Skoolkind kry tender om pad te bou

‘n Munisipaliteit in KwaZulu-Natal het ‘n tender van R800 000 aan ‘n maatskappy wat deur ‘n 18-jarige bestuur word, toegeken vir die bou van ‘n grondpad naby Highflats, het die Mercury Maandag berig.

Volgens die berig bestuur Bheka Nxumalo, ‘n leerling aan Ixoppo se Little Flower hoërkool, die maatskappy ZDN Trading wat sy ouer broer besit.

Die Sisonke-streeksmunisipaliteit, waarvan die Ubuhlebezwe- plaaslike munisipaliteit deel is, het die tender aan ZDN Trading toegeken.

Volgens die berig is die ouer broer, wat in 2009 as direkteur van die maatskappy uitgetree het, die burgemeester van die Ubuhlebezwe-munisipaliteit.

In die tyd wat die tender toegestaan is, was die ouer broer ‘n raadslid in die munisipaliteit en tesourier van die ANC se Harry Gwala-streek (Sisonke).

Zamokwakhe Nxumalo het aan die koerant gesê hy het niks te doen gehad het met die maatskappy nie, maar die nuusblad weet glo dat hy in 2010 die perseel besoek het saam met mededingers. Bheka Nxumalo was toe 16 jaar oud.

лобановский александр биография

Maak 'n opvolg-bydrae