Invalide erg geslaan in plaasaanval

‘n Boer van Brits se vrou is ernstig geslaan en uit haar rolstoel gegooi gedurende ‘n aanval op hulle plaas, het polisie van Noordwes Vrydag gesê.

“Die vrou was in haar kamer toe sy gehoor het hoe die venster oopgaan en toe ‘n geweer gesien het wat op haar gerig is,” het snr. supt. Kebaakae Metsi oor die voorval wat laat Donderdagmiddag plaasgevind het, gesê.

“Terwyl die een verdagte die rewolwer op haar gerig het, het ‘n ander die kamer binnegegaan, haar vuurwapen geneem en vir geld gevra.”

Volgens Metsi het die twee weggekom met onder andere ‘n skootrekenaar en selfone ter waarde van R14 280.

Die twee rowers het vroeër die boer en ‘n dominee, wat na herstellings aan ‘n gebou op ‘n kleinhoewe in die area gekyk het, aangehou.

“Dieselfde twee verdagtes het die mans genader en ‘n vuurwapen op hulle gerig. Hulle het die mans met hul skoenveters, gordels en ‘n tou vasgemaak,” het Metsi gesê.

Toe die rowers van die toneel vlug het hulle na die plaashuis gegaan.

Die boer en die dominee het losgekom terwyl die mans in die huis was.

“Die boer het sy vuurwapen gevind wat buite weggesteek was…” het sy gesê.

Hy het gedurende ‘n rusie met die rowers op hulle begin skiet en beide is beseer.

Polisie wat in die omgewing gepatrolleer het, het die skote gehoor en na die plaas gehaas waar die twee in hegtenis geneem is en na die hospitaal is vir behandeling.

Hulle sal binnekort in die hof verskyn.

 

укладка ламината стоимостьлобановский александр игоревич харьков

Boere nie betaal vir grond

In ‘n dringende brief aan die minister van landelike ontwikkeling en grondsake, het Ben Marais, president van TLU SA, sy ontevredenheid uitgespreek oor die feit dat ondanks etlike onsuksesvolle pogings om met die hoofgrondeisekommissaris in gesprek te tree, geen positiewe reaksie gevolg het nie.

Tydens ‘n vergadering met verteenwoordigers van georganiseerde landbou op 2 April 2009, het die hoofgrondeisekommissaris, Blessing Mphela ontken dat ‘n tekort aan fondse die aankoop van grond verhinder. Ondanks die feit dat TLU SA etlike gevalle van grondeienaars wat formele aanbiedinge ontvang en aanvaar het en geen betaling plaasgevind het nie, skriftelik gerapporteer het, het die departement in gebreke gebly om betalings te maak.

Die gevolg hiervan is dat talle grondeienaars wat reeds alternatiewe opsies gevolg het nadat hulle hul grond moes verkoop, tans finansiële ondergang in die oë staar. Dit sal ‘n onuithoubare situasie skep vir die likiditeit van boere, die kwaliteit van grond wat nie met kunsmis behandel word nie en gevolglik ook op produktiwiteit en uiteindelik voedselsekerheid. Derhalwe is dit noodsaaklik dat die staat aanbiedinge wat reeds gemaak en aanvaar was (in sommige gevalle so lank as vier jaar gelede), spoedeisend uitbetaal.

Gedurende TLU SA se kongres gedurende September 2009, is ‘n mosie aanvaar wat die departement versoek het om ‘n onmiddellike moratorium op grondeise toe te pas tot tyd en wyl die geldigheid van eise ondersoek is. Gevolglik is dit noodsaaklik dat grondeienaars wat deur geldige eise genoop word om hul grond te verkoop, dienooreenkomstig na behore en spoedeisend vergoed word soos ooreengekom.

Marais het die minister opnuut versoek om hierdie moratorium onverwyld in te stel totdat genoegsame fondse beskikbaar is om die proses binne ‘n redelike tyd af te handel.

 

online gaming ukФильчаков прокурор отзывы

Air Zim bots met varke

‘n Vliegtuig van Zimbabwe se nasionale lugredery het in die opstygproses in vyf wilde varke op die aanloopbaan in Harare vasgery, het die land se departement van vervoer gesê.

Die minister van vervoer, Nicholas Goche, het Donderdag in ‘n verklaring gesê dat die Air Zimbabwe vliegtuig van Harare na Bulawayo onderweg was toe die ongeluk plaasgevind het.

