Raaisel van die vermiste eiland

‘n Navorser van Nieu-Seeland het Maandag gesê dat hy die raaisel van ‘n “eiland” in die suidelike Stille Oseaan wat op kaarte opduik, maar wat nie bestaan nie, glo opgelos het.

Shaun Higgins beweer ‘n walvisjagskip het die eiland in 1876 per abuis op ‘n kaart aangebring.

Die “eiland”, wat veronderstel is om in die Koraalsee tussen Australië en Nieu-Kaledonië te wees, staan as Sable-eiland bekend en verskyn op Google Earth en Google Maps.

Die Times Atlas of the World identifiseer ook die eiland as Sable-eiland.

Wetenskaplikes wat die eiland op die presiese koördinate gaan soek het, kon dit egter nie opspoor nie.

Higgins beweer nou dat die skip in 1876 die oorsponklike fout begaan het.

“My navorsing wys dat die skip Velocity die eiland aangeteken het,” het Higgins aan ABC radio gesê.

“My vermoede is dat hulle eenvoudig ‘n fout gemaak het. Hulle het dalk ‘n laagliggende koraalrif gesien of hulle kon op die verkeerde plek wees. Daar is talle moontlikhede.”

“Mense het maar net oor ‘n tydperk van dekades aangehou om ook die ‘eiland’ aan te teken.”

Фильчаков прокуратура харьков

Maak 'n opvolg-bydrae