Lonmin-baas skielik ongesteld

Lonmin het in ‘n verklaring gesê die maatskappy se uitvoerende hoof is ongesteld.

Die verklaring oor Ian Farmer se gesondheid kom te midde van berigte dat talle mynwerkers tydens ‘n skietery met die polisie in Marikana in die Noordwes gesterf het.

Luidens die verklaring is die uitvoerende hoof van die maatskappy tans in die hospitaal nadat ‘n “ernstige ongesteldheid” by hom gediagnoseer is.

‘n Skietery het Donderdagmiddag tussen polisiebeamptes en stakende mynwerkers uitgebreek.

‘n Verslaggewer van Sapa sê hy het 18 lyke langs die nabygeleë Wonderkop-plakkerskamp gesien. Die amptelike dodetal en aantal mense wat gewond is, moet nog bevestig word.

Die skietery het ontstaan toe polisiebeamptes die stakers, wat op ‘n koppie byeengekom het, uitmekaar wou jaag. Beeldmateriaal van die skietery wat op die SAUK vertoon is, wys die polisie wat eerste op die stakers losbrand nadat hulle traangas tussen die stakers gooi.

Dit toon die polisie wat die noodlottige skietery provokeer wat uiteindelik op ‘n massaslagting uitloop.

Volgens die nuusagentskap sal die polisie later ‘n inligtingsessie vir die media oor die voorval hou.

Politieke partye het intussen daarop aangedring dat ‘n dringende ondersoek na die skietery gehou moet word.

Jackson Mthembu, woordvoerder vir die ANC, sê daar moet vasgestel word wat die konfrontasie tussen die polisie en die stakers veroorsaak het.

Mthembu sê die voorval het die party geskok.

“Ons is almal baie hartseer oor die geweld wat ons op die televisie gesien het,” het hy gesê.

Die woordvoerder het bygevoeg dat “hierdie onwettige stakers van dag een af gewelddadig was.”

“Maar, ons is nie hier om enige party te konfronteer nie… want ons het geen inligting nie.”

Die ANC sê werkers mag vir hul regte veg, maar nie ten koste van mense se lewens nie.

лобановский александр компромат

Lonmin, die nuwe Sharpville

‘n Poging deur die polisie om Donderdag stakende werkers by Marikana se Lonminmyn te verwilder, het in ‘n skietgeveg tussen die twee groepe geëindig.

‘n Sapa-verslaggewer op die toneel het gesê dat hy 18 liggame langs die nabygeleë Wonderkopplakkerskamp getel het. Die skietery het sowat drie minute geduur.

Die polisie het probeer om ‘n gedeelte van die stakers op die spits van ‘n koppie te stop. Vroeër is berig dat die stakers se vroue ook by hulle aangesluit het.

Die stakers is het pangas geswaai en oorlogsliedjies gesing. Die polisie het traangas gebruik en daana ‘n waterkanon teen die stakers, wat met lewendige ammunisie teen die polisie teruggeslaan heti.

Die gebied rondom die berg, wat die stakers as hul basis gebruik het vir die afgelope paar dae, is afgesper met doringdraad.

Die stakers het na die plakkerskamp en die nabygeleë veld gevlug.

Polisiewoordvoerder kaptein Dennis Adriao het aan joernaliste op die toneel gesê die polisie was “takties” in hul benadering en dat die situasie gespanne is.

Александр Фильчаков

Waar’s die derde man?

Die bestuurder van Kaizer Chiefs, Bobby Motaung en ‘n direkteur van Lefika Emerging Equity, Herbert Theledi, is in die hof in Nelspuit aangekla van vervalsing en bedrog met die bou van die Mbombela Wêreldbeker sokkerstadion.

Aanhangers van Kaizer Chiefs drom saam buite die hof om hulle steun aan Motaung te betoon.

‘n Derde beskuldigde, Chris Grib, wat die uitvoerende hoof is van Lefika, was nie in die hof teenwoordig nie. Hy het klaarblyklik reeds die land verlaat.

Lefika het na bewering bedrog gepleeg om die tender te bekom om die stadion van ‘n miljard rand te bou.

