Volgens hom is die Nieu-Seelanders in vorige wedstryde daarvoor gestraf maar dié keer het die skeidsregter anderpad gekyk.
De Villiers meen die Springbokke sal moet oorweeg om soms ook onwettige metodes te gebruik.
Suid-Afrikaanse nuus, d.w.s. sowel nuus uit Suid-Afrika én Suider-Afrika.
Die Suid-Afrikaanse rugby-afrigter Peter de Villiers het die All Blacks van onwettige skrumtegniek beskuldig.
Volgens hom is die Nieu-Seelanders in vorige wedstryde daarvoor gestraf maar dié keer het die skeidsregter anderpad gekyk.
De Villiers meen die Springbokke sal moet oorweeg om soms ook onwettige metodes te gebruik.
Die Wesrandse polisie het 'n man gister in Kagiso in hegtenis geneem omdat hy in die besit van 126 gesteelde selfone was.
Inspekteur Solomon Sibiya het gesê dat speurders van die Kagiso-tak gereageer het op 'n wenk van lede van die publiek dat die man besig was om selfone in uitbreiding 12 te verkoop.
Die meeste van die selfone is mee gepeuter en was nie op die man se naam geregistreer nie.
Die beweerde dief sal vandag in die Krugersdorpse landdroshof op 'n klag van die onwettige besit van gesteelde goedere verskyn.
Nuwe verslae van skietery en misdadige gedrag het na verlede week se messtekery van 'n ANC-streeksorganiseerder na vore gekom.
Die twee mans wat Mpho Madevu verlede Dinsdag gesteek het, is nou in die hospitaal waar hulle vir skietwonde behandel word.
'n Woordvoerder vir die Noordwespolisie, Pieter du Plessis sê poging tot moord word ondersoek.
'n Provinsiale ANC-woordvoerder Oupa Matla sê hy kon nie die skietvoorvalle bevestig nie.
Hy het egter verwys na twee nuwe voorvalle in Schweizer-Reneke waarin ANC-lede aangerand is.
Die Washington Post beweer dat Robert Mugabe geglo het dat hy die presidentsverkiesing op die middag van 30 Maart verloor het en dat hy die volgende dag van die mag sou afstand doen.
Die inligting is vervat in geskrewe notas van een deelnemer aan die vergadering.
Twee ander mense met direkte kennis van die gebeure het die geskrewe inligting bevestig.
Zimbabwe se militêre hoof, generaal Chiwnga, het geantwoord dat die besluit om te gaan nie van Mugabe alleen afhang nie.
President Thabo Mbeki het voorgestel dat Morgan Tsvangirai eerste minister word maar dat Robert Mugabe as Zimbabwe se staatshoof aanbly, berig die Guardian vandag.
Mbeki het Mugabe Saterdag in Harare ontmoet. Tsvangirai het egter nie die vergadering bygewoon nie.
Daar word verwag dat die G8-lande stappe teen Zimbabwe gaan bespreek vanweë geweld wat teen opposisie-ondersteuners gebruik is.
Die VSA hoop dat die vergadering van wêreldleiers in Japan Mugabe skerp sal veroordeel en die wettigheid van sy regering sal bevraagteken.
Eise vir streng sanksies teen Zimbabwe klink al hoe harder op.
Reeds het die Britse supermarkgroep Tesco besluit om die land te verlaat nadat die Duitse maatskappy Giesecke & Devrient besluit het om nie langer papier vir die land se banknote te verskaf nie.
Standard Chartered, Barclaysbank, British American Tobacco, BP, Anglo American, Rio Tinto en Falgold is almal by Zimbabwe betrokke.
Die Amerikaanse maatskappye Chevron, Coca Cola en die Kanadese onderneming Bata-skoene doen ook almal sake in die land.
Skuiwe om die land te isoleer mag uitgebrei word na sport met die Internasionale Krieketraad wat daaroor debatteer of hulle Zimbabwe van internasionale mededinging moet uitsluit.
Die Britse minister van buitelandse sake, David Miliband, wat tans op besoek aan Suider-Afrika verkeer, het gesê dit was dringend noodsaaklik om 'n oplossing vir die Zimbabwe-krisis te vind.
Hy het 2 000 vlugtelinge in Johannesburg ontmoet.
Miliband het ook 'n beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om die Amerikaanse sanksies teen Zimbabwe te ondersteun.
Miliband se besoek volg op Mbeki se besoek aan Harare 'n dag vroeër om samesprekings oor 'n regering van nasionale eenheid van stapel te stuur.
'n 27-jarige man van Benoni is doodgeskiet toe hy sy hande gaan was het by die Leeuparkrestaurant in Muldersdrift. Die voorval het gister by die park plaasgevind met omtrent 1600 besoekers by die park en byna 100 mense in die restaurant.Agt rowers het die park omstreeks 14:30 binnegekom, waarvan vier met 9mm-pistole gewapen was.
Die slagoffer Kurt Dieter Huppe se swanger vriendin en haar dogter het elders in die restaurant op hom gewag.
Volgens die bestuurderes van die Leeupark, het die rowers die totale opbrengs van die park, die winkel en die restaurant vir die dag geneem. Sekere restaurantgangers is ook van persoonlike besittings beroof.
Die Suid-Afrikaanse regering het 'n anti-kinderpornografiewebwerf geloods, wat die eerste inisiatief van dié aard in Afrika is.
Die doel van die noodlyn is om die verspreiding van kinderpornografie en seksuele molestering deur die internet te verhoed.
Die webwerf laat internetgebruikers toe om pornografie met kinders en seksuele molestering op die net aan te meld en aan die kaak te stel.
Selfs webwerwe buite Suid-Afrika kan ook aangemeld word.
Alle inligting sal met die uiterste vertroulikheid gehanteer word.
En in Nieu-Seeland is televisiekykers, waaronder kinders, weens 'n "stelselfout" aan pornografie blootgestel.
Kykers wat die naweek op televisie na 'n plaaslike rugbywedstryd gekyk het, het skielik ander vermaak te sien gekry.
In plaas van bonkige rugbyspelers was daar vir byna vier minute lank ongestoord 'n paar kronkelende naakte liggame op die skerm. Dit berig die Vlaamse dagblad Het Laatste Nieuws.
As gevolg van "'n fout in die sisteem" is die rugby-uitsending onderbreek en 'n streep harde pornografie uitgesaai.
Baie ouers het verontwaardig gereageer en die televisiestasie woedend opgebel, want baie kinders het ook na die rugby gekyk. "My agtjarige seun het sy onskuld verloor", het 'nvader gesê. Die televisiestasie het om verskoning gevra.
Spanning het hoog geloop en buitelanders het gekla dat hulle almal Afrikane is.
Aansoekers word lukraak elke dag uit die skare gekies wat die ander rasend maak as hulle nie uitverkies word nie.
Die woordvoerder vir die departement van binnelandse sake, Siobhan McCarthy het aan die Citizen-koerant gesê dat hulle 'n merkbare toename in die getalle sien.