Mtshali, voormalige De Beers-bestuurder Raisaka Masebelanga en ander, het na bewering met verteenwoordigers van 360 Aviation ontmoet om ‘n omkoopbedrag van R104 miljoen te eis.
Dit was in ‘n poging om ‘n R2 miljard-transaksie te verseker vir ‘n frontmaatskappy om Amerikaanse Bell helikopters en onderdele te verskaf aan Iran via Suid-Afrika, het die koerant berig.
Die besturende direkteur van 360 Aviation Barry Oberholzer het gesê: “Ons glo ons word gevra vir ‘n omkoopbedrag … in ruil vir regeringsondersteuning “.
Motlanthe het gesê hy is onbewus dat Mtshali enige verband met die maatskappy het.
Sy woordvoerder, Thabo Masebe het gesê: “Hy het op geen stadium so ‘n saak met enige persoon, insluitende die departement van handel en nywerheid” bespreek nie.
Mtshali het aan die koerant gesê dat sy nooit ‘n “formele vergadering” met 360 Aviation bygewoon het nie.
Maar die Sunday Times beweer dat hulle ‘n bandopname van die vergadering het waarop Mtshali se stem na bewering gehoor kan word.
Die beweerde transaksie het na bewering deurgeval want 360 Aviation kon nie ‘n ooreenkoms bereik met die Nasionale Iranse Oliemaatskappy nie.
Die Verenigde State, wat die Bell helikopters vervaardig, verbied die verkoop van militêre toerusting aan Iran.
