Haar man sal nooit terugstaan nie, s? Grace Mugabe

Mev. Grace Mugabe, die eggenote van die Zimbabwiese president wat ook vir haar luukse smaak en spandabele inkopiereise bekend is, het gister gesê dat haar man nooit sy posisie sal afstaan nie, selfs al verloor hy aanstaande maand se opvolgpresidentsverkiesing teen Morgan Tsvangirai.

Volgens Grace Mugabe sal Tsvangirai nooit die binnekant van die ampswoning sien nie. Sy het by 'n byeenkoms in die landelike Shamva-gebied gepraat waar 'n huis blykbaar deur MDC-ondersteuners afgebrand is. Sy het 'n beroep op die MDC gedoen om onmiddellik op te hou met wat sy die barbaarse veldtog om mense se huise af te brand en te vernietig, genoem het.

парусные яхты купитьлобановский супермаркет класс

Tony Leon vra dat Mbeki sy brief bekendmaak

Die voormalige leier van die opposisie, Tony Leon, wat tans die DA se woordvoerder oor buitelandse sake is, het gevra dat Thabo

Image

Tony Leon

Mbeki die inhoud van sy brief aan George Bush van Amerika bekendmaak.

Die brief wat in April deur Mbeki aan die Amerikaanse president gerig is, het vandeesweek ter sprake gekom in 'n rubriek wat in die Washington Post gepubliseer is.

Volgens mnr. Tony Leon, is dit in die beste belang van Suid-Afrika se bedorwe internasionale beeld en die herstel van ons president se posisie as onafhanklike bemiddelaar in Zimbabwe dat hy die brief bekendmaak en ook die inhoud, bedoeling en konteks moet verduidelik.

Leon het gesê dat hy parlementêre vrae oor die brief gaan stel.

blackjack strategyданильченко юрій броніславович

Immigrante moor oor aalmoes

'n Somaliër is eergister gedood in 'n rusie oor 'n aalmoes in die vorm van 'n kledingstuk. Volgens die polisie op George het die voorval plaasgevind in die Blanco-gemeenskapsaal waar ongeveer 100 buitelanders gehuisves word wat uit Thembalethu gevlug het weens etniese geweld teen hulle.

Twee mans van onderskeidelik 28 en 25 jaar oud het oor 'n kledingstuk gestry wat vroeër die dag van 'n liefdadigheidsorganisasie ontvang is.

Die ouer man het 'n springmes uitgehaal en die jongere drie keer in die arm en nek gesteek.

Party van die inwoners het die messteker agterna gesit, hom gevang en aan die polisie oorhandig.

Sy slagoffer is hospitaal toe geneem waar hy later dood is.

Volgens die polisie sal die messteker binnekort op 'n moordklag in die George-landdroshof verskyn.

cheat casinoОлександр Васильович Фільчаков

Eskom waarsku kragkrisis nog lank nie verby

ImageDie hoof van Eskom, Jacob Maroga, het gister tydens 'n parlementêre sessie gewaarsku dat Suid-Afrika se kragprobleme nog lank nie verby is nie.

Volgens hom verkeer die land nog steeds in 'n noodtoestand wat elektrisiteit betref. Dit gaan tyd en baie optrede verg om op te los.

Eskom beplan om R1,2 triljoen van nou af tot 2025 te bestee, waarby 'n belegging van R343 miljard oor die volgende vyf jaar ingesluit is.

Die gemiddelde steenkoolvoorraad by kragsentrales is tans 17,4 dae.

cluedo gametopcargo

Metodistebiskop vra dat Limpopogrens afgeskaf word

Die Metodistebiskop wat buitelanders in sy kerk in die Johannesburgse middestad huisves, Paul Verryn, het gister geëis dat die grens tussen Suid-Afrika en Zimabwe geheel en al afgeskaf word.

Verryn het die afskaffing van die grens vergelyk met die opheffing van skeidslyne in 1994. Volgens hom sou so 'n stap tot almal se vermoë bydra.

Die biskop het voor 'n skare aan die Universiteit van die Witwatersrand gepraat. Hy het verder gepleit vir 'n vorm van kollektiewe eienaarskap en gesê dat al die hulpbronne in Suid-Afrika aan die hele nasie behoort en gedeel moet word.

