Landdroste se staking kan howe ontwrig

Landdroshowe oor die land heen kan heeltemal tot stilstand kom ná landdroste gedreig het om te staak as hulle salarisse nie binnekort aangepas word nie, het die Dispatch Online Maandag berig.

Die nasionale uitvoerende raad van die Vereniging van Regterlike Beamptes van Suid-Afrika (Joasa) het die naweek ná ‘n vergadering in Port Elizabeth bevestig dat hulle sal staak indien daar nie aan hulle salariseise gehoor gegee word nie, het die koerant berig.

Landdroste het die voorgestelde verhoging van 5% wat deur die onafhanklike vergoedingskommissie gemaak is, verwerp, en gesê die kommissie het nie die knelpunte wat uitgewys is, opgelos nie.

Die staking sal na verwagting op 18 Maart begin.

Die optrese kan ernstige gevolge vir die land se strafregstelsel inhou. Landdroste moet byvoorbeeld verhoorafwagtende gevangenes se J7-vorms teken sodat hulle in aanhouding kan bly. Sonder die nodige handtekening, kan verhoorafwagtendes huis toe gestuur word.

Mthunzi Mhaga, woordvoerder vir die departement van justisie, het egter aan die Dispatch Online gesê die departement verwag dat samesprekings met landdroste tot oplossings sal lei.

Gauteng spog met vinnigste breëband

Slegs nege areas in Suid-Afrika het ‘n internetspoed hoër as die nasionale gemiddeld, volgens ‘n berig.

Beeld het Maandag berig Ookla se Net Index het aangedui dat die gemiddelde nasionale spoed vir breëband-internet 3,82 megagrepe per sekonde (Mbps) is.

Randfontein het die vinnigste breëbandttoegang in Suid-Afrika, met ‘n aflaaispoed van 11,3 mbps, gevolg deur Bryanston, Midrand en Randburg.

Die spoed is vasgestel met die hulp van plaaslike internetgebruikers, wat Ookla se webwerf en toepassing gebruik het om hulle internetspoed te toets.

Ookla het 1,7 miljoen breëbandgebruikers se spoed tussen 6 Februarie en verlede Donderdag altesaam 5,05 miljoen keer getoets. Altesaam 451 47 van die toetse is gebruik om die indeks saam te stel.

Slegs twee van die gebiede in die land met ‘n buitengewoon hoë aflaaispoed val buite Gauteng – Secunda in Mpumalanga (5,72 Mbps) en Worcester in die Wes-Kaap (3,84 Mbps).

Dié spoed is egter nog heelwat stadiger as wat in baie ander lande beskikbaar is. Vilnius in Litoue spog byvoorbeeld met ‘n spoed van 49 Mbps, terwyl HongKong ‘n spoed van 45,43 Mbps meet.

Jeugleiers vir die toekoms van SA

Daar is toekomshoop vir jong Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika. Dit gaan egter nie op ‘n skinkbord aangedra word nie en die tyd het aangebreek om hande te vat, vernuwend te dink en saam te werk om vir die Afrikaner ‘n plek in sy geboorteland te waarborg.

Dit was die boodskap van dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, aan studente van die Juventus-jeugvereniging in Pretoria. Juventis is ‘n instansie wat christelike leierskap en waardes onder Afrikaanssprekende jong mense bevorder.

Dr. Mulder het gesê die Afrikaner is by verre die minderheid in hul land van geboorte en nie net sy taal en kultuur nie, maar sy oorlewing is onder druk. Die realiteit is dat hy alle werklike politieke mag verloor het.

Die destydse Nasionale Party se onderhandelings-uitgangspunt was slegs die beskerming van individuele regte en geen grondregtelike waarborge is ingebou vir die beskerming van minderheidsgroepe nie.

Om hierdie redes het die tyd aangebreek dat veral jong Afrikaners moet soek na oplossings en daar is talle internasionale voorbeelde waar wel oplossings gevind kan word om minderheidsgroepe se voortbestaan en die handhawing van hul taal en kultuur te verseker.

“Die moderne tendens wêreldwyd is die erkenning van minderhede en hul regte. Lande soos Indië, Israel en Pakistan het onlangs selfs ministeries gestig om minderheidsgroepe se belange te behartig.

“Ons hoef nie die wiel van voor af te ontwerp nie, maar kan lesse leer van lande met soortgelyke probleme. Oplossings wat op ons van toepassing kan wees, kan ons oorneem en aanpas vir ons eie omstandighede.

“Die Afrikaner sal sy eie toekoms moet skep en kan nie sy hoop op die regering of ander groepe plaas om hom te red nie.

