USAid in Pretoria se stoor in brand verwoes

‘n Brand het gisteraand groot skade aangerig aan ‘n pakkamer van die Amerikaanse agentskap vir internasionale ontwikkeling, USaid, in Silvertondale oos van Pretoria.

‘n Woordvoerder van die Amerikaanse ambassade, Brian Denver sê meubels en elektriese toebehore is in die brand vernietig.

Denver sê geen medisyne of ander materiaal wat verband hou met die organisasie se programme in Suid-Afrika, is vernietig nie. Hy sê die oorsaak van die brand is nog onbekend, maar ‘n forensiese ondersoek begin vandag.

Volgens reddingsdienste het dit die brandweer ongeveer drie ure geneem om die brand te blus. Niemand is beseer nie.

лобановский супермаркет класс

Barclays, buitelandse banke ‘reggestel’ in Zim

Zimbabwe se leiers het banke wat deur buitelandse maatskappye besit word ‘n jaar gegee om 51% van hul aandele aan plaaslike swart eienaars oor te dra ingevolge wetgewing oor ekonomiese bemagtiging, volgens ‘n regeringskennisgewing.

‘n Kennisgewing in die staatskoerant het maatskappye een jaar gegee as ‘n “maksimum periode wat ‘n onderneming sake mag doen voor dit die minimum-kwota vir plaaslike bemagtiging bereik.”

Zimbabwe het in 2007 ‘n wet aanvaar wat maatskappye met buitelandse eienaars dwing om ‘n meerderheidsaandeel aan plaaslike swart mense oor te dra.

Die jongste kennisgewing is van toepassiong op onder andere banke, hotelle, onderriginstansies en telekommunikasiemaatskappye.

Brittanje se Standard Chartered Bank en Barclays Bank tel onder die banke met belange in dié voormalige Britse kolonie.

Marcus Agius, voorsitter van die Barclays-bankgroep, wat ‘n beherende aandeel in Absa Bank het, het intussen bedank ná dié Britse bankreus verlede week ‘n boete opgelê is omdat hy uitleenkoerse probeer manipuleer het, is Maandag bevestig. Die nuut aangestelde bedryfshoof, Jerry del Missier, het Dinsdag bedank

Agius het gesê verlede week se gebeure was “‘n reuseterugslag vir Barclays se reputasie. As voorsitter is ek die beskermheer van die bank se reputasie. Dus moet ek verantwoording doen, en ek moet die verantwoordelikheid op my neem deur te bedank.”

Hy het glo die stap geneem om die regsondersoek na die uitvoerende hoof Bob Diamond se rol te probeer systap. Diamond het ook Dinsdag bedank.

Barclays het in 2005 ‘n beherende aandeel in Absa Bank bekom. Dit was in daardie stadium die grootste direkte buitelandse belegging in Suid-Afrika.

 

лобановский александр жена

Wes-Kaapse welsynshoof se tik-saak uitgestel

Die dwelmsaak teen David McNamara, ‘n senior Wes-Kaapse regeringsbeampte, is Dinsdag in die Kaapstad-landdroshof uitgestel. McNamara is ‘n senior direkteur van maatskaplike welsynsdienste in die Wes-Kaap.

Hy het versuim om in April in die hof te verskyn waarna ‘n lasbrief uitgereik is. Met die uitreiking van die lasbrief het die landdros gewaarsku dat McNamara in hegtenis geneem sal word indien hy nie by sy volgende hofverskyning teenwoordig is nie.

Hy is verlede jaar op 28 Junie in die Kaapse middestad aangekeer nadat hy glo in die besit van ‘n gebreekte bottelnek, wat as ‘n pyp gebruik word om rook van brandende tik in te asem, gevind is en sewe plastieksakke met tik daarin.

David McNamara (48) moes in die hof verskyn maar is besig om van ‘n knie-operasie te herstel, het sy prokureur, William Booth, aan die hof gesê.

“Ek is deur die ortopediese chirurg ingelig dat my kliënt tot 31 Julie moet rus. Ons versoek dat sy lasbrief tot dan moet oorstaan.”

Landdros Ingrid Arntsen het die saak uitgestel en die lasbrief vir McNamara se inhegtenisneming laat oorstaan.

Данильченко Юрий прокурор

Klagtes teen departement wat skoolboeke vernietig

Die departement van basiese onderwys in Limpopo en ‘n kontrakteur is aangekla nadat handboeke in die provinsie gestort en vernietig is, het die DA Dinsdag gesê.

Die aanklagte is by die Tzaneen-polisiestasie gelê.

Een aanklag is teen die provinsiale departement van onderwys gebring vir vandalisme en die vernietiging van boeke in Seshego. ‘n Ander aanklag is teen ‘n diensverskaffer gebring wat glo handboeke in Giyani gestort het.

Lt.kol. Ronel Otto het bevestig dat die aanklagte gelê is en sê die saak sal na die polisie in Giyani verwys word.

