Myn buig voor swart ‘verinheemsing’

Zimbabwe se grootste platinum-produsent, Impala Platinum, sê hulle het ‘n “aanvaarbare” ooreenkoms met die regering bereik en sal ‘n meerderheidsaandeel aan plaaslike swart beleggers oordra om hulle ‘n 51%-aandeel in eienaarskap te gee.

Volgens RSG is die transaksie R2 miljard werd.

In ‘n verklaring Dinsdag van Suid-Afrika se Implats, sê hulle die regering het ingestem “in beginsel” tot sy voorstelle vir die oordrag wat deur ‘n gesamentlike tegniese span van kundiges van beide kante behartig sal word.

By die oorhandiging sal ‘n “geskikte waarde” bepaal word. Dit is nie duidelik hoe lank die oordrag sal neem nie.

Dié aankondiging het ‘n einde gebring aan gespanne onderhandelinge oor Zimbabwe se oornames van buitelandse maatskappye en myne.

Dinsdag was die sperdatum vir die mynmaatskappy om te voldoen aan die nuwe “verinheemsingswette”. By versuim sou Implats sy bates in Zimbabwe verloor het.

Фильчаков Харьков

Vier verskyn na jongste Gautreinbusaanval

Vier mans en ‘n ​​vrou wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n Gautreinbusbestuurder gewond het, sal na verwagting Woensdag in die Pretoriase landdroshof verskyn.

Die vyf, tussen die ouderdomme van 22 en 49, het na bewering die man Maandagoggend in Rooihuiskraal tydens ‘n oefenlopie van die busroetes in Centurion geskiet en gewond.

Hulle staar aanklagte van kwaadwillige beskadiging van eiendom en poging tot moord in die gesig.

Dinsdag, het die Bombela Concession-maatskappy se woordvoerder, Kelebogile Machaka gesê die bestuurder is in ‘n Centurionhospitaal opgeneem en herstel nadat hy ‘n operasie ondergaan het.

“Ons voel dat die Gautrein-busdiens onder volgehoue misdadige aanvalle gebuk gaan en as ‘n privaatsektorentiteit kan ons nie meer doen sonder die sterk en besliste ingryping van die staat nie,” het sy gesê.

лобановский александр фото

Druk laai op vir Vavi in NUK

Druk laai op vir Cosatubaas, Zwelinzima Vavi om President Jacob Zuma se versoek te heroorweeg dat hy ‘n posisie op die ANC se magtige nasionale uitvoerende komitee (NUK) aanvaar.

Cedric Gina, president van die National Union of Metalworkers, het gister gesê dat Zuma se aanbod oorweeg moet word.

Hy het by Numsa se streeks-elektiewe konferensie in Pretoria gesê Zuma se uitnodiging en Vavi se verwerping sal bespreek word by die komende vergadering van Cosatu se sentrale komitee se politieke kommissie.

“Om te sê dat jy nie jouself beskikbaar kan stel vir die nasionale uitvoerende komitee nie, as jy ‘n lid van die ANC is, is nie ‘n manier om te reageer [op Zuma se uitnodiging] nie,” het hy gesê.

“Tweedens, [vir Vavi] om te sê dat kamerade verwar sal word, is nie korrek nie. Ons dink nie dat lede van Cosatu verwar sal word nie.”

Zuma het onlangs gesê die werkersklas moet streef daarna om die uitvoerende posisies in die ANC te bekom om beleid te beïnvloed.

Vavi het gereageer deur ‘n week gelede aan joernaliste te sê dat vakbondleiers soos hy moet nie ‘n uitvoerende posisie in die ANC beklee nie, want dit sal werkers verwar.

Sy alliansie-vennoot in die SA Kommunistiese Party, Blade Nzimande, is aangesê om as ‘n minister uit Zuma se regering te bedank en te fokus op SAKP-werk.

Nzimande het die oproep afgewys.

