Intelligensieminister Ronnie Kasrils het gister die erkenning gedoen. Die Vryheidsfront Plus het die koppe geëis van regeringshoofde wat versuim het om op die inligting te reageer. UDM-leier Bantu Holomisa sê president Thabo Mbeki en sy kabinet moes nie die waarskuwingstekens verontagsaam het nie.
OD-woordvoerder Haniff Goosen sê die staat moet onmiddellik optree eerder as om na die grondoorsaak te soek. DA-leier Helen Zille het die minister van finansies Trevor Manuel gestriem omdat hy haar daarvan beskuldig het dat sy die aanvalle aangevuur het.