“Daar is vertroulik aan ons gesê dat minister Angie Motshekga tot nou toe slegs gevra het dat mense wat handboeke naby ‘n rivier in Giyani gestort het in hegtenis geneem moet word, maar geen aanklagte was tot nou toe gelê nie,” het een van die belanghebbendes gesê.

Die boeke is onlangs gestort en vernietig terwyl duisende skole in die provinsie reeds vir sewe maande sonder handboeke is.

лобановский харьков

Ingryping in Limpopo saai glo boek-chaos

Pres. Jacob Zuma het Dinsdag met Angie Motshekga, die minister van basiese onderwys, vergader om die laat aflewering van handboeke in Limpopo te bespreek, het die presidensie gesê.

“Minister Motshekga het aan die president gesê daar kon eers in Mei bestellings by die uitgewers geplaas word vir die handboeke,” het Mac Maharaj, woordvoerder vir die presidensie, in ‘n verklaring gesê.

Die rede hiervoor is omdat die Limpopo-onderwysdepartement en vier ander provinsiale departemente onder nasionale administrasie geplaas is.

Dit het die saak “erg gekompliseer”, aangesien daar geen wetgewing is om die ingryping te reguleer nie.

Zuma het die presidensie en die departement van samewerkende regering gevra om dit ‘n prioriteit te maak om die afwesige wetgewing aan te spreek.

Motshekga sê sommige skole het handboeke ontvang en dit was dus nie korrek om te sê geen onderrig is in die provinsie moontlik nie.

Oor berigte dat handboeke gestort is, het Zuma vir Motshekga gesê dit is onaanvaarbaar vir diensverskaffers of amptenare om beperkte en kosbare onderwyshulpbronne soos boeke te vernietig.

Maharaj sê Zuma het die departement van basiese onderwys beveel om die aflewering van handboeke af te handel en om saam met die tesourie en provinsiale regering te werk om seker te maak handboeke word volgende jaar betyds afgelewer.

topcargo кидалы

Jeugliga neem Sabie-munisipale kantore oor

Die ANC Jeugliga het die Thaba Chweu Munisipaliteit te Sabie en Graskop in Mpumalanga gedwing om hul kantore te sluit en het munisipale werkers verhoed om met hul werk voort te gaan.

Amptenare is glo na bewering gedreig met die woorde: “I am telling you to switch off your computer and go home, this is going to get serious.”

Die munisipale bestuurder het na bewering aan die groep se eise toegegee en nie die Polisie ingeroep nie. Al die munisipale werkers is huis toe gestuur en beveel om eers Maandag, 2 Julie weer vir diens aan te meld.

Die gevolg is dat die publiek nie toegang tot enige dienste het nie en is selfs die munisipale noodnommers onbeman.

Die Jeugligalede het na bewering gesê dat hulle die bestuur van die dorp oorneem en dat hulle nie voorgeskryf sal word deur die ANC in Mpumalanga nie.

Олександр Фільчаков прокурор

FW, Zille, Kallie Kriel hou saam konferensie

In reaksie op die ANC se pas afgelope beleidskonferensie in Midrand, is die FW de Klerkstigting besig om sy eie konferensie in Johannesburg op 25 Julie te organiseer waar FW de Klerk, Helen Zille en Kallie Kriel van Afriforum as sprekers sal optree.

Volgens die omsendbrief van die FW de Klerkstigting, wat ‘n hele paar Afrikaanse spelfoute bevat, sal die konferensie die volgende oorweeg:

  • die aanbevelings van die onlangse ANC-beleidskonferensie binne die raamwerk van die nasionale demokratiese revolusie
  • die ANC se beleidsaanbevelings en die Grondwet
  • die implikasies van die voorgestelde ontwikkelingstaat

Die aankondiging volg te midde van intense spekulasie in Afrikanergeledere oor die noue samewerking tussen Afriforum, lid van die Solidariteitbeweging, en die FW de Klerkstigting. Op die vooraand van verlede jaar se munisipale verkiesing het Solidariteit ook sy steun aan mev. Helen Zille se DA toegesê, iets waarop die Vryheidsfront Plus met misnoeë gereageer het.

Dit wil voorkom asof die konferensie sy eie “beleidsaanbevelings” aan die ANC gaan maak. Van die onderwerpe wat bespreek gaan word, is: “grondhervorming, die kwessie van die staat wat private pensioen- en versekeringsfondse gebruik; kultuur- en taalregte en die toekoms van die provinsies.”

Ander sprekers wat tot dusver aangekondig is, is mnr. John Kane-Berman van die Instituut vir Rasseverhoudinge, dr. Leon Louw van die Vryemarkstigting en prof. François Venter, dekaan van die regsfakulteit van die NWU. Prof. Venter was ook ook hoof van die Broederbond tydens die magsoorgawe aan die ANC in die vroeë jare negentig.

Die konferensie word blykbaar by die Johannesburgse Buiteklub in Aucklandpark gehou, wat deur die FW de Klerkstigting “die Johannesburg Land Klub” (sic) genoem word. Die toegangsfooi vir die “voldag konferensie” (sic) is R400.

