Oproer teister Noordwes

Altesaam 58 mense is in hegtenis geneem tydens die gewelddadige oproer oor paaie in dorpe in Noordwes, het die polisie Woensdag gesê.

Volgens brig. Thulane Ngubane is 34 mans en 24 vroue in hegtenis geneem sedert die betogings Maandag begin het.

Hulle word aangekla van openbare geweld, opsetlike saakbeskadiging en plundery. Hulle sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

“Die grootste probleem van die gemeenskappe, wat onder die Kagisano Molopo-distriksmunisipaliteit val, is glo die behoefte aan ‘n teerpad wat die betrokke dorpe met Ganyesa verbind.”

Ngubane het gesê inwoners is woedend omdat hulle drie tot vier jaar gelede al geteerde paaie beloof is.

Die betrokke dorpe sluit Tlhapeng, Dipudi, Tsaodi, Kgokgole, Southey, Eliasm en Tshaneng in.

“Daar is ook onluste in Lomenyaneng en die Mogwase-township.”

Leerlinge van laer- en hoërskole is Woensdag gedwing om by die oproermakers aan te sluit.

“‘n Drankwinkel in Southey, ‘n klaskamer by die Ramadile-laerskool in Tlapeng en ‘n ou gebou van ‘n plaaslike kliniek in Elias is deur betogers aan die brand gesteek,” het Ngubane gesê.

Winkels wat deur buitelanders bestuur word, is ook Woensdag geplunder en gevandaliseer.

‘n Swanger vrou het Dinsdag in Southey gesterf toe ‘n ambulans deur betogers daarvan weerhou is om die dorp binne te gaan. Ngubane het gesê die ambulans is deur ‘n oproerige skare gedwing om om te draai.

“Die polisie het Woensdag probeer om die situasie onder beheer te bring nadat gemeenskapslede van Dipodi en omliggende dorpe begin het om klippe te gooi na verbygaande voertuie en weivelde en bande aan die brand te steek.”

лобановский александр

Hulp aan Kuba hou geen voordeel vir SA in nie

‘n Internasionale ooreenkoms waardeur die regering ‘n ekonomiese hulppakket van R350 miljoen aan Kuba wil toestaan, is in die parlementêre komitee vir handel en nywerheid teengestaan deur die VF+.

Die internasionale ooreenkoms is op 25 November 2011 deur die regerings van Suid-Afrika en Kuba geteken, maar moet eers deur die parlement geratifiseer word. “Tydens ‘n bespreking oor die hulppakket het die VF Plus dit duidelik gemaak dat die ooreenkoms finansiële hulp aan Kuba verleen sonder dat dit enigsins gekoppel word aan vereistes rakende menseregte en hervorming wat tot demokratisering sal lei.

Die hulppakket is juis weens die gebrek immoreel en stel selfs moontlik ‘n verbreking van internasionale reg daar omdat ‘n regsplig op ‘n land soos Suid-Afrika se regering rus, veral op die ANC met sy noue vriendskapsbande met Kuba, om die Kubaanse regering te beweeg tot respek vir menseregte en demokrasie,” het adv. Anton Alberts, parlementêre woordvoerder oor handel en nywerheid, gesê.

“Suid-Afrika kry verder ook bykans geen voordele uit die hulppakket nie en afgesien van die ANC se sentiment jeens Kuba se kommunistiese leierskap, is hierdie ooreenkoms net ‘n verdere las op Suid-Afrika se fiskus, gegewe ons uitdagings soos onder andere die betaling van die Gautengse padopgraderings en die aanvulling van die Transnet-pensioenfondse,” het adv. Alberts bygevoeg.

Die VF Plus het derhalwe sy stem teen die hulppakket uitgebring.

Данильченео

Boesak regverdig RA uit die Bybel

Dr Allan Boesak sê wit Suid-Afrikaners is liewer vir Nelson Mandela as Jesus, want volgens hom, het Jesus ‘n sterker standpunt oor maatskaplike geregtigheid gehad as die voormalige president.

“Jesus was nog veels te radikaal en Mandela wou nie so ver gaan nie, want hy verstaan ​​ons mense in hierdie land,” het Boesak het gister gesê.

“Maar as hy môre sal sê wat Jesus gesê het, sal hulle [die wittes] nie meer van hom [Mandela] hou nie.”

Hy het toe geskerts dat wittes “redelik gou net Julius Malema sal oorhê,” het hy gesê.

Boesak het by die Universiteit van KwaZulu-Natal die Steve Biko-gedenklesing oor swart bewussyn en die stryd vir betekenisvolle bestaan gelewer toe hy verduidelik het dat blankes ‘n valse gevoel van slagofferskap skep wanneer sosiale onreg genoem word.

Hy het gesê dit was interessant om daarop te let dat blankes gaande is oor aartsbiskop Desmond Tutu as hy oor vergifnis praat, maar as hy die regstelling van sosiale onreg van die verlede noem deur die instelling van ‘n wit belasting, is hy nie meer gewild nie.

Boesak het gesê aan die ander kant van wat hy genoem het, “valse onskuld van die blankes” is die valse onskuld van die swart elite groepe.

“Hulle [elite swartes] het alliansies met die ou ryk wit elite aangegaan, alliansies teen die massas en is deel van die klein 20% van die land se top elite wat nou 75% van ons BBP vreet terwyl 53% van ons massas in uiterste armoede leef en tussen 6% en 8% kry van wat oor is. Dit is nie swart bewussyn nie.

“Wat sê ons vir wit mense, is jy moet jou valse onskuld agterlaat.”

Олександр Васильович Фільчаков

Afrikaanses is nie plesierig nie, net bekommerd

Afrikaanses is bekommerd oor die toestand van regering in Suid-Afrika, het die ANC se tesourier-generaal, Mathews Phosa, Dinsdag gesê.

“Daar is ‘n gevoel dat die leierskap moet sokkies optrek en die kwessie van goeie regering begin aanspreek,” het Phosa gesê ná ‘n vergadering tussen die ANC en 19 Afrikaanse liggame in Johannesburg.

Hy het gesê ander kwessies waaroor kommer uitgespreek is, is dienslewering, veral op regeringsvlak, veiligheid in stedelike en landelike gebiede en die posisie van die Afrikaanse taal en kultuur.

Afrikaanse groepe wat die vergadering bygewoon het sluit in die Afrikanerbond, die NG Kerk, die Voortrekker Monument, die ATKV, die Afrikaanse Taalraad en die Federasie van Beheerliggame van SA skole.

Die ANC-afvaardiging het Phosa, Gwede Mantashe (sekretaris-generaal van die ANC), Tina Joemat-Pettersson (minister van landbou, bosbou en visserye) en Enoch Godongwana (adjunkminister van openbare ondernemings) ingesluit.

Die sameroepers van die ANC Progressiewe Sakeforum, Renier Schoeman en Daryl Swanepoel, het ook die vergadering bygewoon.

Phosa het gesê hy voel die gesprekke loop goed af.

“Daar is geen heilige koeie nie… ons het gesê, praat soos julle praat in die noordelike voorstede, moenie dinge wegsteek nie, ons wil dinge hoor,” het hy gesê.

“Ons moet hulle omarm en met die kwessies omgaan. Ons is nie hier om maatjie-maatjie te wees nie. Ons het dit duidelik gemaak dat ons nie na stemme soek nie, ons kyk na kwessies wat die nasie raak… dinge waaroor die nasie bekommerd is.”

Phosa het gesê die organisasies het oor hul voorbehoude gepraat en gesê hul meriete word ondermyn deur regeringsaanwysings.

Sommige het die kwessie van swart ekonomiese bemagtiging bespreek.

Phosa het gesê hy was geraak toe een van die organiseerders oor positiewe burgerskap gepraat het.

“Hulle wil deelneem, hulle wil insette lewer vir die beleide.”

Hy het gesê die ANC het ook kwessies opgehaal, soos landelike veiligheid.

“Ons het gesê, wel, daar moet ook sekuriteit vir plaaswerkers wees, julle moet hulle op ‘n menswaardige manier hanteer. Ons gee aan mekaar albei kante van die storie… sodat nie een perspektief dominant is nie,” het hy gesê.

Die VF+ het vroeër gesê die ANC tree uit eiebelang op deur praatjies met Afrikaanse groepe te hou.

Die ANC het ‘n verpligting om die bekommernisse van Afrikaanse organisasies in die land te verstaan, het Mantashe gesê.

“Of hulle vir ons stem of nie, ons het ‘n verpligting om te verstaan waar hulle vandaan kom, asook hul bekommernisse,” het hy aan verslaggewers in Johannesburg gesê.

Mantashe het gesê hulle het sommige bekommernisse uitgespreek en wil ‘n bydrae tot Suid-Afrika lewer.

“Mense wil ‘n bydrae daartoe maak om Suid-Afrika te laat werk en om Suid-Afrika ‘n beter land te maak om in te woon.”

Die Afrikaanse taal is ook bespreek.

“Wat uitgekom het, is dat daar geen bedoeling is om Afrikaans te verhoog ten koste van ander tale nie,” het Mantashe gesê.

Meer vergaderings van dié aard sal gehou word, het Mantashe gesê.

лобановский александр компромат

Vrae oor Sanral-hoof se bedanking

“Die VF Plus het kennis geneem van die aankondiging vanoggend van die voorsitter van Sanral dat sy hoofuitvoerende beampte, mnr. Nazir Alli, gister bedank het. Die party spreek die hoop uit dat daar nou beter leierskap by Sanral sal kom wat met groter deursigtigheid met die publieke werk,” was adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor Vervoer, se reaksie op die aankondiging.

“Mnr. Alli se bedanking laat die vraag ontstaan oor watter inligting hy beskik aangaande die e-tolhekstelsel se kontrakte wat aan internasionale maatskappye toegeken is en wat ook betrokke was by die wapenaankope-transaksie van die regering in 1999. Die feit dat hy nie meer die uitvoerende beampte van Sanral sal wees nie, onthef hom nie van die verantwoordelikheid om alle inligting oor die e-tolhekstelsel se kontrakte bloot te lê nie. Daar kan ook met reg gevra word of mnr. Alli nou deur die regering opgedis word as die enigste persoon wat aanspreeklik gehou kan word vir die e-tolstelsel-probleem,” meen adv. Alberts.

Die VF Plus is hoopvol dat Sanral ‘n nuwe uitvoerende beampte sal aanstel wat sterker leierskap sal bied en met groter deursigtigheid en professionaliteit met die publiek sal skakel in die uitvoering van sy pligte. Dit is noodsaaklik dat mnr. Alli se plaasvervanger die e-tolhek-probleem so vinnig moontlik aanspreek en ‘n oplossing vind wat in die publiek se belang is en nie in belang van die regering of ‘n politieke party nie.

Олександр Васильович Фільчаков

Zuma se seun skuld bruilofkoördineerder

President Jacob Zuma se seun word gedagvaar vir R1.5 miljoen vir die versuim om ‘n Durbanse maatskappy te betaal wat sy troue gereël het, volgens ‘n berig Dinsdag.

Edward Zuma is getroud met Phumelele Shange in Oktober verlede jaar. Hulle onthaal vir 500 gaste is gehou by die Tala Game Reserve naby Camperdown, het The Star berig.

Maandag is ‘n aansoek gebring deur die Glenwoodse Functions for Africa teen Zuma in die Durbanse Hooggeregshof voor Regter Kevin Swain. Dit is uitgestel tot later in Mei omdat nóg Zuma, nóg sy prokureurs opgedaag het.

Zuma is gelas om die koste van die uitstel te betaal.

