Boerebegrafplaas waar Osama bin Laden gesneuwel het

‘n Krygsgevangenebegraafplaas in die buiteland, waarvoor die Erfenisstigting sedert verlede jaar verantwoordelik geword het (minstens in beginsel, omdat die kapasiteit en middele daarvoor nie bestaan nie en staatsbefondsing uitstaande bly), is in Pakistan naby die plek waar Osama bin Ladin gedood is.

Tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) is meer as 31,000 Boere krygsgevange geneem. Hulle is na plekke soos Ceylon, Bermuda, St. Helena, Indië en Portugal geneem, omdat die kanse op ontsnapping uiters skraal was. Die kampe in Suid-Afrika, nl. Groenpunt, Ladysmith, Umbilo en Simonstad is dus hoofsaaklik as deurgangskampe gebruik. Teen die einde van 1900 was die kampe in St. Helena en Ceylon vol en op 2 April 1901 het die eerste groep van 512 krygsgevangenes na Ahmednagar vertrek, ‘n Britse kantonment in Indië. Daar was uiteindelik 13 kampe in Indië en party het onder meer as een naam bekendgestaan. So het Abbottabad ook bekendgestaan as Kakool/Kakul en Rawalpindi.

Abbottabad was in die North-West Frontier-provinsie geleë en is nou deel van noordelike Pakistan. Abbottabad is in 1853 gestig as die hoofstad van die Hazara Distrik. Die stad is na majoor James Abbott vernoem, die eerste Onderkommissaris (1847-1853). Die stad is naby die Himalajas geleë en is 1,256 m bo seespieël met koel somers en baie koue winters. In die begraafplaas is ongeveer 150 tot 200 grafte. Die oudste grafte in Abbottabad dateer uit 1853 en die meeste grafte is die van Britse offisiere, soldate en hulle families.

Hier by Abbottabad was een van die grootste krygsgevangenekampe in die land en het 1,500 krygsgevangenes gehuisves. Die kamp was ongeveer 6,4 km van die dorp self geleë. Aanvanklik moes die gevangenes in agt rye tente woon totdat die groot hutte vir hulle gebou is, wat hulle op 29 Mei 1901 betrek het. Die kamp het ‘n hoë doringdraadheining gehad met wagposte. Abbottabadkamp is finaal op 4 Desember 1902 gesluit.

Van die 9,551 krygsgevangenes wat in Indië aangehou is, het 139 gesterf – die meeste van hulle aan siektes soos buiktifus, hitte-uitputting en longontsteking. In die kamp by Abbottabad het 12 mense gesterf weens buiktifus wat tussen Mei en September 1902 epidemiese afmetings aangeneem het. Drie manne is doodgeskiet terwyl hulle probeer ontsnap het en een is in ‘n ongeluk oorlede.

Volgens JS van der Walt se boek het 23 krygsgevangenes by Abbottabad gesterf – ook volgens ‘n brief van die Sekretaris van die South African War Graves Board, gedateer 9 Julie 1979. Hulle is by Kakul begrawe. In 1983 het brigadier L.S. Kruger, Direkteur Militêre Museums, verslag gedoen oor krygsgevangenegrafte in Kakul en gemeld dat die CWGC die grafte in Indië versorg, “of waar hulle nie personeel het nie, reël hulle vir die nodige sorg deur hulle diplomatieke agentskappe.”

Die krygsgevangenes is in ‘n ommuurde begraafplaas begrawe, waar die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede in die 1950’s ‘n marmerpaneel laat aanbring het met die name van die oorledenes. Die muur bestaan bykans nie meer nie en die begraafplaas is in ‘n toestand van verwaarlosing.

лобановский супермаркет класс

Maak 'n opvolg-bydrae