Tradisionele genesers glimlag al die pad bank toe

Image

Skatryk en gesog

Volgens die Vereniging van Tradisionele Genesers in Kwa-Zulu Natal het die huidige staking by staatshospitale tot ’n groot opbloei in hulle besigheid gelei.  Sazi Mhlongo, voorsitter van die vereniging, verduidelik dat mense hulle toenemend na tradisionele genesers wend, aangesien dienste by staatshospitale in die provinsie so onbetroubaar is. “Sommige van ons lede word oorval met oproepe en versoeke van kliënte wat mediese krisisse beleef,” het hy gesê. Baie genesers moes hulle spreekure verleng om meer kliënte te woord te staan en kan kwalik voorbly.

Daar word geraam dat ten minste 60% van die plaaslike swart bevolking steeds glo aan tradisionele genesers en hulle gereeld besoek. Tradisionele genesers fokus op siektes in pasiënte wat op een of ander manier aan hulle voorouers verbind kan word. Hulle stel hulle daarop in om vas te stel wat die persoon siek maak en kyk nie net na fisiese simptome nie.

 
Medisyne word gemaak van plantprodukte en geen chemiese middels word bygevoeg nie. Volgens die wet word tradisionele genesers verbied om pasiënte te laat glo dat hulle vigs, kanker en ander dodelike siektes doeltreffend kan behandel, maar dit is ’n bekende feit dat mense dikwels genesers juis oor hierdie siektetoestande gaan sien.

Die vrees vir heksery is ook nog sterk aanwesig. Baie mense gaan tradisionele genesers sien omdat hulle oortuig is dat hulle deur iemand getoor is. Hekse kan ook die gedaante van diere aanneem en sodoende bose kragte in iemand se lewe instuur. Tradisionele genesers verskaf sekere gedroogde plantmateriaal wat mense om hulle nekke kan hang om die bose geeste af te weer. Hekse is dikwels mense in jou omgewing wat jaloers is op jou sukses.

Die voorouers se toorn word gesien as die rede waarom iemand siek word. Dié persoon het iets gedoen wat die voorouers omgekrap het en word gevolglik met siekte gestraf. As iemand tradisionele gebruike verontagsaam of ouer mense nie genoegsaam respekteer nie, gee dit dikwels aanleiding tot die voorsate se ergernis. Die goddelike wese gryp nie direk in mense se lewens in nie, maar werk deur sy “agente“, oftewel die genesers.

In Suider-Afrika is daar twee soorte tradisionele genesers: diegene wat plantmateriaal gebruik om mense gesond te maak (amaxhwele in Xhosa en izinyanga in Zoeloe) asook dié wat die toekoms voorspel (amagqirha in Xhosa en izangoma in Zoeloe). Laasgenoemde kategorie besluit nie of hulle genesers wil word nie, maar word deur die voorouers aangesê om dit te doen en het dus ’n roeping in hierdie verband. Die roeping manifesteer deur drome, angstoestande of selfs waansin wat deur die voorouers gestuur word om die voornemende geneser bewus te maak van sy roeping.

Ten einde hiervan ontslae te raak en die verskillende aspekte van sy loopbaan te leer, word so ’n persoon dan toegewys aan ’n ervare geneser wat as mentor vir die nuweling optree. Swartmense gaan sien dikwels so ’n voorspeller as hulle voel Westerse mediese behandeling het nie vir hulle gewerk nie of wanneer die ongeluk op hulle toeslaan. Hierdie soort geneser gebruik drome of gooi dolosse om uit te vind wat die voorvaders van ’n situasie dink. Hulle beskik oor dieselfde plantkennis as die kategorie genesers wat net plantaardige medisyne toedien en nie ’n mistieke roeping het nie.

Moetie of tradisionele medisyne kan rooi, swart of wit wees. Swart en rooi medisyne verdryf bose elemente en versterk die individu teen verdere “aanvalle.” Sogenaamde wit medisyne laat goeie gesondheid terugkeer. Die gebruik van hierdie drie soorte moetie verseker dat die individu weer in harmonie met sy omgewing verkeer.

Daar word geskat dat daar tans sowat 200 000 genesers in die land is. Die bedryf se omset word op R250 miljoen per jaar geskat.

