De Doorns kalm

Die situasie op De Doorns in die Hexriviervallei in die Boland is kalm. Duisende seisoenale werkers in die vallei het vanoggend weer begin staak nadat onderhandelinge rondom werkers se eis vir ‘n minimumloon van R150 nog niks opgelewer het nie.

Vragmotors wat gestuur is om werkers in die informele nedersetting op te laai het leeg na die plase teruggekeer.

Die werkers sê hulle het vakbonde en die regering gevra om onderhandelinge tot vandag ‘n kans te gee. Die polisie is in en om De Doorns ontplooi.

Plaaswerkers en vakbonde in die Wes-Kaap het ooreengekom om Dinsdag met hul beplande staking voort te gaan, indien daar nie Maandag aan hulle eise voldoen word nie.

Die SABC berig dat Cosatu wil hê plaaswerkers moet landswyd aan die staking deelneem.

Die meeste seisoenale plaaswerkers verdien tussen R69 en R75 per dag. Die hoogste aanbod wat boere sedertdien gemaak het, is R80.

Volgens berigte is die werkers ontevrede, omdat die minister van arbeid, Mildred Oliphant,  gesê het dat hoër lone eers volgende jaar hersien sal word.

Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae