ANC vlek transaksie tussen DA en Naspers oop

Die ANC het Sondag die DA en Naspers daarvan beskuldig dat hulle saamkonkel.

Hulle het die DA-munisipaliteit in Kaapstad veroordeel omdat hulle glo beplan om grond te koop teen dubbel sy gerapporteerde waarde.

Onafhanklike eiendomsontleders het die grond gewaardeer op nie meer as R50 miljoen nie.

Maar die munisipaliteit sou R106 miljoen betaal aan die mediamaatskappy Naspers, die huidige eienaar, het die kantoor van die ANC-hoofsweep, Mathole Motshekga, in ‘n verklaring gesê.

Die stuk grond, wat tans as ‘n parkeerterrein gebruik word, sal gebruik word om die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (KIKS), waarin die munisipaliteit aandele besit, uit te brei.

“Dit is onaanvaarbaar en onregverdig om te verwag dat die publiek meer as dubbel die waarde van die eiendom moet betaal,” sê die ANC, en het die transaksie as “onderduims” en “verdag” beskryf.

Motshekga se kantoor sal aan die Openbare Beskermer skryf om haar te vra om die transaksie te ondersoek, het hy gesê.

Kaapstad se adjunk-uitvoerende burgemeester Ian Neilson het die ANC se reaksie “die ergste vorm van politieke opportunisme” genoem.

Hy het gesê dat die konvensie-sentrum se uitbreiding sal help om Kaapstad ‘n toonaangewende internasionale konferensiebestemming te maak.

“Dit sal op sy beurt, ekonomiese groei en ontwikkeling aanhelp en broodnodige werk vir die burgers van die stad skep.”

Hy het gesê die bedrag wat aangebied word deur die stad, is na uitgebreide ontleding deur die stad se eie waardeerders gedoen, sowel as ‘n onafhanklike waardeerder, en is in lyn met die markpryse.

“Daar is geen twyfel dat die transaksie op die hoogste vlak die toets sal slaag nie.”

Die munisipaliteit sal saamwerk met ‘n ondersoek van die Openbare Beskermer, want hulle het niks om weg te steek nie, het hy gesê.

“Die ANC sal beter gedien word om die R1.8 miljoen wat hulle nog die KIKS skuld, te betaal” het hy gesê.

Die party het versuim het om hierdie bedrag te betaal, selfs nadat ‘n hofbevel uitgereik is, en dit kom neer op diefstal van openbare geld deur die ANC, het hy gesê.

Neilson het gesê dit is bloot die minister van openbare ondernemings se mislukking om jaar ná jaar oor die beskikbaarheid van Customs-huis vir die uitbreiding van die KIKS te onderhandel wat daartoe gelei het dat die stad ‘n alternatiewe perseel moes koop.

Фільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae