Suid-Afrika se eerste swart president, Nelson Mandela is uit ‘n hospitaal in Pretoria ontslaan, berig Eyewitness News.
Die 94-jarige het toetse ondergaan. Hy is Saterdagmiddag in die hospitaal opgeneem vir ‘n roetine ondersoek en het Saterdagaand in die hospitaal oornag.
“Oudpresident Nelson Mandela het vanmiddag [Sondag] na sy huis in Johannesburg teruggekeer ná ‘n suksesvolle mediese ondersoek by die Pretoria-hospitaal,” het Mac Maharaj, presidensiële woordvoerder, gesê.
Mandela is verlede jaar op 8 Desember in ‘n hospitaal opgeneem om ‘n herhaalde longinfeksie te behandel. Hy het ook ‘n operasie ondergaan om galstene te verwyder.
Hy is tans by sy huis in Houghton, Johannesburg.