купить пазллобановский александр игоревич

Internetgebruik in Suid-Afrika neem dramaties toe

Ten spyte van die hoë koste verbonde aan breëband was daar die afgelope twee jaar ’n toename van 120% in Internetgebruikers in Suid-Afrika. Die syfer het toegeneem van 1,8 miljoen in 2005 tot 3,9 miljoen gebruikers in 2007.

Volgens Matthew Buckland van die Aanlyn-uitgewersvereniging is die groei “fenomenaal.“ Engels word gebruik deur 52% van plaaslike gebruikers (2,10 miljoen), gevolg deur Afrikaans met 28% (1,11 miljoen). Sowat 36% van die Internetgebruikers is tussen 25 en 34 jaar oud, gevolg deur 35% tussen die ouderdomme van 35-49. 54% Van alle plaaslike gebruikers is mans, teenoor 45% vrouegebruikers.

Wat ook interessant is, is dat Suid-Afrika derde op die wêreldlys is van lande wat die Internet deur middel van hul selfone gebruik. Die Verenigde Koninkryk is eerste, gevolg deur die VSA, Suid-Afrika, Indië en Indonesië.

’n Kwart van Afrika se Internetgebruikers bevind hulle in Suid-Afrika. Telkom-landlyne verteenwoordig tans 39% van die totale telefoonverbindings op die vasteland.

автоматическая насоснаятопкарго отзывы

Mugabe se gulsigheid ken geen einde nie

Image

Gulsige Bob

Die Zimbabwiese regering het gister ’n nuwe wetsontwerp voorgestel ingevolge waarvan swart Zimbabwiese burgers ’n 51% aandeel in openbare maatskappye sal bekom.

Dit is nog nie seker hoe privaat maatskappye geraak sal word nie. Buitelandse beleggers beheer tans verskeie Zimbabwiese firmas, veral in die mynbedryf. Die regering oorweeg hier skynbaar ’n ander vorm van bemagtiging. Verlede jaar het vele van die plaaslike mynbase gewaarsku dat hulle hul deure sal sluit indien Mugabe poog om die myne oor te neem.

Sommige van die firmas wat op beide die Zimbabwiese en Londense effektebeurse gelys is, sluit Hwange, NMB-bank en Ou Mutual in. Van die firmas wat waarskynlik deur die nuwe beleid geraak gaan word, sluit Barclays, Bindura Nickel Corporation en Rio Zim in.

Volgens die wetsontwerp word “inheemse Zimbabwiërs“ gedefinieer as persone wat voor 1980 “benadeel is deur onregverdige diskriminasie gebaseer op ras en sulke persone se nasate.” Die wetsontwerp maak dit duidelik dat geen nuwe belegging goedgekeur sal word indien “inheemse Zimbabwiërs” nie die beherende aandeel het nie. Regeringsdepartemente sal voortaan ook 51% van hulle aankope moet doen by besighede waarin Zimbabwiërs die botoon voer.

Met werkloosheid geskat op nagenoeg 80% en die inflasiekoers wat tans rondom 4 500% huiwer, gaan die nuutste aankondiging beslis net bydra tot die verdere agteruitgang van die Zimbabwiese ekonomie.

 

станции водоснабженияФильчаков прокурор харькова

Noord-Kaap se gesondheidsdepartement stort in duie

Die provinsiale gesondheidsdepartement van die Noord-Kaap word tans deur die plaaslike tesourie en die kantoor van die eerste minister geadministreer. Dit volg op jare van nepotisme en korrupsie.

Volgens die waarnemende LUR vir gesondheid in die Noord-Kaap, Gomolemo Lucas, gaan “verstandige finansiële stelsels“ vir die department geskep word. Hy het toegegee dat daar verskeie wanpraktyke in die tenderproses die afgelope paar jaar plaasgevind het. Lucas se uitsprake bevestig die ouditeur-generaal se bevindinge van laas jaar. Die OG het naamlik op ’n hele klomp onreëlmatighede in die departement se finansiële bestuur afgekom. Probleme is toegeskryf aan onbekwaamheid en ook aan korrupsie.

Gedurende die 2005/2006 finansiële jaar is ’n ongespesifiseerde aantal gesondheidsdiensamptenare in die Noord-Kaap afgedank weens pogings om die departement van R1,7 miljoen te beroof deur bankbesonderhede van ’n verskaffer te verander en die geld in hul eie privaat rekeninge te laat inbetaal.
 