Ander akademici by dieselfde byeenkoms het ongelykheid vir die etniese geweld geblameer en gevra dat bates aan die armes oorgedra behoort te word.

free bonus slots no deposit mobileлобановский александр отзывы

Mbeki vat Bush aan in brief vol uitroeptekens

President Thabo Mbeki het die Amerikaanse leier George Bush in 'n brief van vier bladsye aangevat oor sy Zimbabwe-beleid.

Volgens 'n berig in die Washinton Post deur rubriekskrywer Michael Gerson, het Mbeki teen die VSA uitgevaar met vrylike gebruik van uitroeptekens omdat dié land teen Robert Mugabe kant gekies het en die sienings van die Zimbabwiese mense verontagsaam.

Gerson haal 'n naamlose amptenaar in Washington aan wat die brief gesien het. Volgens dié amptenaar het Mbeki aan George Bush gesê om Zimabwe en Afrika uit te los aangesien Afrika aan Mbeki behoort.

'n Woordvoerder vir Mbeki, Mukoni Ratshitanga, dra geen kennis van die brief nie, maar die Amerikaanse ambassade in Pretoria het bevestig dat Bush so 'n brief ontvang het.

Die Withuis werk tans aan 'n antwoord op Mbeki se skrywe.

логические игрыДанильченко Харьков

Premier van Kwazulu-Natal blameer blanke verdrukkers vir geweld

Die premier van Kwazulu-Natal, S'bu Ndebele, het gister in 'n kwalik bedekte verwysing na blankes gesê dat die onderdrukkers van swartmense vir die etniese geweld teen buitelanders verantwoordelik is.

Volgens hom is dit die onderdrukkers wat mens wysmaak dat Mosambiekers die vyande van swart Suid-Afrikaners is. Hy het hom uitgespreek teen swart verdeeldheid wat insgelyks aan die onderdrukkers toe te skryf is.

Ndebele wou weet waarom net swart mense van Afrika-state as buitelanders gesien word en nie ook wit Engelse, Duitsers of Portugese nie.

Geen buitelander behoort op 'n bus te klim om die land te verlaat nie, het hy verder gesê.

песок для пескоструялобановский александр игоревич

Bomdreigement by ANC-hoofkwartier

Image'n Bomdreigement is vanoggend by die ANC se hoofkantoor in Johannesburg ontvang en sestig mense moes inderhaas die gebou verlaat.

Die skakelbord het om 8-uur vanoggend die dreigement ontvang, volgens ANC-woordvoerder Steyn Speed. Die gebou in Sauerstraat is daarna onmiddellik ontruim.

Die metropolisie het twee strate in die omgewing afgekamp, terwyl lede van die bomafdeling die gebou ondersoek het.

slots to play onlineОлександр Фільчаков прокурор

Skerp styging in voedselpryse op pad

'n Skerp styging in voedselpryse kan verwag word na 'n aankondiging deur die Switserse multinasionale maatskappy, Nestlé, dat hy sy pryse vanaf die eerste van aanstaande maand dramaties gaan verhoog.

Nestlé-handelsmerke soos Nescafé, Kitkat en Milo sal almal met ten minste 14% styg. Die prys van koffie sal met tussen 15% en 30% verhoog word, terwyl die prys lekkers met 19% sal toeneem.

Die suiwelmaatskappy Parmalat SA het ook gesê dat die hele voedselsektor onder geweldige druk verkeer weens stygende insetkoste.

синус лифтинг открытый и закрытыйпрокурор Фильчаков

Regering ambivalent oor deportasies

Die ANC-regering is tans ambivalent oor deportasies van onwettige immigrante. Die departement van binnelandse sake het laat weet dat daar geen nasionale moratorium op deportasies bestaan nie en dat onwettiges wat deur die polisie in hegtenis geneem word, steeds gedeporteer sal word.

Maar onwettige immigrante wat deur die onlangse etniese aanvalle ontwrig is, sal onderdak ontvang en nie gedeporteer word nie, luidens 'n verklaring deur Siobhan McCarthy, 'n woordvoerder van die departement van binnelandse sake.

Verlede week het binnelandse sake berigte ontken dat diegene wat deur etniese aanvalle geraak word, na hul lande van herkoms gedeporteer word.

теннисФильчаков прокуратура харьков