“Genoeg mense moet opstaan vir minderheids- en selfbeskikkingsregte en hulle uitspreek teen druk en verswelging van die meerderheid voordat ‘n regering aandag daaraan sal gee,” het dr. Mulder gesê.

Volgens hom is daar organisasies binne en buite die parlement nodig om druk op die regering te plaas. Dit sluit in ‘n politieke partye asook ‘n verskeidenheid burgerlike organisasies.

Dr. Mulder het verskeie voorbeelde genoem waar direkte gesprek op parlementêre vlak reeds ‘n belangrike bydrae tot die Afrikaner se saak gelewer het.

Hy het gewys op die belangrikheid om ‘n koalisie te vorm met ander opposisie politieke partye en om so deel te wees van ‘n koalisie wat ‘n verkiesing kan wen.

“Ons vra ‘n toekoms vir ons kinders en ‘n regverdige bedeling vir almal in die land. Om passief daarop te wag, gaan nie werk nie. Ons het nie ‘n keuse as om nederlae te gebruik as basis vir die bou van ‘n beter toekoms nie,” het dr. Mulder gesê.

Winnie dalk weer in die poe…

Die oorblyfsels van twee of meer jeugaktiviste wat na bewering vermoor is deur lede van die berugte Mandela United Football Club word opgegrawe by die Avalon-begraafplaas in Soweto.

Die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag se ondersoekers glo twee grafte van aktiviste wat vermoor is deur die klub se lede kan getuienis bevat waarby ANC-veteraan Winnie Madikizela-Mandela betrokke is.

Die klub het internasionale nuusvoorblaaie gehaal toe sy lede Stompie Moeketsi, 14, in Januarie 1989 vernoor het.

Madikizela-Mandela is skuldig bevind in 1991 aan ontvoering en medepligtige. Haar ses jaar tronkstraf is tot ‘n boete en ‘n twee-jaar opgeskorte vonnis op appèl verminder.

Stompie is vermoor omdat hy na bewering ‘n polisie-informant was. Hy was nie die enigste aktivis wat verdwyn het nie. Dokumente in besit van ondersoekers wys dat ‘n dubbele moordsaak op 15 November 1988 geopen is.

CR392 en CR393 kan oorskot wees van die  twee aktiviste wat as armlastiges begrawe is.

Inligting het aan die einde van verlede jaar aan die lig gekom dat die grafte die liggame Lolo Corlette Sono, 21, en Siboniso Tshabalala, 19, beide koeriers vir die ANC se gewapende vleuel Umkhonto we Sizwe, bevat.

Hul liggame is gevind in ‘n veld in Diepkloof, Soweto, met verskeie steekwonde. Albei is na bewering daarvan beskuldig deur Madikizela-Mandela dat hulle polisie informante was.

Hulle het verdwyn minder as twee maande voor Stompie vermoor is.

Madikizela-Mandela het voortdurend betrokkenheid in die moord ontken, ten spyte van Sono se pa dat Lolo, wat erg aangerand is, saam met haar die dag was toe hy verdwyn het.

“Dit is ‘n hoë-profielsaak. Die president word op hoogte gehou van die ondersoek,” het ‘n polisieman naby aan die ondersoek gesê.

Hy het gesê Suid-Afrikaanse en Argentynse argeoloë en die polisie se forensiese deskundiges sal betrokke wees tydens die opgrawing.

Stop New Black Panthers se besoek sê party

Die Federale Vryheidsparty wil die besoek van die Nuwe Black Panther Party se afvaardiging aan Suid-Afrika van 19 tot 27 Maart 2013 stop. Hul ontslape leier Khalid Mohammed het meer as een keer in sy toesprake in die VSA gesê “Moor alle Blankes uit”. In Augustus 2012 het die party sy radioprogram geopen met ‘n oproep vir die moord van alle wit mense in Suid-Afrika. Met die boodskap het hul leier Khalid Mohammed gese dat : “We give them 24 hours in South Africa to get out of town by sundown. I say, if they don’t get out of town, we kill the men, we kill the women, we kill the children, we kill the babies, we kill the blind, we kill the cripple, we kill the crazy, we kill the fagg**ots, we kill the lesbians, I say god damnitt we kill them all.” Die huidige leier Malik Zulu Shabazz het bygevoeg “if it’s white kill it.” . Malik Zulu Shabazz het ook soortgelyke dreigemente oor die Joodse volk gemaak.

Die besoek van die Nuwe Black Panther Party is op uitnodiging van die Pan African Congress of Azania of beter bekend as die PAC.

