‘Vegkop’ inspireer glo nie

Die KwaZulu-Natalse LUR vir onderwys gaan die name van skole in die provinsie verander. Name soos “Vegkop”, “Maagdedye” en “Op die boude” sal glo hersien word.

Die LUR glo die name is onvanpas vir Zoeloe en Afrikaanse skoolname en moet verander word.

“Dit klink nie opvoedkundig nie en sal aangespreek moet word. Sulke name inspireer nie,” het LUR Senzo Mchunu gister in Durban by die bekendstelling van ‘n program om die skoolstelsel in die provinsie te transformeer, gesê.

Mchunu het gesê sy departement het ‘n aantal skole in KwaZulu-Natal ontdek waarvan die name “onvanpas en oninspirerend” is en was “geskok” om dit te sien.

“Hoewel ons erken dat skole na plaaslike inwoners, plaaslike prestasies en vooraanstaande persoonlikhede vernoem is, is die name in baie gevalle, nie bespreek met gemeenskappe nie.

“Die departement is bekommerd oor ‘n paar van die name en dit is om hierdie rede dat ons konsultasie sal begin met alle belanghebbendes hieroor,” het hy gesê.

Name van skole in die provinsie sluit die volgende in: Mgwazeni (Steek hom), Tilongo (Gevangenis), Ukufakwakhe (Sy dood), Hlaba (Slag), Esinqeni (Op die boude), Nkawu (Aap); Mkhuthuzeni (Sakkeroller), Mbambankunzi (Besteel hom) en Bhekumkhonto (Kyk vir spies).

Mchunu het gesê skole met Afrikaanse name sal ook verander word, maar hy het nie die skole by name genoem nie. Een so ‘n skool kan egter Vegkoplaerskool wees. ‘n Inwoner, Johan Venter, het egter gesê hulle kan maar die naam gerus verander, maar dit sal nie verander wat gebeur het by Vegkop nie.

Vegkop-stadion in Windhoek se naam is voorverlede jaar na die FNB Windhoek High School (WHS) Stadium verander. Dié stadion huisves ‘n skolerugbytoernooi.

“Ons wil nie name van die Amakhosi (tradisionele leiers) waarna sommige skole vernoem is, verander nie. Maar, as ‘n departement, het ons sterk gevoel daar is ‘n behoefte vir ‘n verandering. Gedurende die uitgebreide konsultasieproses, sal ons toelaat dat ‘n skool drie name opgee en ‘n naam sal daaruit gekies word.”

 

topcargo отзыв

Maak 'n opvolg-bydrae