Mugabe na Singapoer vir kanker-toetse

ImageDaar word berig dat Robert Mugabe na Singapoer gevlieg het vir kankertoetse. Blykbaar word vermoed dat die 84-jarige Zimbabwiese leier prostaatkanker onder lede het.

Mugabe sou gister na sy land terugkeer na enkele dae in Singapoer. Met die verval in Zimbabwe se gesondheidstelsel is sulke behandeling nie meer in Zimbabwe moontlik nie.

Mugabe se besoek aan Singapoer spreek ook van sy groter afhanklikheid van die Ooste noudat Westerse lande hul rug op Mugabe gekeer het met sanksies en diplomatieke druk teen sy bewind.

сайт детских товаровДанильченко

Rooikruis ?versorg 25000?

Die Rookruis van Suid-Afrika het vandag aangekondig dat dit 25 000 mense versorg wat oor die afgelope week in antivreemdelinggeweld dakloos gelaat is.

“Die Rooikruis help tans 25 000 mense wat in 21 liggings versprei is, hoofsaaklik in Johannesburg. Die situasie het versleg aangesien geweld nou in Durban en Kaapstad uitgebreek het,” het die Rooikruis se direkteur vir Suidelike Afrika, Françoise de Goff, gesê.

Sy meen dat diegene wat voor die aanvalle vlug, wat tot meer as 40 sterftes gelei het, reeds ‘n potensiële probleem vir hul lande van herkoms verteenwoordig.

“As ons duisende mense het wat terugkeer sal dit beslis ‘n probleem skep,” het sy gesê, en bygevoeg dat mense wat geregistreer is om die grense van lande soos Botswana en Mosambiek oor te steek oor die potensiaal beskik om ‘n “groot invloei” te veroorsaak.

“Op hierdie stadium word mense deur hul regerings verwelkom, hulle word ontvang en die Rooikruis staan hulle by. Hulle sal moet hul lewens in hul lande van herkoms hervat.

Volgens haar het die duisende vlugtelinge geen ander keuse as om te sit en wag terwyl hulle hul situasie probeer aanspreek nie.

“Sekere mense beskik oor familie tuis, ander is huiwerig en weet nie waarheen om te gaan nie. Sekere mense wil hier bly maar hulle weet nie of hulle in ‘n toestand sal kan leef wat veilig is nie.

Buitelanders uit Afrikalande word deur plaaslike swartes geteiken wat hulle daarvan beskuldig dat hulle misdaad pleeg en hulle van werke ontneem. Hulle huise word afgebrand en hulle word uit slumgebiede verdryf.

Omtrent 15 000 het na raming na Mosambiek teruggevlug en duisende meer wag op busse om hulle terug na hul lande te neem.

“Mense is bang, sommige het gesien hoe hul huise afgebrand en vernietig is, ander is weer geslaan en beseer. Die mense bevind hulle werklik in ‘n toestand van vrees. Hulle weet nie wat die toekoms inhou nie, of hulle sal kan terugkeer of bly of vertrek nie,” het De Goff gesê.

Volgens haar verskaf die Rooikruis basiese mediese sorg, voedsel en komberse aan die verdrewenes, asook sielkundige ondersteuning aan diegene wat getraumatiseer is.

free money mobile casino no depositлобановский депутат

Opposisie eis koppe in regering

Opposisiepartye het met skok reageer op die nuus dat die regering geweet het geweld was aan die broei voor die jongste etniese aanvalle.
 Intelligensieminister Ronnie Kasrils het gister die erkenning gedoen. Die Vryheidsfront Plus het die koppe geëis van regeringshoofde wat versuim het om op die inligting te reageer. UDM-leier Bantu Holomisa sê president Thabo Mbeki en sy kabinet moes nie die waarskuwingstekens verontagsaam het nie.
 
