Kenia: Die Mugabe-faktor

Kenia se presidensiële kandidaat Uhuru Kenyatta word daarvan verdink dat hy gruwelike misdade gepleeg het deur moordbendes te betaal om vroue en kinders te laat doodmaak.

Die opposisiekandidaat in Kenia staar ook aanklagte van misdade teen die mensdom in die gesig, en soos Kenia se verkiesingsuitslag nader, het die Obama-administrasie ‘n waarskuwing uitgereik wat lui: “Keuses het gevolge.”

Toe die stemtellery hierdie week begin het, was Uhuru Kenyatta, die seun van Kenia se eerste president, los voor in die wedloop vir die presidentpos. Binnekort, kan die Obama-administrasie en sy bondgenote ‘n moeilike keuse hê tussen die twee voorloperkandidate.

Sommige diplomate het al van die “Mugabe”-faktor gepraat.

Wat maak die Verenigde State as Kenyatta hierdie verkiesing wegraap? Sal dit al die ander strategiese Amerikaanse belange gevestig in Kenia in gevaar stel, en moet ‘n belangrike bondgenoot vervreem word? Kenia is ‘n belangrike middelpunt vir alles vanaf die miljard-dollar gesondheidprogramme en Amerikaanse korporasies tot agente wat op Al-Kaida spioeneer.

Die Britte het reeds in die openbaar gesê dat hulle enige kontak sal vermy, tensy dit noodsaaklik is.

As hy wen, sal Kenyatta, wat voor is met 50 persent van die stemme, die tweede Afrikastaatshoof wees na Soedan se Omar Hassan al-Bashir wat by die Internasionale Strafhof in Den Haag sal aangekla word.

Kenia ontvang byna $1 miljard in Amerikaanse steun elke jaar en het ingestem om Somaliese seerowers gevange te hou en honderde duisende vlugtelinge te aanvaar, op die versoek van donateurs soos die Verenigde State.

Nairobi, Kenia se hoofstad, is die tuiste van die grootste Amerikaanse ambassade in sub-Sahara Afrika en ‘n uitgestrekte Verenigde Nasies-kampus wat programme regoor die wêreld bestuur. Dit maak ditveral moeilik vir die Verenigde State van Amerika om sy hulpbronne te iewers anders te konsentreer.

Daar is regtig baie min hefboomkrag wat die VSA en ander lande kan uitoefen omdat Kenyatta maklik kan draai na China, wat belangrike vordering gemaak het in die bou van paaie en selfs geheime finansiering aan ‘n paar Keniaanse militêre operasies gee.

Hofstukke teken ‘n ontstellende prentjie van Kenyatta. Volgens die aanklaers, is honderde van sy mede-Kikuyu’s deur mededingende etniese groepe gedood in die ontploffing van geweld na die laaste belangrike verkiesing in 2007, en Kenyatta het daarna vergaderings georganiseer met ‘n Nairobiese straatbende om wraak te neem.

Die berugte bende, die Mungiki, het mense, insluitende klein kinders doodgebrand in hul huise.

In die Keniaanse politieke landskap is min figure so polariserend soos Kenyatta, 51, ‘n adjunk-eerste minister. Baie lede van ander etniese groepe beskuldig hom en sy familie dat hul voorvaderlike grondgesteel het, die basis vir die Kenyatta-fortuin.

Maar Kikuyu sien Kenyatta as ‘n verlosser. Hy is ‘n selfversekerde spreker, opgevoed by Amherst College.

Baie Westerse regerings sal duidelik die eerste minister, Raila Odinga, verkies, maar hy lyk na die verloorder.

Maak 'n opvolg-bydrae