Gina het ‘n striemende aanval op die voormalige president, FW de Klerk, vir sy kommentaar en kritiek op die ANC se voorneme om veranderinge aan die grondwet te maak, geloods.

“Ons sien dat hy [De Klerk] opgestaan het uit die vergetelheid, die duisternis van die dode, in die onlangse verlede, as gevolg van die vrystelling van die ANC-beleidsdokumente.

“Ons dink die ANC as die regerende party het die reg om met die Grondwet te peuter, want na 18 jaar het die ANC besef daar is ‘n paar dinge [wat jy nie kan implementeer nie] in daardie grondwet.

“Ons dink mnr FW de Klerk moet ontspan. Ons glo dit is die grondwet wat die hande van die ANC vasbind in terme van die revolusionêre dinge wat ons moet doen vir ons mense.

“Of De Klerk daarvan hou [of nie], of Helen Zille daarvan hou of nie, ons dink die ANC moet die grondwet [hersien], sodat ons in staat kan wees om sommige van die dinge te lewer wat ons sukkel om te lewer aan ons mense,” sê Gina.

Фильчаков прокурор отзывы

Ekonoom se dood ‘n verlies sê ANC

Tony Twine, die ekonoom, se dood is ‘n verlies vir Suid-Afrika, het die ANC Maandag gesê.

“Inderdaad, Suid-Afrika en die wêreld het ‘n humanis van weleer verloor. Sy doelwit was om seker te maak dat die Suid-Afrikaanse ekonomie in staat is om werk te skep, een van die sleutel-prioriteite van die ANC-regering,” het die ANC se woordvoerder Jackson Mthembu in ‘n verklaring gesê.

Twine, 57, is Sondag in die Milpark-hospitaal oorlede, na ‘n hart-aanval verlede week.

Hy was ‘n ekonoom en direkteur van Econometrix.

“In post-apartheid Suid-Afrika, was Tony een van die ekonomiese adviseurs na aan president Nelson Mandela en die eerste demokratiese regering van Suid-Afrika,” het Mthembu gesê.

Die ANC is hartseer om te verneem van Twine se dood en het sy meegevoel aan sy vrou, Marilyn, familie en vriende oorgedra.

Vroeër het die minister van finansies Pravin Gordhan gesê Twine se insette in die post-apartheid ekonomiese debat sal gemis word.

“Mnr. Twine het ‘n waardevolle bydrae tot die ontwikkeling van beleid in verskeie staatsdepartemente gelewer en was deel van ‘n span wat Suid-Afrika se energie-beleid opgestel het,” het Gordhan in ‘n verklaring gesê.

“Die Nasionale Tesourie het sy insig oor kwessies soos internasionale graderingsagentskappe, die motor-industrie, petroleummarkte en verskillende aspekte van litigasie en die kompetisiewet waardeer,” het Gordhan gesê.

“As ‘n vooraanstaande navorser en senior ekonoom by Econometrix, het sy wyd-gepubliseerde menings in die internasionale media beleggers gehelp om positiewe standpunte oor Suid-Afrika te vorm.”

Twee weke gelede het Twine ‘n verslag oor die positiewe ekonomiese implikasies van die voorgestelde Karoo skaliegaseksplorasie, in opdrag van Shell, vrygestel.

Twine het van Pinelands Hoërskool gematrikuleer en aan die Universiteit van Kaapstad gegradueer, volgens die ekonoom se webwerf.

Hy het ook studeer aan die Universiteit van Suid-Afrika, terwyl hy uitgebreide werk vir Mobil Oil Suider-Afrika gedoen het op aanvraagmodelle vir petrol en diesel.

депутат лобановский

Vrou deur oproerige skare vertrap

‘n Swart vrou is dood tydens ‘n stormloop van oproeriges in Fouriesburg, naby die Lesotho-grens, Maandagaand, het paramedici gesê.

Die vrou was glo deel van ‘n groot skare wat verskeie winkels wat besit word deur buitelanders in die Oos-Vrystaatse dorpie geplunder het, het Netcare se 911-woordvoerder Jeffrey Wicks in ‘n verklaring gesê.