OD-woordvoerder Haniff Goosen sê die staat moet onmiddellik optree eerder as om na die grondoorsaak te soek. DA-leier Helen Zille het die minister van finansies Trevor Manuel gestriem omdat hy haar daarvan beskuldig het dat sy die aanvalle aangevuur het.

ремеза компрессор ценаФильчаков прокурор отзывы

Polisie se onlusbeheervermo? het afgeneem

Die polisie se vermoë om onluste te beheer het afgeneem as gevolg van 'n herstruktureringsproses wat in 2006 uitgevoer is. Volgens die Johannesburgse koerant die Mail & Guardian is dit die rede waarom die polisie onlangs die hulp van die weermag moes inroep om etniese geweld in lokasies en elders te beheer.

Die Instituut vir Sekerheidstudies het in 'n ondersoek verlede jaar bevind dat die herstrukturering die moreel van die polisiediens aangetas het en ook tot verliese aan personeel gelei het.

 

Voor die herstrukturing het die Gautengprovinsie oor 1383 operasionele lede in sewe peletons beskik en daarna oor slegs 614 in drie peletons.

 

Opleiding het ook verswak.саунаЛобановский Харьков

Xenofobie is maar net misdaad, s? LUR

Misdadigers gebruik bloot xenofobie as 'n verskoning om misdaad te pleeg, meen die LUR vir veiligheid en sekuriteit in Kwazulu-Natal, Bheki Cele.

Hy het gereageer op besonderhede van aanvalle op vreemdelinge wat oornag plaasgevind het.

 

Dit bekommer hom dat misdadigers xenofobie as 'n verskoning gebruik om misdaad te pleeg. Anders sou hulle nie die vreemdelinge se besittings gesteel het nie.

 

Die polisie in Kwazulu-Natal het ook berigte ontvang van lyste met vreemdelinge se name en adresse wat gebruik word om hulle te vervolg.bad woflФильчаков прокурор харьков

‘Vullisberge van Napels’ in Pretoria

Die Vryheidsfront Plus het sy oproep herhaal dat 'n munisipale noodtoestand in terme van die Noodtoestand Bestuurswet no. 57 van

Image

Conrad Beyers

2002 uitgeroep moet word, om 'n vullisramp in Pretoria te vermy.  Die VF Plus het gesê dat 'n ernstige gesondheidskrisis in Pretoria begin dreig en dat dit 'n dringende munisipale noodtoestand regverdig.

Volgens mnr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid in die Tshwane metroraad, het die plaaslike ANC inwoners mislei deur met groot fanfare aan te kondig dat die Samwu-staking die afgelope Maandag verby sou wees en dat dinge hierdie week tot normaal sou terugkeer.

"Die stinkende vullisberge in Pretoria se strate begin nou net soos die vullishope van Napels in Italië lyk. In Italië het Eerste Minister Sylvio Berlusconi spesiale maatreël getref om die vulliskrisis in Napels te help oplos. 

Vroeër het die VF Plus-raadslid, kol. Piet Uys, daarop gewys dat die Noodtoestand Bestuurswet `n munisipaliteit verplig om, wanneer `n noodtoestand dreig, die nodige stappe te doen om die probleem aan te spreek.

Die wet maak onder andere daarvoor voorsiening dat die stadsraad fondse, personeel, toerusting en enige ander bronne mag aanwend om 'n krisis aan te spreek.  Dit sluit in die aanstelling van tydelike personeel en aanwending van private instansies.  Dit gee byvoorbeeld die mag aan die stadsraad om die metro-polisie en ander noodwerkers tydelik in te roep om die probleem te help oplos.

Die VF Plus het gesê dat enige verdere versuim deur die ANC om alternatiewe reëlings vir vullisverwydering te tref, tot 'n ramp in die stad kan lei.  "Die feit dat die ANC passief toekyk hoe die probleem vererger, het veroorsaak dat 'n probleem wat op 'n baie vroeër stadium opgelos kon word tot 'n ernstige krisis gelei het. Hierdie is die swakste stadsadministrasie in Pretoria se geskiedenis", het Beyers bygevoeg.