Die ouditeur-generaal het egter die aankoopprosedure van die department die meeste gekritiseer. So het die departement byvoorbeeld kospakkies ter waarde van R1,8 miljoen aangekoop sonder om enige tenders uit te reik. Alle aankope van meer as R200 000 is volgens regulasies veronderstel om deur middel van tenders besleg word.
 
Sommige maatskappye wat vir tenders aansoek gedoen het, bestaan nie. In party gevalle is tenders van ”kompeterende maatskappye” vanaf die maatskappy wat die tender suksesvol behaal het, se faksmasjien af gestuur.
 
Die bestuur van medisyne in die departement se besit is nog ’n probleemarea. Geen maatreëls word getref om medisyne waarvan die vervaldatum verstryk, te vervang nie. Klinieke se voorraad word ook nie altyd aangevul nie.
 
Volgens Gareth Morgan, die Demokratiese Party se segsman oor gesondheidsaangeleenthede, behoort ander provinsiale gesondheidsdepartemente ook ondersoek te word. In die Limpopo-provinsie vind onreëlmatighede ten opsigte van tenders ook plaas, nuutgeboude geboue val uitmekaar en hospitale hou nie rekord van hul voorraad nie. In die Vrystaat weer is daar verskeie onvoltooide bouprojekte en uitstaande pasiëntskuld ter waarde van R147 miljoen.

машины на пульте управленииФильчаков прокурор харьков

Die Lindela-debakel

Image

Gaste van Lindela

Die nuwe direkteur-generaal van die departement van binnelandse sake, Mavuso Msimang, het Woensdag teenoor die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (SKOOR) toegegee dat die departement se kontrak met die maatskappy wat die Lindela-repatriasiesentrum naby Krugersdorp bestuur, “’n bedrogspul” is.

“Dit is nie ’n goeie kontrak nie. Ons gaan dit definitief volgende jaar hersien om te kyk of dit nie verbeter kan word tot voordeel van die departement nie,“ het Msimang erken.

Die kontrak is opgestel met Leading Prospects Bpk, wat die sentrum namens die departement bestuur. Die dokument is só opgestel dat die departement slegs voordeel trek wanneer die sentrum optimaal benut word. Volgens Msimang is die deparement se doelwit om die getal onwettige immigrante in die land te verminder.

Daarom maak die kontrak nie sin nie, want die departement behoort nie voordeel te trek uit die feit dat daar meer onwettige immigrante in die sentrum aangehou word nie. Volgens die kontrak betaal die departement R80 per dag per aangehoudene aan Leading Prospects Bpk, met die aanname dat daar maandeliks 3 250 persone by die sentrum aangehou word.

Selfs al word daar minder persone aangehou, is die departement egter steeds verplig om dieselfde bedrag te betaal. Oor die afgelope paar jaar het die aantal persone wat by Lindela aangehou word, gedaal tot sowat 1 500 per maand.

SKOOR het die departement beveel om binne die volgende twee weke die name van alle direkteure en aandeelhouers van Leading Prospects Bpk aan die komitee voor te lê. Daar word tans gespekuleer dat sommige van die aandeelhouers prominente politici is.

Leading Prospects Bpk het ’n kontrak van tien jaar met die departement van binnelandse sake.

 

 

 

бланк справки для бассейнаОлександр Васильович Фільчаков

Vroue m??t baat by grondhervorming

Image

Lulu Xingwana

Minister Lulu Xingwana het Dinsdag grond ter waarde van R1 miljard aan vier gemeenskappe in Mpumalanga oorhandig. Tydens die seremonie het sy gesê dat vroue moet baat vind by grondhervorming. Sy het altesaam 32 hektaar grond oorhandig aan die gemeenskappe van Lugedlane, Siboshwa, Hhoyi and Mbambiso wat in 1954 onteien is.

“Ons loof die vier stamhoofde en die gemeenskap wat ’n eis ingedien het om hulle grond terug te kry,“ het sy gesê. Sy het verder benadruk dat alhoewel die grond teen markverwante pryse teruggekoop is, die regering nie sal huiwer om grond te onteien as die regering en spesifieke grondeienaars nie tot ’n vergelyk kan kom nie. Daar sal onder geen omstandighede vir langer as ses maande meer met eienaars onderhandel word nie.