Die Federale Vryheidsparty sê dat ons as ‘n demokratiese samelewing nie kan toelaat dat ‘n organisasie wat openlik vyandig is en volksmoord op grond van ras, etniese oorsprong en seksuele oriëntasie aanhits, om die land te besoek nie. Die Suid-Afrikaanse regering weier die toegang van ‘n vreedsame wêreld leier soos die Dalai Lama, maar laat toe dat ‘n ​​ groep soos die Black Panther Party ons land besoek. Die FVP blameer die Suid-Afrikaanse regering vir die toestaan ​​van visums aan hierdie beweging se lede juis as gevolg van die rassensitiwiteit daarvan.

Die FVP beplan om die Verenigde State van Amerika se ambassade te besoek om hulle hulp te vra om die besoek van die radikale New Black Panther Party te stop.

Mandela tuis in Johannesburg na hospitaalbesoek

Suid-Afrika se eerste swart president, Nelson Mandela is uit ‘n hospitaal in Pretoria ontslaan, berig Eyewitness News.

Die 94-jarige het toetse ondergaan. Hy is Saterdagmiddag in die hospitaal opgeneem vir ‘n roetine ondersoek en het Saterdagaand in die hospitaal oornag.

“Oudpresident Nelson Mandela het vanmiddag [Sondag] na sy huis in Johannesburg teruggekeer ná ‘n suksesvolle mediese ondersoek by die Pretoria-hospitaal,” het Mac Maharaj, presidensiële woordvoerder, gesê.

Mandela is verlede jaar op 8 Desember in ‘n hospitaal opgeneem om ‘n herhaalde longinfeksie te behandel. Hy het ook ‘n operasie ondergaan om galstene te verwyder.

Hy is tans by sy huis in Houghton, Johannesburg.

Kenia: Die Mugabe-faktor

Kenia se presidensiële kandidaat Uhuru Kenyatta word daarvan verdink dat hy gruwelike misdade gepleeg het deur moordbendes te betaal om vroue en kinders te laat doodmaak.

Die opposisiekandidaat in Kenia staar ook aanklagte van misdade teen die mensdom in die gesig, en soos Kenia se verkiesingsuitslag nader, het die Obama-administrasie ‘n waarskuwing uitgereik wat lui: “Keuses het gevolge.”

Toe die stemtellery hierdie week begin het, was Uhuru Kenyatta, die seun van Kenia se eerste president, los voor in die wedloop vir die presidentpos. Binnekort, kan die Obama-administrasie en sy bondgenote ‘n moeilike keuse hê tussen die twee voorloperkandidate.

Sommige diplomate het al van die “Mugabe”-faktor gepraat.

Wat maak die Verenigde State as Kenyatta hierdie verkiesing wegraap? Sal dit al die ander strategiese Amerikaanse belange gevestig in Kenia in gevaar stel, en moet ‘n belangrike bondgenoot vervreem word? Kenia is ‘n belangrike middelpunt vir alles vanaf die miljard-dollar gesondheidprogramme en Amerikaanse korporasies tot agente wat op Al-Kaida spioeneer.

Die Britte het reeds in die openbaar gesê dat hulle enige kontak sal vermy, tensy dit noodsaaklik is.

As hy wen, sal Kenyatta, wat voor is met 50 persent van die stemme, die tweede Afrikastaatshoof wees na Soedan se Omar Hassan al-Bashir wat by die Internasionale Strafhof in Den Haag sal aangekla word.

Kenia ontvang byna $1 miljard in Amerikaanse steun elke jaar en het ingestem om Somaliese seerowers gevange te hou en honderde duisende vlugtelinge te aanvaar, op die versoek van donateurs soos die Verenigde State.

Nairobi, Kenia se hoofstad, is die tuiste van die grootste Amerikaanse ambassade in sub-Sahara Afrika en ‘n uitgestrekte Verenigde Nasies-kampus wat programme regoor die wêreld bestuur. Dit maak ditveral moeilik vir die Verenigde State van Amerika om sy hulpbronne te iewers anders te konsentreer.

Daar is regtig baie min hefboomkrag wat die VSA en ander lande kan uitoefen omdat Kenyatta maklik kan draai na China, wat belangrike vordering gemaak het in die bou van paaie en selfs geheime finansiering aan ‘n paar Keniaanse militêre operasies gee.

Hofstukke teken ‘n ontstellende prentjie van Kenyatta. Volgens die aanklaers, is honderde van sy mede-Kikuyu’s deur mededingende etniese groepe gedood in die ontploffing van geweld na die laaste belangrike verkiesing in 2007, en Kenyatta het daarna vergaderings georganiseer met ‘n Nairobiese straatbende om wraak te neem.

Die berugte bende, die Mungiki, het mense, insluitende klein kinders doodgebrand in hul huise.