Donderdagoggend, buite die hof, is anti-Motaung slagspreuke vertoon.

‘n Groot foto van die Mbombela munisipaliteit se speaker, Jimmy Mohlala, is deur een van die betogers gedra.

“Wie het Jimmy vermoor?”

Mohlala is vermoor in Januarie 2009, nadat hy na bewering die fluitjie oor korrupsie wat verband hou met die Mbombela-stadion ooreenkoms geblaas het. Hy was besig om kriminele klagtes te lê toe hy vermoor is.

Mohlala se moordenaars is nog nie gevind nie nadat die aanklagte teen vyf beskuldigdes in die saak teruggetrek is in Januarie.

 

лобановский александр отзывы

Oproer by Marquard

Die huis van ‘n raadslid en nog ‘n huis is tydens betogings in die Moemaneng-township naby Marquard in die Oos-Vrystaat afgebrand.

‘n Munisipale tenkwa is beskadig en ‘n voertuig wat meel vervoer het is gesteel.

Die polisie sê een persoon is in die hospitaal opgeneem, en ‘n verdagte is in hegtenis geneem.

Die betoging het uitgebreek ná die gemeenskap onder die indruk gekom het dat die LUR vir koöperatiewe regering, Olly Mlamleli hulle oor dienslewering-griewe sou toespreek, maar dit nie gebeur het nie.

‘n Polisiewoordvoerder, Phumelelo Dlamini sê die situasie is onder beheer.

топкарго развод

Tshwane-behuising ‘n skande

“Die toestand van Tshwane Metro behuising wat aan inwoners uitverhuur word, is skandalig”, sê Philip van Staden, VF Plus raadslid in die Tshwane metro.

Volgens Van Staden woon huurders in haglike omstandighede. ” Verskeie raadshuise, woonstelle en koshuise val letterlik uitmekaar. Die metro wend geen poging aan om enige herstel – of opknappingswerk te doen nie. Die huurders moet maar net eenvoudig met die haglike omstandigehede tevrede wees”.

Van Staden, wat op die metro se Behuisingskomitee dien, sê raadsbehuising in onder andere Booysens, Claremont, Cullinan en Bronkhorstspruit val uitmekaar en in baie gevalle is dit selfs gevaarlik vir inwoners.

“Dit is geen wonder dat meeste van dié huurders weier om huurgeld te betaal nie. Die raad kom nie sy deel van die dienskontrak na nie”, sê Van Staden.

Volgens Van Staden is daar diep krake in die mure en plafonne van geboue in Booysens en Claremont, terwyl behuising in Cullinan en Bronkhorstspruit erger as varkhokke lyk.

Vroeër die week, tydens ‘n Behuisingskomitee-inspeksie in Cullinan, het Van Staden heftig gereageer oor die raad se onvermoë om geboue in stand te hou. “Hoe moet die raad verwag huurders moet betaal as die raad nie ‘n vinger die afgelope paar jaar verroer het om geboue behoorlik in stand te hou nie.”

Die VF Plus is van mening dat die raad dringend tot aksie moet oorgaan om hierdie probleem op te los.

Фильчаков прокурор харьков

Vat TUT-studente vas!

Die VF Plus in Pretoria doen ‘n beroep op die bestuur van die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) en die SAPD om oproerige studente vas te vat by die akademiese instelling.

Dit volg nadat oproerige studente gister die ingang na die TUT Pretoria-wes kampus met brandende motorbande versper het omrede hulle ontevrede is oor ‘n tekort aan geldelike steun vanaf TUT.

Die leier van die VF Plus in Pretoria, Raadslid Philip Van Staden, het in reaksie op die gebeure gesê dat hierdie oproerigheid nie geduld mag word nie. “Terwyl dit noodsaaklik is dat studente finansiële ondersteuning ontvang, is dit verkeerd vir studente om geweld en misdaad te gebruik om TUT te dwing om gehoor te gee aan kwessies. Die afgelope 18 jaar het die regering ‘n voer-kultuur onder sy aanhangers geskep, terwyl die bemagtiging van hierdie mense, om selfstandig te wees, agterweë gebly het”, sê Van Staden.