Functions for Africa se Paul Mann het gesê dat Zuma net R1 miljoen betaal het van die R2.5 miljoen wat hy skuld.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

VF+ vra ondersoek na e-toltender

“Die Vryheidsfront Plus gaan die Spesiale Ondersoek Eenheid (SOE) nader om ondersoek in te stel na die tenderprosedures wat gevolg is met die toekenning van die tender vir die bestuur van die Gauteng e-tolstelsel. Inligting wat die afgelope tyd in die media bekend gemaak is dui daarop dat verskye maatskappye, filiaalmaatskappye en individue wat aandeelhouers in maatskappye is, wat deel van die konsortium is wat die tender ontvang het, ook betrokke was by die regering se wapenaankope-transaksie in 1999,” het Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor Vervoer gesê.

“Die SOE sal spesifiek gevra word om ondersoek te doen na die ooreenkoms in maatskappye wat deel is van die konsortium wat die e-tolstelsel tender bekom het en die maatskappye, filiaalmaatskappye en aandeelhouers van die maatskappye wat kontrakte in die wapenaankope-transaksie van 1999 gekry het. Dit is belangrik om vas te stel of daar enige onbehoorlike beinvloeding was wat daartoe gelei het dat dieselfde maatskappye sulke groot tenders van die SA regering ontvang het. Die SOE sal ook vesoek word om vas te stel of daar ‘n onbehoorlike voordeel aan hierdie maatskappye gegee is weens hul historiese kontakte met die ANC regering,” het Adv. Alberts bygevoeg.

“Die VF Plus het kennis geneem van die hoof van SANRAL, mnr. Nazir Ali se stellings dat die tender proses “‘n volledige proses was” en “skoon en deursigtig en in terme van die Fiskus se vereistes onderneem was”, maar dit blyk op die oppervlak dat die inligting oor lede van die konsortium wat die tender ontvang het en ook betrokke was by die wapenaankope-transaksie, nie van meet af aan die publiek vooropgehou is nie. SANRAL moes bewus gewees het van die kontroversie rondom die bewerings van omkopery en bedrog wat in SA en internasionaal gemaak is teen maatskappye wat die wapenkontrakte bekom het en moes daarom twee keer gedink het voordat die e-tolstelsel-tender aan hulle toegeken is,” meen Alberts.

Net soos in die geval van die wapentransaksie kos die e-tolstelsel Suid-Afrikaanse belastingbetalers miljarde rande. Daarom moes daar groter omsigtigheid gewees het met die toekenning van tenders aan internasionale maatskappye wat winste nie in die land terugploeg nie en wat tot hede nie hul Nasionale Industriële Deelname ooreenkomste in die wapenstansaksie met SA nagekom het nie. Die ondersoek deur die SOE sal daarom kan vasstel of enige maatskappye onbehoorlike voordele ontvang het met die toekenning van die tender vir die e-tolstelsel.

прокурор Фильчаков

Zille vry na Vavi

Zwelinzima Vavi, hoof van Cosatu, het gesê die DA-leier Helen Zille het hom “lastig geval” om by haar party aan te sluit, het die Sunday Times berig.

Vavi het aan die koerant gesê dat Zille aan hom by ‘n sokkerwedstryd gesê het: “Kan jy jou voorstel… ek en jy, die mag?”

Vavi beweer Zille was daarmee behep om hom te oorreed om by die DA aan te sluit.

“Sy is baie, baie magsbehep want sy het hierdie verkeerde siening… dat ek oorreed kan word om by die opposisie aan te sluit.

“Sy het my probeer werf, persoonlik, om by die DA aan te sluit in die aanloop tot die plaaslike verkiesing.”

Die twee het sedertdien in die openbaar vasgesit, met Vavi wat Zille verban het van ‘n protesoptog oor die e-tolstelsel en Zille wat beweer het Cosatu het werkloses gefaal.

