Rooikruis ?versorg 25000?

Die Rookruis van Suid-Afrika het vandag aangekondig dat dit 25 000 mense versorg wat oor die afgelope week in antivreemdelinggeweld dakloos gelaat is.

“Die Rooikruis help tans 25 000 mense wat in 21 liggings versprei is, hoofsaaklik in Johannesburg. Die situasie het versleg aangesien geweld nou in Durban en Kaapstad uitgebreek het,” het die Rooikruis se direkteur vir Suidelike Afrika, Françoise de Goff, gesê.

Sy meen dat diegene wat voor die aanvalle vlug, wat tot meer as 40 sterftes gelei het, reeds ‘n potensiële probleem vir hul lande van herkoms verteenwoordig.

“As ons duisende mense het wat terugkeer sal dit beslis ‘n probleem skep,” het sy gesê, en bygevoeg dat mense wat geregistreer is om die grense van lande soos Botswana en Mosambiek oor te steek oor die potensiaal beskik om ‘n “groot invloei” te veroorsaak.

“Op hierdie stadium word mense deur hul regerings verwelkom, hulle word ontvang en die Rooikruis staan hulle by. Hulle sal moet hul lewens in hul lande van herkoms hervat.

Volgens haar het die duisende vlugtelinge geen ander keuse as om te sit en wag terwyl hulle hul situasie probeer aanspreek nie.

“Sekere mense beskik oor familie tuis, ander is huiwerig en weet nie waarheen om te gaan nie. Sekere mense wil hier bly maar hulle weet nie of hulle in ‘n toestand sal kan leef wat veilig is nie.

Buitelanders uit Afrikalande word deur plaaslike swartes geteiken wat hulle daarvan beskuldig dat hulle misdaad pleeg en hulle van werke ontneem. Hulle huise word afgebrand en hulle word uit slumgebiede verdryf.

Omtrent 15 000 het na raming na Mosambiek teruggevlug en duisende meer wag op busse om hulle terug na hul lande te neem.

“Mense is bang, sommige het gesien hoe hul huise afgebrand en vernietig is, ander is weer geslaan en beseer. Die mense bevind hulle werklik in ‘n toestand van vrees. Hulle weet nie wat die toekoms inhou nie, of hulle sal kan terugkeer of bly of vertrek nie,” het De Goff gesê.

Volgens haar verskaf die Rooikruis basiese mediese sorg, voedsel en komberse aan die verdrewenes, asook sielkundige ondersteuning aan diegene wat getraumatiseer is.

free money mobile casino no depositлобановский депутат

Maak 'n opvolg-bydrae