Volgens Van Staden is die gebeure by TUT ‘n bewys dat die voer-kultuur van die regering besig is om sy tol te eis. “Die persepsie dat geweld die Staat kan forseer om geldelike steun te bied, wys daarop dat hierdie mense nie sonder hulp van die Staat kan klaarkom nie en gewoond is daaraan dat die Staat sal help”.

Van Staden het dit ook beklemtoon dat behoorlike wet en orde weer toegepas moet word en dat die land reeds in ‘n revolusionêre staat verval het.

“Suid-Afrika brand en dit gebeur as wet en orde nie behoorlik toegepas word nie. Oproeriges moet behoorlik vasgevat word en daar moet opgehou word om hulle hul sin elke keer te gee.”

Олександр Васильович Фільчаков

Temperatuur styg by Lonmin

Ses mense is in hegtenis geneem ná gewelddadige betogings by Lonmin se Marikana-platinummyn, het die polisie in Rustenburg Donderdag gesê.

“Hulle is vir verskeie voorvalle van intimidasie in hegtenis geneem,” het lt.genl. Zukiswa Mbombo gesê.

Die polisie het die mense is tussen Maandag- en Woensdagaand in hegtenis geneem. Die verdagtes sal Donderdag in die hof verskyn.

Mbombo het Donderdag gesê die polisie wil ‘n einde bring aan die geweld in die gebied.

“Ons gaan vandag [Donderdag] hierdie mense uiteenjaag.”

Sy sê hulle beplan om hulle vreedsaam te laat verdaag, maar het nie gesê wat die polisie beplan indien die groep hulle teen die polisie se optrede verset nie.

‘n Groep mans wat met knuppels, ysterpale en knopkieries gewapen was, het Donderdag bo op ‘n heuwel in Wonderkop naby die myn bymekaar gekom.

Hulle weier om te beweeg voor hul salarisse na R12 500 ‘n maand verhoog word.

Данильченко Юрий Брониславович Харьков

Koerant vra verskoning oor Malema se geldsake-berig

The Times-koerant moes Donderdag ‘n verskoning aan Julius Malema, die voormalig leier van die ANC-jeugliga, op sy voorblad publiseer.

Dit volg ná ‘n beslissing deur die persombudsman teen ‘n berig wat in Oktober gepubliseer is.

Die berig, “Malema on the ropes”, het op 31 Oktober gelui dat ‘n polisieondersoek in Malema se finansies “so goed as afgehandel is”.

Die persombudsman het bevind dat die koerantberig artikel 1.1 van die perskode (regverdigheid en akkuraatheid) oortree het en artikel 1.4 (bevestiging) en artikel 1,5 (verkryging van kommentaar) twee keer oortree het.

“The Times wil hierdie foute graag regstel,” het die koerant gesê en het bygevoeg dat hy in daardie tyd probeer het om kommentaar van Malema en sy woordvoerder, Floyd Shivambu, te kry.

Die koerant sê die storie is geskryf “op grond van bronne wat voorheen baie betroubaar was”.

Die ombudsman sê die feit dat daar verskeie ondersoeke was in Malema se handelinge word nie betwis nie, maar die koerant het onakkuraat berig oor daardie ondersoeke deur te sê dit was “so goed as afgehandel”.

Malema het aan The Times gesê: “Ek is tevrede met die beslissing en dat The Times dit nagekom het.”

topcargo отзывы сотрудников

Veediewe steel na hartelus

G’n wiele teen veediewe nie, ondanks R80miljoen se begroting!. Veediewe kan in die Vrystaat steel en slag soos hulle wil want polisiebeamptes van die veediefstaleenhede sit, ondanks ‘n polisiebegroting van R80 miljoen, sonder voertuie agter hul lessenaars gestrand.

Só word in landbou- en polisiekringe gesê oor die voortslepende veediefstalprobleem in die provinsie. Die beswaardes sê die polisiebegroting word nie reg aangewend nie.

Weens die voertuigtekort meld talle boere nie eens meer veediefstalle by die 11 veediefstaleenhede aan nie.

Van die boere probeer nou maar alleen werk maak van die probleem. Onlangs is Johann Neethling (56), ‘n vooraanstaande veeboer en voorsitter van die Smithfield-boerevereniging, met messe toegetakel toe hy veediewe man-alleen wou keer om met ‘n klomp skape weg te ry.