 

Volgens Xingwana is daar 5 279 grondeise uitstaande en sommige sal nie teen 2008 (president Mbeki se sperdatum) afgehandel wees nie.

casino games 21Фильчаков Харьков

Kom bel? in die paradys

Image

Joseph Kabila

President Joseph Kabila van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) het Vrydag ’n groep Suid-Afrikaanse sakemanne toegespreek en ’n rooskleurige prentjie van sy land aan hulle voorgehou.

Hy het toegegee dat veiligheid nog ’n probleem in die ooste van die land is, maar het gesê die probleem word aangespreek. “Wanneer die besigheidsgemeenskap van Suid-Afrika en elders na die DRK kom, gaan julle nie ’n klomp rewolusiestokers ontmoet nie, nee, julle gaan wettige, demokratiese instellings ontmoet,” het hy aan die Suid-Afrikaanse-DRK-forum gesê. “Politieke risiko’s bestaan nie meer nie.” Hy het die versekering gegee dat staatsinstansies stabiel en demokraties gaan bly “vir ’n baie lang tyd.” Volgens hom sal niemand aan die grondwet peuter ten einde ’n derde of vierde mandaat te bekom nie. “Die DRK is ’n veranderde land. Die DRK is reg om u te ontvang. Kom en belê … die geleenthede is daar.“

“Die klein probleempies wat ons het, is min of meer stroompies in vergelyking met die riviere wat ons oorgesteek het,” het die Kongolese president sy gehoor ingelig. President Thabo Mbeki het by hom aangesluit en gesê die DRK verteenwoordig “’n goeie besigheidsgeleentheid.“

Sowat vier miljoen mense is die afgelope paar jaar in die DRK dood tydens die konflik wat die land geteister het. Tans is daar sowat 2 000 Suid-Afrikaanse soldate wat in die Verenigde Nasies se vredesmag van 17 600 man dien. In die ooste van die land swaai 10 000 Rwandese Hutu’s nog die septer. Jean-Pierre Bemba, Kabila se belangrikste politieke mededinger, verkeer tans in ballingskap in Portugal. Hy het op 11 April die DRK verlaat ná hewige gevegte tussen sy ondersteuners en regeringstroepe en nadat hy drie weke lank in die Suid-Afrikaanse ambassade geskuil het.

casino sign upДанильченко Юрий Брониславович компромат

Afrikaleiers vol vertroue

Image

Joseph Kabila

Joseph Kabila, die 36-jarige staatshoof van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK), is gister met sy aankoms by die parlement in Kaapstad met ’n rooi tapyt en geweersaluut begroet. Daarna is hy na Tuynhuis geneem vir samesprekings met president Thabo Mbeki.

Ná die bilaterale samesprekings het Kabila die parlement (in Frans) toegespreek. Hy is van mening dat Suid-Afrika en die DRK ekonomiese groei in Afrika kan aanvuur. Hy het ’n beroep op verbeterde samewerking tussen die twee lande gedoen. Daarna het hy verduidelik dat sy regering tans probeer om aan verskeie sake in die DRK aandag te gee: die landbousektor, mynwese en die bou van paaie, hawens en lughawens.

Sowat vier miljoen mense het die afgelope paar jaar in die konflikgeteisterde land die lewe gelaat.

Vandag sal Kabila en Mbeki deelneem aan die DRK-Sakeforum voordat Kabila na die Noordwes-provinisie vertrek vir ’n kort besoek.

Intussen het Moammar Khaddafi en Robert Mugabe Woensdag in Tripoli vergader en ooreengekom dat die Afrika-unie met sy 53 state in ’n federale regering omskep moet word wanneer Afrika-staatshoofde van 1-2 Julie in Akkra, Ghana, vergader.

Khaddafi is lankal ’n ondersteuner van die skepping van ’n Verenigde State van Afrika-konsep, wat volgens hom Afrika se 800 miljoen inwoners in staat sal stel om van “Westerse kolonialisme” ontslae te raak. Die vergadering in Ghana sal 50 jaar ná Ghana die eerste Afrika-staat geword het om onafhanklikheid te verwerf, plaasvind en is dus van simboliese belang.