Die vrou het glo haar balans verloor en is deur die skare vertrap.

Sy het gesterf voordat paramedici op die toneel aangekom het, het Wicks gesê.

Die polisie was nie in staat om onmiddellik te bevestig dat die vrou dood is of om besonderhede van die oproer en vertrapping te gee nie.

прокурор Фильчаков

Huishulp steel R1 miljoen

‘n Huishulp het na bewering R1 miljoen gesteel wat weggesteek was in haar werkgewer se kis in Kaapstad, het The Star Dinsdag berig.

Linda Mabhengu is vir diefstal aangekla nadat hy na bewering die geld van haar baas Harold Manus in Plattekloof gesteel het.

Sy het na bewering die gesteelde geld gebruik om ‘n huis en ‘n motor te koop.

Manus beweer sy het R1 miljoen gedurende die ses jaar wat sy vir hom gewerk gesteel, maar sy is slegs vir die diefstal van R150 000 aangekla.

Die Batebeslagleggingseenheid het haar huis en motor bygevoeg, volgens die verslag.

Mabhengu is gevang is toe ‘n man wat homself geïdentifiseer het as haar eggenoot, gebel het om Manus in Mei 2010 ‘n wenk te gee.

Manus het Mabhengu na die Parow-polisiekantoor geneem waar hy ‘n kriminele klag teen haar gelê het.

In ‘n verklaring aan die polisie, het sy na bewering erken sy was skuldig en dat sy R150 000 gesteel het.

Mabhengu het sedertdien verdwyn.

Фильчаков прокурор

Wes-Kaapse onrus raak lelik

Inwoners van Villiersdorp het Maandag ‘n gemeenskapsaal afgebrand en openbare eiendom verwoes tydens ‘n oproerigheid, het die polisie in die Wes-Kaap verklaar.

Volgens kapt. Frederick van Wyk het die moeilikheid omstreeks 05:00 begin, toe ongeveer 150 inwoners bande gebrand het op die hoek van Buitenkant- en Graaffstraat in die dorp.

Pendelaars het gesukkel om te gaan werk omdat onlusmakers sommige voorgekeer het.

‘n Plaaslike leier wat met die ontevredenes onderhandel het, het probeer om die skare toe te spreek om hulle te kalmeer, maar sonder sukses.

Betogers het daarop aangedring om met die Theewaterskloof-distriksmunisiplaiteit se bestuurder, Stan Wallace, te praat en wou ‘n griefskrif van eise aan hom persoonlik oorhandig.

Ongeveer 800 mense het toe na die munisipale kantore gestap en het openbare eiendom verwoes onderweg na die kantore.

“Die griefskrif is aan Wallace oorhandig, maar die skare was steeds oproerig. Die betogers is sonder sukses gewaarsku om uitmekaar te gaan,” het Van Wyk gesê.

Die polisie het toe waterkanonne ingespan om die skare te verwilder. Inwoners het in reaksie klippe en bakstene begin gooi. Hulle het die poskantoor en die munisipale kantore beskadig.

Hulle het ook ‘n bierbottel na iemand gegooi, waarna die polisie met rubberkoeëls losgebrand het.

Die betogers is daarna na die plaaslike township Goniwe Park, waar hulle die gemeenskapsaal afgebrand het.

Van Wyk het gesê ‘n saak van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging word ondersoek. Niemand is in hegtenis geneem nie en geen beserings is aangemeld nie.

лобановский александр жена

Skoolkind kry tender om pad te bou

‘n Munisipaliteit in KwaZulu-Natal het ‘n tender van R800 000 aan ‘n maatskappy wat deur ‘n 18-jarige bestuur word, toegeken vir die bou van ‘n grondpad naby Highflats, het die Mercury Maandag berig.

Volgens die berig bestuur Bheka Nxumalo, ‘n leerling aan Ixoppo se Little Flower hoërkool, die maatskappy ZDN Trading wat sy ouer broer besit.