Al 34 passasiers en bemanningslede aan boord is veilig uit die vliegtuig.

Volgens Goche se verklaring is die vliegtuig in die ongeluk beskadig. Die landingstoestel het as gevolg van die impak ingegee en die vliegtuig is van die aanloopbaan af. Die neus, een enjin en ‘n vlerk is beskadig.

Goche het nie gesê wat van die varke geword het nie.

 

масло для поршневых компрессоровДанильченко Юрий отзывы

Hlophe se seun aangekla

Die seun van die Wes-Kaapse regterpresident, John Hlophe, se verhoor vir bedrog en ander klagte, begin in Maart volgende jaar.

Die 27-jarige Hlophe jnr. het Donderdag sy finale verskyning in die Bellvillehandelshof gemaak.

Landdros Amrith Chabillal het gesê die verhoor sal op 29 Maart 2010 begin.

Sylvan Afica, staatsaanklaer, het aan die hof gesê onderhandelinge vir ’n pleitooreenkoms met Nazeer Ismail van die verdediging, het misluk.

Hlophe jnr. staan tereg op ses aanklagte van bedrog, drie vir die uitreiking (of voorlegging) van vervalste tjeks, drie van diefstal, een van regsverydeling en twee oortredings van die Wet op Identifikasie.

Luidens die klagstaat was hy die enigste lid van ‘n geslote korporasie wat as Moving Addresses handel gedryf het.

Hy het glo ‘n identiteitsdokument wat aan Siphesihle Ntombela behoort, vervals en haar foto met syne vervang.

Dié vervalste ID-boekie is toe gebruik om ‘n tjekrekening by Absa en FNB oop te maak.

Die eerste klag van bedrog is teen hom gemaak nadat hy glo sy ASBA-tjekboek gebruik om in September 2007 ‘n BMW 330i sedan ter waarde van R400,000 by Hendrik van den Berg te koop.

Dié motor is in ‘n ongeluk beskadig terwyl dit is sy besit was.

Die tweede aanklag volg ná hy dié motor by Auric BMW se Claremont-tak laat regmaak het. Dié rekening het R19,208 beloop en hy kon dit nie betaal nie.

Die derde aanklag van bedrog het gevolg nadat hy ‘n onbekende aantal borde ter waarde van R4070 by Davidson’s Boards, met ‘n foptjek gekoop het.

Nóg ‘n bedrogklag beweer dat hy probeer het om ‘n foptjek by Absa in Tableview te wissel.

Hlophe jnr. het ook glo sy vervalste ID en ‘n valse salarisstrokie gebruik om ‘n lening by Capitec Bank te kry.

Volgens die valse salarisstrokie het hy ‘n maandelikse salaris van R32,522 verdien.

 

Op die sesde aanklag van bedrog het hy glo ‘n niksvermoedende vriend, Luntu Magqaza, oorreed om R32,522 in sy (Magqaza) se bankrekening te betaal.

 

Op die drie aanklagte van diefstal het hy R5500 op 14 Oktober verlede jaar gesteel, ‘n verdere R2000 die volgende dag en R500 op 17 Oktober van Magqaza.

 

Hy het ook aan die polisie gesê sy naam is Ntombela.

 

Die klag van regsverydeling is toe teen hom aanhangig gemaak.

 

вакуумный расширительный бачоклобановский харьков

‘Dilemma’ Malema se blou ligte

“Julius ‘Dilemma’ Malema en sy bestuurder se misbruik van blou polisieligte nadat hulle deur verkeersbeamptes net buite Polokwane/Pietersburg beveel is om van die pad te trek, is nog ‘n onteenseglike bewys van die minagting van die gereg deur die ANC Jeugliga en sy leierskap. Die ANC moet nou begin kennis neem dat die spreekwoordelike rooi ligte al lankal vervaag het en dat die blou ligte van die gereg nou eerder al hoe sterker vir sy jeug begin flikker. Malema en sy bestuurder het hulle skuldig gemaak aan dwarsboming van die gereg en roekelose bestuur,” sê adv. Anton Alberts, VF Plus parlementêre woordvoerder oor Vervoer.