Die twee leiers wou nie sê watter ander onderwerpe tydens die gesprek gedek is nie. Dit is egter bekend dat Zimbabwe petrol van Libië ontvang het, ingevolge ’n lening van 360 miljoen Amerikaanse dollar. Zimbabwe sou dan deel van die lening terugbetaal deur landbouprodukte aan Libië te lewer, maar die ooreenkoms het in 2002 platgeval aangesien Zimbabwe nie sy deel van die ooreenkoms kon nakom nie. Zimbabwe se inflasiekoers staan tans op 3 700%, die werkloosheidsyfer op 80% en daar is ’n chroniese tekort aan voedsel en petrol.

станции италияФильчаков прокурор отзывы

Huurarbeiders se grondregte

Image

Dikgang Moseneke

Die konstitusionele hof het vir die eerste keer besluit dat individue se rassistiese praktyke, met betrekking tot die verwydering van gekleurde persone van grond, ’n geldige grondeis tot gevolg kan hê. Dit bring mee dat nie net rassistiese wette van die ou regering bewys moet word voordat gemeenskappe grond kan terugeis nie.

Verlede week is uitspraak gelewer ten gunste van ’n groep huurarbeiders (bekend as die Popela-gemeenskap). Hulle het op die plaas Boomplaas in die Moketsi-distrik in die Limpopo-provinsie gebly toe die eienaar in 1969 hulle dienste as huurarbeiders gestaak het. Die wet wat die stelsel van huurarbeiders op plase verbied, is eers in 1970 aanvaar. Dit is hoekom die Popela-groep se grondeis op Boomplaas, wat nou ’n suksesvolle vrugteplaas is genaamd Goedgelegen Tropical Fruit, in die grondeisehof en ook die appèlhof misluk het. Die howe het naamlik besluit dat die gemeenskap nie deur ’n rassistiese regeringswet verjaag is nie, maar deur ’n individu.

Die konstitusionele hof het egter nou in hulle guns beslis. Die gemeenskap het die keuse om die grond terug te eis of ten volle vergoed te word. Adjunk-hoofregter Dikgang Moseneke het die uitspraak gelewer.

Die Popela-groep het die hof gevra om die grond waar hulle huise was, asook die onmiddellike omgewing en die area wat hulle gebruik het vir weiding en ploegdoeleindes, aan hulle terug te gee.

Moseneke het daarop gewys dat dit hier nie net gaan oor ekonomiese regte om ’n stuk land te kan beploeg en te laat bewei nie, maar dat hierdie mense ook reg op die land gehad het omdat hulle kinders daar gebore is en bejaardes daar begrawe is.

Indien geen ooreenkoms deur die eienaars van Goedgelegen en die Popela-groep bereik kan word nie, sal die saak na die grondeisehof terugverwys word.

Sondagaand het die inwoners hulle vreugde oor die konstitusionele hof se besluit te kenne gegee op SABC 2 se televisienuus. “Nou kan ons heeldag ploeg en die bokke hierheen bring,” het ’n tandelose bejaarde opgemerk.

автоматическое зарядное устройствоtopcargo развод

Mufamadi soek ?gebalanseerde groei?

Op alle regeringsvlakke moet daar gestreef word na meer gebalanseerde groei, aldus minister Sydney Mufamadi, wat gister ’n konferensie van plaaslike regeringsverteenwoordigers toegespreek het. Volgens Mufamadi is dit nie volhoubaar dat die regering se grootste bron van belastinginkomste uit ’n klein geografiese area kom, terwyl die res van die land se inwoners van welsyntoelaes leef nie.

Daar is tans 284 munisipaliteite, maar meer as 80% van industriële produksie is afkomstig van “ses metro’s en twaalf sekondêre stede.” Dit is onaanvaarbaar en beteken dat die land op ”’n kruitvat” sit. Hy meen mynwese in Limpopo en die Noordwes behoort gebruik te word om meer gebalanseerde ontwikkeling in hierdie plattelandse areas te skep.

Mufamadi se departement van provinsiale en plaaslike regeringsake beplan om vanjaar R32 miljard aan munisipaliteite te skenk, maar die minister meen dat munispaliteite moet begin om meer van hulle eie inkomste te genereer. Hy glo verder daar moet beter kommunikasie tussen munisipale owerhede en inwoners wees. ”Dit sal vir ons beter wees om meer tussen mense te verskyn as op TV.”

Mufamadi wou hom nie uitlaat oor die moontlikheid dat die huidige getal provinsies dalk verminder gaan word nie.все персонажи мультфильмовtopcargo отзыв