винтовой и поршневой компрессор разницаФильчаков прокурор харьков

Vals alarm oor beurtkrag

ImageNadat Eskom die land Donderdagaand op hol gejaag het met dreigemente van beurtkrag vandag, het die elektrisiteitsverskaffer vandag aangekondig dat dit nie meer nodig is nie.

Blykbaar was daar tegniese probleme by sommige kragstasies wat die risiko van beurtkrag verhoog het.
Maar nou het Eskom na alles besluit om nie vandag beurtkrag toe te pas nie en ook nie oor die naweek nie. Volgens die maatskappy is verbruikpatrone oor naweke laer en daarom word daar geen noodbeurtkragmaatre"els oor die naweek verwag nie.

продажа оборудования для шиномонтажатопкарго развод

Nog etniese geweld in Kaapstad

Nog etniese geweld het naby Milnerton in Kaapstad uitgebreek waar 'n vergadering gisteraand gehou is in 'n poging om gemoedere te kalmeer. Inwoners van Du Noon het buitelanders begin aanval en ten minste een Somaliër gedood en ses ander beseer.

 

Winkels wat aan buitelanders behoort, is aan die brand gesteek en geplunder. Huis-tot-huis-deursoeking is ook op buitelanders toegepas en hul kajas aan die brand gesteek.

Die polisie beskerm tans 500 buitelandse swartes by die Milnerton-polisiestasie terwyl ander gisteraand by die Killarney-resiesbaan onderdak ontvang het.

Die burgemeesteres van Kaapstad, Helen Zille, het beveel dat alle gemeenskapsale vir buitelanders oopgestel moet word.

Die gebeure van die afgelope tyd het die nuus oral ter wêreld gehaal en Suid-Afrika in 'n negatiewe lig gestel.

липецк контрольно-измерительноеОлександр Фільчаков прокурор

Luiperd val toeris aan

'n Luiperd het 'n toeris in die Umfolozi-wildtuin in Kwazulu-Natal aangeval, is vandag bekendgemaak. 'n Woordvoerder vir die wildtuin, Jeff Gaisford, sê dat die voorval gisteraand plaasgevind het terwyl die toeris besig was om vleis te braai.
 

 

Die luiperd het die man, wie se burgerskap nie bekend is nie, van agter bekruip en hom aan sy kop gebyt. Hy verkeer tans in 'n ernstige toestand in die Richardsbaaihospitaal.

 

Agterna was daar geen teken van die luiperd nie. So 'n voorval het nog nooit tevore in die wildtuin plaasgevind nie. Creature from the Black LagoonФильчаков прокурор отзывы

Eskom melk middelklasverbruiker

ImageEskom melk die middelklasverbruiker deur alle winste van residensiële verbruikers te verhaal. So sê 'n konsultant van Forensies.com, dr. Philip Theunissen wat bekendgemaak het dat Eskom 88% van alle winste van residensiële verbruikers verhaal.
 

Residensiële verbruikers betaal 43 sent per kilowatt-uur vir elektrisiteit terwyl myne en groot nywerhede slegs 16 sent betaal. Die kosprys van elektrisiteit is min of meer 16 sent per kilowatt-uur.

 

Die uitvoer van elektrisiteit geskied egter teen ongeveer 11 sent per kilowattuur, wat ver onder die kosprys is. Met ander woorde, die residensiële verbruiker wat reeds noustrop trek as gevolg van inflasie, subsidieer sowel die groot nywerhede as die uitvoer van elektrisiteit.

 

Die meeste uitgevoerde elektrisiteit word deur De Beers en Anglo American se myne in Namibië, asook Billiton se aluminiumsmelter in Mosambiek gebruik.

 

Die uitvoerende bestuur van Eskom ontvang boonop twee keer soveel aan salaris as die gemiddeld vir genoteerde maatskappye. игри для девчатоклобановский александр биография