Buthelezi vry na Indi?rstemme

Die IVP-president, prins Mangosuthu Buthelezi het vandag eer gebring aan Suid-Afrika se Indiërgemeenskap as uitblinkers in selfhelp en selfonderhoudendheid, terwyl hy benadruk het dat sy party en die Indiërgemeenskap ook ‘n toewyding aan familiewaardes, geloof en tradisie deel.

“Terwyl ek nie in die strik wil trap deur te praat van enige gemeenskap as ‘n homogene eenheid nie, is dit my vurige oortuiging dat die IVP, meer as enige ander party die aspirasies en essensiële karaktereienskappe van die Indiërgemeenskap reflekteer,” het prins Buthelezi aan ‘n oorwegend Indiër gehoor gesê tydens sy verkiesingsveldtog in Merebank.

Die prins het die IVP se grondslag in sterk families, geloof, tradisionele waardes, tesame met die tweeledige beginsel van selfhelp en selfonderhoudendheid benadruk.

“Ek weet byvoorbeeld dat die uitgebreide familie in die Indiërgemeenskap waarskynlik die rede is hoekom baie jong Indiërs ‘n tersiêre opleiding kan ondergaan en hulleself verbeter, selfs toe die Indiërgemeenskap voorheen agtergeblewe was,” het prins Buthelezi gesê.

кухни цены украинаФильчаков прокурор отзывы