Onderhandelings by die kommissie vir konsiliasie, bemiddeling en arbitrasie tussen Satawu en die padvervoerwerkgewersvereniging (RFEA) was onsuksesvol, het RFEA gesê.
As gevolg daarvan sal die staking waarvan Satawu kennis gegee het Dinsdag om 1uur die middag begin, het FREA op sy webwerf gesê. Satawu was nie beskikbaar vir kommentaar nie.
RFEA het gesê slegs Satawulede mag aan die staking deelneem.
Die brandstofverspreider Engen het Maandag gesê dat hulle noodplanne gereed het indien die staking sou voortgaan.
“Dit sal verseker dat die staking ‘n minimale effek het op ons kliente,” het maatskappywoordvoerder Bulelwa Payi gesê.

Die ANC in KwaZulu-Natal gaan Maandag by Durban se Curries Fountain Stadion fees vier nadat die NV aangekondig het dat die aanklagte teen ANC-persident Jacob Zuma laat vaar is.