Volgens berigte het die bestuurder van Malema se motor in die pad stilgehou, ligte vir die verkeersbeamptes geflikker en toe die blou lig op die motor se dak geplaas. Malema het daarna die verkeersbeamptes aggressief gekonfronteer en hulle gevra of hulle weet wie hy is.

“Dit dui daarop dat Malema hom eens was met die optrede van sy bestuurder. Dit blyk volgens die berigte dat twee misdrywe begaan is, naamlik twee klagtes vir roekelose bestuur weens die oorskryding van die spoedgrens (107km/h in ‘n 60km/h sone) en die stilhou van die motor in die middel van die pad en dwarsboming van die gereg deur die wanvoorstelling dat die motor ‘n BBP-motor van die SAPD is. Die intimidasie van die verkeersbeamptes deur Malema is natuurlik gronde vir ‘n tweede klag van dwarsboming van die gereg,” meen adv. Alberts.

Die VF Plus het vroeër gevra dat Malema binne die ANC gedissiplineer word, maar die party het nie daaraan gehoor gegee nie. Dit blyk nou dat die besluit van die ANC gou by hulle gaan spook. “Die VF Plus gaan die Vervolgingsgesag in Polokwane/Pietersburg vra om Malema en sy bestuurder te vervolg. Indien die ANC nie sy jeugleier kan dissiplineer en dwing om die grondwet te respekteer nie, sal die VF Plus dit doen deur gebruik te maak van die land se regstelsel. Niemand in Suid-Afrika is bo die wet verhewe nie. Dit sal Malema ook nou uitvind,” het Alberts gesê.

виды насосного оборудованиялобановский супермаркет класс

Malema sê grond is gesteel

Grondhervorming en die restitusiedoelwit om 30% van Suid-Afrika se landbougrond teen 2014 in swart besit te hê, is gereeld in die nuus en Cosatu en Julius Malema , voorsitter van die ANC-jeugliga, het hul opinies hieroor aan die BBC verduidelik.

Dit is reeds bekend dat die doelwit van 2014 na 2025 geskuif is en die grootste rede wat hiervoor voorgehou word is, is hoë plaaspryse, luidens ‘n berig in die Irish Times. Finansiële beperkinge, burokratiese sloerdery en die internasionale ekonomiese krisis word ook voorgehou as redes vir die huidige stand van sake.

[…]

Malema meen die Regering se gewillige koper en verkoper-benadering tot grondhervorming is onsuksesvol en grondeienaars moet ‘n ononderhandelbare aanbod van die Regering gebied word. “Ons sal betaal, maar net wat ons kan bekostig want hulle het dit in elke geval gesteel. Hulle het ons grond gesteel,” het hy aan die BBC gesê.

Cosatu-woordvoerder Patrick Craven sê die feit dat ‘n hele generasie sal verbygaan voordat restitusie werklik toegepas is, is nie goed genoeg nie. “Ons sit op ‘n sosiale tydbom. Die feit dat mense van landelike gebiede gedwing word om na plakkerskampe in stede te trek skep die soort spanning wat ons om kwessies soos dienslewering sien. Dit sal baie beter wees as hulle ‘n lewe in landelike gebiede kan maak. Die grootste rede waarom hulle nie kan nie is die feit dat grondeienaarskap in dié gebiede steeds ongebalanseerd is.”

Lees die volledige berig hier.

 

ds dentalФильчаков

Uhuru Guru vrygelaat

Te midde van ‘n storm wat PRAAG se berig oor die inhegtenisname van Uhuru Guru, webmeester van South Africa Sucks, veroorsaak het, is hy so pas vrygelaat, volgens ‘n sms wat van sy regsverteenwoordiger vanaf die Randburgse landdroshof ontvang is.

Blykbaar was die saak nie eens op die rol nie en is geen klag teen hom gelê nie. Hy het egter die nag in die selle van die Lindense polisiestasie deurgebring en is vanmore saam met die ander verhoorafwagtendes geboei en na die hof vervoer.

Sy vrylating kom ná PRAAG vanmore ‘n veldtog op tou gesit het, met mediaverklarings en oproepe aan invloedryke persone. “Ons was reg om ‘n internasionale veldtog vir sy vrylating op tou te sit. Dit lyk egter asof die polisie besef het dat hulle geen saak het nie,” het Dr. Dan Roodt van PRAAG gesê.