Die Sisonke-streeksmunisipaliteit, waarvan die Ubuhlebezwe- plaaslike munisipaliteit deel is, het die tender aan ZDN Trading toegeken.

Volgens die berig is die ouer broer, wat in 2009 as direkteur van die maatskappy uitgetree het, die burgemeester van die Ubuhlebezwe-munisipaliteit.

In die tyd wat die tender toegestaan is, was die ouer broer ‘n raadslid in die munisipaliteit en tesourier van die ANC se Harry Gwala-streek (Sisonke).

Zamokwakhe Nxumalo het aan die koerant gesê hy het niks te doen gehad het met die maatskappy nie, maar die nuusblad weet glo dat hy in 2010 die perseel besoek het saam met mededingers. Bheka Nxumalo was toe 16 jaar oud.

лобановский александр биография

Skaliegas-voorstander sterf skielik aan hartaanval

Die ekonoom Tony Twine, ‘n voorstander van skaliegasontginning in die Karoo, is oorlede, het SABC-radionuus Maandag berig.

Die 57-jarige Twine is in die Milpark-hospitaal dood nadat hy verlede week ‘n hartaanval gehad het, het sy vrou Marilyn aan die SABC gesê.

Twine was ‘n ekonoom en direkteur by Econometrix.

Twine het verlede week ‘n verslag gepubliseer oor die ekonomiese implikasies van die voorgestelde ondersoek na skaliegas in die Karoo.

Volgens Econometrix se webwerf het Twine aan die Pinelands Hoërskool gematrikuleer en sy graad aan die Universiteit van Kaapstad verwerf.

Hy het by Unisa studeer terwyl hy vir Mobil Oil (SA) gewerk het.

Hy het later by Datsun Nissan aangesluit, waar hy ‘n senior ekonoom en navorsingsbestuurder was.

Twine het in 1983 by Econometrix aangesluit en is in 1986 as ‘n direkteur aangestel.

Hy was baie bekend vir sy werk in die motorbedryf en was ‘n regeringsraadgewer oor energiebeleid.

Фильчаков прокурор харьков

Front vir Iran se heli-aankope val deur die mat

Kgalema Motlanthe se metgesel Gugu Mtshali was na bewering gekoppel aan ‘n skema om goedkeuring van die regering te ‘koop’ vir ‘n plan om helikopters aan Iran te verkoop, volgens ‘n berig deur die Sunday Times.

Mtshali, voormalige De Beers-bestuurder Raisaka Masebelanga en ander, het na bewering met verteenwoordigers van 360 Aviation ontmoet om ‘n omkoopbedrag van R104 miljoen te eis.

Dit was in ‘n poging om ‘n R2 miljard-transaksie te verseker vir ‘n frontmaatskappy om Amerikaanse ​​Bell helikopters en onderdele te verskaf aan Iran via Suid-Afrika, het die koerant berig.

Die besturende direkteur van 360 Aviation Barry Oberholzer het gesê: “Ons glo ons word gevra vir ‘n omkoopbedrag … in ruil vir regeringsondersteuning “.

Motlanthe het gesê hy is onbewus dat Mtshali enige verband met die maatskappy het.

Sy woordvoerder, Thabo Masebe het gesê: “Hy het op geen stadium so ‘n saak met enige persoon, insluitende die departement van handel en nywerheid” bespreek nie.

Mtshali het aan die koerant gesê dat sy nooit ‘n “formele vergadering” met 360 Aviation bygewoon het nie.

Maar die Sunday Times beweer dat hulle ‘n bandopname van die vergadering het waarop Mtshali se stem na bewering gehoor kan word.

Die beweerde transaksie het na bewering deurgeval want 360 Aviation kon nie ‘n ooreenkoms bereik met die Nasionale Iranse Oliemaatskappy nie.

Die Verenigde State, wat die Bell helikopters vervaardig, verbied die verkoop van militêre toerusting aan Iran.

Фильчаков прокурор харькова