamelingspoging met Helen Zille, maar die gehoor is verras met haar verskyning in ‘n blonde pruik en narrekostuum.
Die twee politici het die “DA-dans” in die middel van die vertoning uitgevoer.
Zille het aan Beeld gesê hull het dit baie geniet. “Ons het baie pret gehad.” In hul blou DA-hemde en stywe swart broeke, sê George, het die gehoor “mal geraak” toe die twee onverwags verskyn.
Die DA het Janice Honeyman, wat dit op die planke gebring het, genader om dit te kombineer met ‘n geldinsameling waarvan Zille en Mazibuko deel sou wees en sy het ingestem.
Volgens George het hulle die dans juis in Gauteng bekend gestel omdat hulle hoop om die meerderheidstem in die provinsie in die volgende verkiesing te wen.
“Dit wys ook die DA is lewendig en sit nie soos ander partye vas in die verlede nie.” George het egter nie kommentaar gelewer op die DA-leier se voortdurende verwysings na haar eie struggle-verlede nie, die “verlede”-basis waarop haar hele politieke persona geskoei is.