“Die feit dat so iets kon gebeur, toon egter dat alles nie pluis is nie. Die staat het duidelik sy mes in vir die onafhanklike webwerwe wat aan die ANC se oorhoofse beheer ontkom,” het hy gesê.

металлические брекетыФільчаков Олександр Васильович прокурор

Ystervuis teen webwerwe

Die inhegtenisname van die bekende Johannesburgse “blogger” Uhuru Guru van die woernaal South Africa Sucks het gister skokgolwe deur Suid-Afrika se internetgemeenskap gestuur. Oënskynlik het die ANC-bewind op die vooraand van die Wêreldsokkerbeker tot hardhandige optrede oorgegaan teen webwerwe wat die land se probleme soos misdaad en verdrukking van minderhede aan die groot klok hang. Daar is ook die afgelope dae ‘n veldtog deur anonieme briefskrywers op LitNet, ‘n webwerf in die Media24-stal, gevoer teen die misdaadberigte wat South Africa Sucks gewoonlik met kommentaar aanbied.

Die voordeur van Uhuru Guru is gisteroggend om 6:30 deur ‘n “taakmag” van die polisie afgeskop en hy en sy gesin is hardhandig uit die bed gepluk. Sy vrou is nie toegelaat om enige oproepe te maak nie en selfs sy dogtertjies se selfone is gekonfiskeer, tesame met alle rekenaartoerusting in die huis. Die taakmag, wat uit lede van die polisie, veiligheidspolisie en verskeie spesialiseenhede soos kubermisdaad bestaan het, het die webmeester ook oor PRAAG en dr. Dan Roodt ondervra, wat moontlik kan veroorsaak dat die polisie se veldtog na hierdie webwerf kan uitbrei.

Uhuru Guru, wat tans om sakeredes verkies om anoniem te bly, is agterna na ‘n Johannesburgse polisiestasie geneem waar hy tans in aanhouding verkeer. Volgens sy regsverteenwoordiger is daar duidelike pogings deur die staat om die regsproses te vertraag ten einde hom vir die maksimum periode vir ondervraging aan te hou. Die klagtes teen hom is onduidelik, maar daar word gepraat van crimen injuria, asook ‘n insident tydens 1993 toe een van sy werknemers gesteelde goedere ter waarde van enkele honderd rand op sy perseel versteek het. Dit wil voorkom asof die polisie dié klag wat sestien jaar gelede teruggetrek is, op hul rekenaar opgespoor het ten einde ‘n verskoning te vind om hom in hegtenis te neem.

Volgens Uhuru Guru se regsverteenwoordiger is “die hardhandige en oordrewe optrede deur die polisie… duidelik polities gemotiveer”.

PRAAG het enkele dae gelede vanuit ‘n bron binne die ANC verneem dat daar ‘n groep blanke Afrikaners binne die polisie verkeer wat weens transformasiedruk hul eie poste en begrotings moet motiveer deur op ‘n fiktiewe “regse gevaar” te spioeneer. Die polisie wat gister teen Uhuru Guru van South Africa Sucks opgetree het, was blykbaar deur die bank blanke Afrikaners wat direk aan hoofkantoor rapporteer en nie aan enige plaaslike polisiestasie nie.

Volgens Uhuru Guru se regsvereentwoordiger het hulle ‘n “sinistere indruk gemaak, presies soos die ou Veiligheidspolisie in die tagtigerjare onder die Nasionale Party. Ek was destyds baie links gewees en as ek nie so ontnugter was deur die nuwe Suid-Afrika nie, sou ek seker steeds links gewees het. Daarom moes ek dikwels met die Veiligheidspolisie namens kliënte onderhandel wat in aanhouding was. Gister se ervaring het my ‘n gevoel van déjà vu gegee. Dit was presies dieselfde, dieselfde mense, dieselfde metodes, dieselfde kyk in die oë. Een van: ‘Te hel met jou. Ons maak wat ons wil.'”