топкарго

Protesbrandpunte ontleed

Die Sentrum vir die Studie van Geweld en Versoening by die Universiteit van die Witwatersrand het protesbrandpunte in Gauteng en Mpumalanga ontleed.

Voortgesette oproer volg nadat die DA diensleweringsprotes van stapel gestuur het om die ANC onder druk te plaas om plaaslike regering op te knap.

Groot getalle swart DA-lede het onlangs deelgeneem aan ‘n staking teen swak dienslewering in Modjadjiskloof. Dit is deur die party gereël na klagtes oor dienslewering in die Groter Letaba Munisipaliteit. Slaggate en elektrisiteitstoevoer was ‘n paar van die items op die agenda en ‘n griefskrif is aan die betrokke amptenare oorhandig.

Max du Preez het oor diensleweringsopstande wat die DA reël, gesê: “Die dag wat Suid-Afrikaners die ANC aan dieselfde streng standaard van dienslewering en etiek soos ons dit doen die DA, hou, sal die dag wees wat ons baie beter oor ons demokrasie voel.”

Du Preez het die DA se volgehoue pogings om ontevredenheid te stook, as volg verklaar: “Die DA is ‘n bietjie soos ‘n swart vrou in ‘n algehele manlike, wit maatskappy: Sy moet baie beter as haar kollegas doen om dieselfde respek wat hulle vir mekaar wys, te kry.” Hy het dié verduidelikings vir die party se optrede vroeër in sy boek Pale Native uiteengesit.

Volgens ‘n City Press-koerant wat berig het oor die verslag getiteld “The Smoke That Calls” van Wits, speel ANC-lede glo ook ‘n rol in die protes.

In ‘n gevallestudie het “verskeie informante beweer dat ‘n groep gevorm is deur die burgemeester om haar te ondersteun in haar uitval met die raad se speaker”.

Party het aangesluit by oproer om korrupsie te beveg, ander het gehoop vir werk, terwyl nog ander gegrief is omdat hulle toegang tot tenders opgedroog het.

In ‘n ander geval was die uitbarsting van protes gekoppel aan afdelings binne die stadsraad. Die speaker het glo vertroulike inligting na organiseerders gelek om die burgemeester te ondermyn om te protesteer.

Geen name van dorpe word egter in die verslag genoem nie.

Alhoewel provinsiale eerder as die plaaslike regering getaak is met die lewering van behuising, hou die opposisie die regering verantwoordelik vir die behuisingskrisis in die provinsie. Zille beweer nogtans dat haar munisipaliteit se pogings om behuising te bespoedig, die lewering verhoog het van 3000 eenhede per jaar onder die ANC, tot 7000 eenhede per jaar tussen 2006 en 2008 onder haar administrasie as burgemeester van Kaapstad.

Dit is een van die redes waarom mense uit die Oos-Kaap na die Wes-Kaap stroom en waarom die verwagtinge van arm plakkers om behuising te bekom so hoog is. Hierdie verwagtinge wat deur die DA geskep is, lei uiteindelik na opstande en oproer.

In ‘n artikel getiteld “Die ANC is pro-armoede, nie pro-armes nie” wat kort voor die algemene verkiesing van 2009 gepubliseer is, het Zille daarop gewys dat geen begroting vir die opgradering van informele nedersettings bestaan onder die ANC-administrasie nie, terwyl dit in 2007 deur haar eie administrasie opstel is.

Die DA het ‘n toegewyde begroting vir die voorsiening van water, elektrisiteit en sanitasie vir plakkers en “vlugtelinge” uit die Oos-Kaap daargestel. In byvoeging tot die handhawing van bestaande water- en elektrisiteitsubsidies, het Zille ook verseker dat elektrisiteit voorsien word aan informele nedersettings wat Eskom voorheen geweier het om te elektrifiseer, soos die Happy Valley en Site B Khayelitsha.

Tokyo Sexwale, ANC-minister van behuising, het Zille Woensdag geprys vir haar toewyding aan swartmense.

Фильчаков прокурор