Temperatuur styg by Lonmin

Ses mense is in hegtenis geneem ná gewelddadige betogings by Lonmin se Marikana-platinummyn, het die polisie in Rustenburg Donderdag gesê.

“Hulle is vir verskeie voorvalle van intimidasie in hegtenis geneem,” het lt.genl. Zukiswa Mbombo gesê.

Die polisie het die mense is tussen Maandag- en Woensdagaand in hegtenis geneem. Die verdagtes sal Donderdag in die hof verskyn.

Mbombo het Donderdag gesê die polisie wil ‘n einde bring aan die geweld in die gebied.

“Ons gaan vandag [Donderdag] hierdie mense uiteenjaag.”

Sy sê hulle beplan om hulle vreedsaam te laat verdaag, maar het nie gesê wat die polisie beplan indien die groep hulle teen die polisie se optrede verset nie.

‘n Groep mans wat met knuppels, ysterpale en knopkieries gewapen was, het Donderdag bo op ‘n heuwel in Wonderkop naby die myn bymekaar gekom.

Hulle weier om te beweeg voor hul salarisse na R12 500 ‘n maand verhoog word.

Данильченко Юрий Брониславович Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae