Cosatu wil tolpadstellasies afbreek

Volgens berigte dreig die vakverbond Cosatu om die beplande tolpadstellasies op die hoofweë af te breek uit teenkanting teen die stelsel. Die vakbond gaan ook teen die omstrede e-tolstelsel betoog.

Uitsprake van Cosatu dui daarop dat daar beplan word om Johannesburg en Pretoria tot stilstand te dwing voordat hulle volgende week met nóg betogings voortgaan.

Volgens Eyewitness News het Dumisani Dakile, Cosatu se Gautengse sekretaris, dié berigte egter ontken en gesê Cosatu se voorneme is om te eis dat die stellasies afgebreek word.

“Ons sal die departement van behuising en die plaaslike regering vra om die tolpadstellasies af te breek soos wat hulle huise in Lenasia afgebreek het.”

Phutas Tseki, Gautengse voorsitter van die vakbond, het vroeër ‘n beroep op die publiek gedoen om Vrydag, 30 November aan die optog deel te neem.

Александр Фильчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae