Koerant vra verskoning oor Malema se geldsake-berig

The Times-koerant moes Donderdag ‘n verskoning aan Julius Malema, die voormalig leier van die ANC-jeugliga, op sy voorblad publiseer.

Dit volg ná ‘n beslissing deur die persombudsman teen ‘n berig wat in Oktober gepubliseer is.

Die berig, “Malema on the ropes”, het op 31 Oktober gelui dat ‘n polisieondersoek in Malema se finansies “so goed as afgehandel is”.

Die persombudsman het bevind dat die koerantberig artikel 1.1 van die perskode (regverdigheid en akkuraatheid) oortree het en artikel 1.4 (bevestiging) en artikel 1,5 (verkryging van kommentaar) twee keer oortree het.

“The Times wil hierdie foute graag regstel,” het die koerant gesê en het bygevoeg dat hy in daardie tyd probeer het om kommentaar van Malema en sy woordvoerder, Floyd Shivambu, te kry.

Die koerant sê die storie is geskryf “op grond van bronne wat voorheen baie betroubaar was”.

Die ombudsman sê die feit dat daar verskeie ondersoeke was in Malema se handelinge word nie betwis nie, maar die koerant het onakkuraat berig oor daardie ondersoeke deur te sê dit was “so goed as afgehandel”.

Malema het aan The Times gesê: “Ek is tevrede met die beslissing en dat The Times dit nagekom het.”

topcargo отзывы сотрудников

Maak 'n opvolg-bydrae