In die Keniaanse politieke landskap is min figure so polariserend soos Kenyatta, 51, ‘n adjunk-eerste minister. Baie lede van ander etniese groepe beskuldig hom en sy familie dat hul voorvaderlike grondgesteel het, die basis vir die Kenyatta-fortuin.

Maar Kikuyu sien Kenyatta as ‘n verlosser. Hy is ‘n selfversekerde spreker, opgevoed by Amherst College.

Baie Westerse regerings sal duidelik die eerste minister, Raila Odinga, verkies, maar hy lyk na die verloorder.

OB moet viktimisering deur DA ondersoek

Die VF Plus het ‘n klag met bewysstukke by die openbare beskermer, Adv Thuli Madonsela, ingedien om die voortdurende viktimisasie van fluitjieblasers in die DA-beheerde Midvaal munisipaliteit in Gauteng te ondersoek.

Dit volg nadat mnr Corrie Pypers, wat vir 10 jaar reeds voorsitter van die Meyerton Golfklub is sedert sy verkiesing as VF Plus raadslid vir Midvaal in Mei 2011 en na die vrystelling van ‘n openbare beskermerverslag oor Midvaal, toenemend deur die DA geteister word.

Die DA orkestreer ondermeer op ‘n gereelde basis aksies teen die Meyerton Golfklub ten einde van Pypers ontslae te raak.

Mnr Corrie Pypers was een van die fluitjieblasers in die saak wat gelei het tot die publikasie van ‘n verslag van die Openbare Beskermer op 8 November 2011, getiteld “It can’t be right: Remedying self Interest”. Hierdie verslag het ondermeer wanadministrasie in Midvaal bevind en gelei tot die afdanking van mnr Andre Odendaal, prokureur en diensverskaffer van regsdienste van die Midvaal munisipaliteit. Odendaal was voorheen die voorsitter van die DA in Midvaal.

Ondersoeke deur die spesiale ondersoekeenheid na beweerde kriminele oortredings in Midvaal, wat uit bevindings in die verslag voortspruit, is tans aan die gang.

Odendaal is egter onlangs, ten spyte van die bevinding van die Openbare Beskermer, weer as diensverskaffer van regsdienste in Midvaal aangestel.

Odendaal het ook in 2011 ‘n lasteraksie teen die VF Plus, verteenwoordig deur mnr Jaco Mulder LPW, mnr Corrie Pypers en mnr Kobus Hoffman, ‘n voormalige DA lid van die burgemeesterskomitee oor finansies in Midvaal, begin nadat bewerings van vermeende wanadministrasie en korrupsie in die media gemaak is.

Daar is ‘n groot skroef los in Midvaal sê Pypers en ten spyte van die feit dat die leierskap van die DA, onder leiding van me Helen Zille, dit reeds sedert 2009 onder die mat invee sal die waarheid binnekort seevier.

Winnie doen toiletdiens

ANC-LP Winnie Madikizela-Mandela het gister beloof om die regering te wys hoe om dienste te lewer aan mense na ‘n besoek aan ‘n ​​skool waar leerlinge aan ‘n ​​sanitasiekrisis blootgestel is nou al vir die afgelope ses jaar.

Die situasie het so sleg geraak dat die meer as 500 leerlinge op Polonia Primêre Skool, in Mmakau, Noordwes, hulself in die skool se agterplaas verlig as gevolg van die disfunksionele toiletstelsel.

“Ek het hierheen gekom, want ek wil help. Ek gaan toesien dat ek ons regering wys dat dit gedoen kan word,” het Madikizela-Mandela gesê.

Die ANC-veteraan, wat ook deel van die Minister van Menslike Nedersettings Tokyo Sexwale se ministeriële taakspan is oor sanitasie, het die skool besoek gister ná ‘n brief van die Nasionale Vereniging van Skool Beheerliggame.

“Ons moet erken dat ons ons kinders faal. Ons moet die waardigheid van ons kinders herstel,” het sy gesê.

Klasaksie teen Anglo begin

Die regsverteenwoordigers van goudmyn-werkers wat aan die longsiekte silikose ly, het met ‘n aansoek om ‘n groepsgeding teen Anglo American begin.

Die aansoek is die jongste in ‘n reeks groepsgedinge teen Suid-Afrika se eens magtige goudmynbedryf.

Anglo American wat sy hoofkantoor in 1999 van Johannesburg na Londen verskuif het, het nie meer goudmyne in Suid-Afrika nie.

Die regsverteenwoordigers sê egter die afdeling van die maatskappy, wat in Johannesburg gebaseer is, het bates van sowat ‘n miljard rand.

Hulle beweer dat Anglo American nalatig was en nie die blootstelling aan stof en silikose voorkom het nie.