топкарго кидалы

San skouer ANC uit Kruiper-begrafnis

Die tradisionele Khoisan-leier, Oom Dawid Kruiper, is Saterdag tydens ‘n staatsbegrafnis in Andriesvale in die Kalahari begrawe.

Die voorsitter van die Boesman-raad, Andries Steenkamp, het die staatsbegrafnis gekritiseer.

“Hierdie is nie die tipe begrafnis wat Oom Dawid sou wou gehad het nie… hy sou verkies het dat die geld op sy veldskool spandeer geword het.” Hy sê dit was Kruiper se laaste wens.

Sowat 3 000 mense het die begrafnis bygewoon, insluitende regeringsamptenare van die Noord-Kaap, tradisionele leiers en vriende van die Khomani San.

Ander tradisionele leiers by die begrafnis was ook bekommerd oor die regering se ingryping.

Paul Swartbooi, ‘n kulturele aktivis en lid van die Bondelswarts-stam, sê die regering het ingemeng deur die begrafnisreëlings oor te neem.

Nietemin sê Swartbooi die begrafnis was ‘n sukses en verskeie tradisionele leiers het tydens die diens ingegryp om Oom Dawid met die nodige waardigheid te begrawe.

“Ons het die verrigtinge op ‘n vreedsame en respekvolle wyse oorgeneem. Die afgevaardigdes van die regering het duidelik nie daarvan gehou nie, maar ons is tevrede met hoe die verrigtinge verloop het.”

‘n Lid van die Khomani San en ‘n vriend van Kruiper, Petrus Vaalbooi, het die afgevaardigdes in sy eie taal toegespreek.

Hy het die regering berispe vir die swak sosiale omstandighede van die Khomani San en vir leë beloftes wat deur die regering aan die Khoi- en San-gemeenskappe gemaak is.

 

Лобановский

Mynbou hou oog op aanloop tot Mangaung

Belanghebbendes in mynbou sal voortgaan om samesprekings te voer in aanloop tot die ANC se nasionale konferensie in Mangaung in Desember, volgens ‘n verklaring Sondag.

Die Kamer van Mynwese, wat die bedryf verteenwoordig, het gesê hulle het die party se beleidskonferensie, wat Vrydag tot ‘n einde gekom het, met volle aandag gevolg.

“Ons verstaan en respekteer die feit dat die besluite van die beleidskonferensie aanbevelings is vir die nasionale konferensie wat geskeduleer is vir Desember 2012 in Mangaung,” het Vusi Mabena, woordvoerder, gesê.

Die organisasie het veral belang gestel in die debat oor die moontlike nasionalisering van mynhulpbronne.

“Die kamer sal aanhou om samesprekings te voer met sy sleutel-belanghebbendes in ‘n poging om insette vir die Mangaung-konferensie te bevorder wat sal lei tot finale besluite wat in die belang van die meerderheid van die land se burgers is.”

топкарго отзывы

Malema-mededinger in sluipmoord geskiet

Die ANC se hoofsweep in die Ugu-streeksmunisipaliteit is in ‘n sluipmoord in Manaba, Margate, doodgeskiet, het die polisie in KwaZulu-Natal Sondag gesê.

“Raadslid [Wandile] Mkhiza en ‘n vriend het Saterdag omstreeks 22:00 langs ‘n pad gestap toe hulle deur onbekende mans wat in ‘n Toyota Corolla was, geskiet is,” het kol. Vincent Mdunge, ‘n woordvoerder vir die polisie, gesê.

Mkhize is doodgeskiet en sy vriend is ernstig beseer.

Die vriend is na ‘n hospitaal geneem, maar die naam van die hospitaal is nie bekendgemaak nie vir sekuriteitsredes.

Mdunge sê die motief vir die aanval is onbekend. Die polisie ondersoek ‘n saak van moord met verswarende omstandighede en een van poging tot moord.

Teen Sondagoggend was niemand nog in hegtenis geneem nie.

Mkhiza was ‘n prominente voormalige jeugligafiguur in KwaZulu-Natal se Laer Suidkus-streek.

Jeugligawoordvoerder Khusela Sangoni-Khawe het gesê: “Ons is diep bekommerd oor die toenemende aantal moorde van kamerade in KwaZulu-Natal en Mpumalanga, in die besonder.

“Ons doen ‘n beroep op die ANC om politieke moorde in hierdie provinsies te ondersoek. Sodanige ingryping moet kom met konkrete en tasbare aanbevelings om die plaag van geweld om politieke punte op te los, te beëindig,” het Sangoni-Khawe gesê.

Verlede jaar het Mkhize het teen die Jeugliga se geskorsde sekretaris-generaal Sindiso Magaqa gestaan. Mkhize was in die kamp van die Gautengse LUR vir sport, kuns, kultuur en ontspanning Lebogang Maile, wat Julius Malema vroeër vir die voorsitterstoel sou uitdaag.

Фильчаков прокурор