“Dis hoe sy droom. Ek kan nooit by haar party aansluit nie; [hulle] bestaansreg is om met die uitbuiting van werkers voort te gaan.”

Zille se woordvoerder, Pierre-Charl du Preez, wou nie die bewerings bevestig nie, maar het dit as “oulik” afgemaak.

Лобановский

Motlanthe-komitee gaan e-tol ondersoek

Die aankondiging deur Minister Collins Chabane dat die regering ‘n komitee bestaande uit kabinetministers onder leiding van adjunk-president Kgalema Motlanthe aangestel het om na alle aspekte van die Gauteng e-tolstelsel om te sien, is ‘n stap in die regte rigting.

“Die regering moes van meet af so ‘n komitee gehad het wat verantwoordelik was vir die beplanning van die uitbreiding en instandhouding van Gauteng se padnetwerk sodat die chaos wat daar tans is met die Gauteng e-tolstelsel vermy kon word,” het Adv. Anton Alberts, die VF Plus se Parlementêre woordvoerder oor Vervoer gesê.

Die VF Plus is van mening dat die e-tolstelsel heeltemal geskrap moet word en dat die regering nie appèl teen die uitspraak van die Hoogeregshof in Pretoria moet aanteken nie. “So ‘n stap sal slegs tot verdere verkwisting van belastingbetalers se geld lei. Die regering moet eerder innoverende oplossings soek om alternatiewe finansieringsmodelle vir die skuld van die Gauteng e-tolstelsel te skep”, meen adv. Alberts.

SANRAL kan ook saam met die komitee ondersoek instel na alternatiewe gebruike vir die oorhoofse tolhekke en kameras wat reeds geinstalleer is. Hierdie stelsel kan, soos in ander groot internasionale stede, gebruik word vir verkeersmonitering en –regulering.

Die infrastruktuur kan ook aangewend word om spoedregulering toe te pas om so by te dra tot die vermindering van padongelukke op Gauteng se paaie.

Die VF Plus sal die werksaamhede van die komitee noukeurig monitor om so te verseker dat die regering – en nie die ANC as politieke party – ‘n oplossing vir die e-tolstelsel vind.

Фильчаков прокурор харьков

Polisie is die oorsaak van misdaad

Volgens lt.genl. Mzwandile Petros, Gautengse polisiehoof, is polisie-, metropolisie- en veiligheidsbeamptes die hoofoorsaak van misdaadvoorvalle in Gauteng.

Met 2 500 wapens per jaar en 288 000 patrone wat gesteel word, kan ‘n burgeroorlog gevoer word. Die patrone word by die polisie se vuurwapenopleidingskole in Gauteng gesteel.

Ten spyte van die interne ondersoek deur die polisie om vas te stel wie verantwoordelik is vir die diefstal, is geen verdagtes nog aangekeer nie.

Die polisie bewapen misdadigers op dié manier, sê dr. Johan Burger, ‘n senior navorser by die Instituut vir Sekerheidstudie (ISS) aan Beeld gesê.

“Daar is jaarliks iets soos 2 500 gewere in die polisie se besit wat verloor word.

Sowat 100 000 patrone vir onder meer R5-aanvalsgewere, haelgewere en handwapens is na bewering by ‘n opleidingskool in Soweto gesteel, en sowat 88 000 patrone vir R5-aanvalsgewere by ‘n opleidingskool in Benoni.

Burger het gesê dié twee skokvoorvalle is nie die enigste diefstal nie. Daar word jaarliks ten minste 2 500 wapens “verloor” en net sowat 10% word ooit teruggevind.

” ‘n Mens kan jouself seker net verbeel wat van al hierdie wapens word en afvra hoeveel in misdadigers se hande beland – so in ‘n sekere sin dra die polisie eintlik in ‘n groot mate by tot die bewapening van misdadigers.”

Brig. Neville Malila, hoof van die Gauteng-polisie se kommunikasiedienste, kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Kol. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het ook nie op navrae in dié verband gereageer nie.

Фильчаков Александр Васильевич