Dr. Dan Roodt van PRAAG het intussen verklaar dat “daar geen bande tussen PRAAG en South Africa Sucks bestaan nie. Terwyl South Africa Sucks se hooffokus misdaad en Suid-Afrika se rasseprobleme is, wil praag.co.za ‘n onafhanklike, algemene kuberkoerant wees wat lesers oor allerlei sake inlig en ook onverskrokke, maar beskaafde kommentaar lewer. Hoewel die feite oor misdaad wat in South Africa Sucks vermeld word gewoonlik waar is, handhaaf die blad ‘n polemiese en uitdagende toon wat nie ons styl is nie. Maar dis Uhuru Guru se goeie reg, indien Suid-Afrika wel ‘n demokrasie met spraakvryheid sou wees. Die huidige gebeure laat egter twyfel of Suid-Afrika veel langer op die etiket ‘liberale demokrasie’ sal kan aanspraak maak.”

Dr. Roodt was egter vol moed dat die alternatiewe Afrikaanse media die huidige aanslag van die staat sou oorleef. “Die ANC is ‘n magshonger monster wat geen teenspraak of alternatiewe sienings duld nie. Immers het die beweging sy tande in die ou Oos-Europa geslyp waar totalitêre bewinde alle aspekte van die samelewing beheer het. Daarom, toe ons praag.co.za as ‘n e-koerant gevestig het, het ons die blad se bediener in die VSA opgestel waar ons die beskerming van die Amerikaanse grondwet en wette oor vryheid van spraak geniet. Nóg die ANC, nóg die Veiligheidspolisie wat tans ‘n voorbeeld van South Africa Sucks gemaak het, kan ons stilmaak. Al word ons almal in die tronk gesit weens ons menings teen geweldsmisdaad en meerderheidsoorheersing in Suid-Afrika, beskik ons ook oor mense in oorsese lande wat die webwerf van daar af kan bedryf en aanhou publiseer.”

дитячі велосипеди купитиАлександр Фильчаков Васильевич

Studente brand lesingsaal af, beskadig biblioteek, rekenaarlokale

‘n Lesingsaal by die Universiteit van Zululand is aan die brand gesteek en die gebou is met klippe bestook toe ‘n studenteraadsvergadering verdaag het.

“Een lesingsaal is heeltemal verwoes nadat dit aan die brand gesteek is en ‘n hele aantal ander geboue is ook deur ‘n klipgooiery beskadig,” het Sishokonke Mapisa, die sekretaris van die universiteit, gesê.

“Skade van oor ‘n miljoen rand is aangerig.”

Studente het die biblioteek, rekenaar lokale en lesingsale beskadig.

Volgens Kapt. Thulani Zwane, ‘n polisiewoordvoerder, word die saak ondersoek en is niemand nog in hegtenis geneem nie.

Xolani Ngwezi, sekretaris van Sadesmo het gesê dat die SA Students Congress (Sasco) verantwoordelik is vir die skade.

Hulle het glo uit ‘n studenteraadsvergadering geloop weens ontevredenheid rondom die verkiesingsproses.

 

стоматологиялобановский александр дети

Polisie slaan toe op vervalsingsbedryf

Mpumalanga se polisie het toegeslaan op ‘n onderneming wat vervalste universiteits-, matrikulasie-, bestuurskool- en vakmanskapkwalifikasies vervaardig.

Die polisie het agterdogtig geraak toe 13 polisiereserviste se kopieë van hul matriek sertifikate dieselfde verwysingsnommer gehad het.

Hulle het op ‘n wenk gereageer wat tot die inhegtenisneming van ‘n 25-jarige man in Emthonjeni gevolg het.

Hy het aanvanklik homself in sy huis probeer toesluit, maar het uiteindelik ingegee en die polisie ingelaat.

Binne in die huis was ‘n verskeidenheid rekenaars en hardeskywe sowel as ‘n hele aantal roof-CD’s en DVD’s.

Daar was ook ‘n masjien wat vervalste bankkaarte maak.

Hy het ketelbouersertifikate, siviele ingenieursgrade en ‘n verskeidenheid diplomas vervaardig.

Vir ‘n gesertifiseerde kopie, het hy R50 gevra en vir ‘n vervalste ‘oorspronklike’, R350.

Meeste mense het gesertifiseerde kopieë by hom gekoop.

“Vanselfsprekend het die polisiereserviste nie veel van ‘n toekoms in die polisie nie,” het kaptein Leonard Hlathi gesê.

“Ons het nie plek vir sulke mense in die polisiediens nie.”

Die beskuldigde sal in die Machadodor landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog, vervalsing en uiting.

‘n Klag van letterdiewery sal ook mettertyd teen hom gemaak word.

 

купить свитер для девочки 12 летАлександр Фильчаков