Zuma se seun skuld bruilofkoördineerder

President Jacob Zuma se seun word gedagvaar vir R1.5 miljoen vir die versuim om ‘n Durbanse maatskappy te betaal wat sy troue gereël het, volgens ‘n berig Dinsdag.

Edward Zuma is getroud met Phumelele Shange in Oktober verlede jaar. Hulle onthaal vir 500 gaste is gehou by die Tala Game Reserve naby Camperdown, het The Star berig.

Maandag is ‘n aansoek gebring deur die Glenwoodse Functions for Africa teen Zuma in die Durbanse Hooggeregshof voor Regter Kevin Swain. Dit is uitgestel tot later in Mei omdat nóg Zuma, nóg sy prokureurs opgedaag het.

Zuma is gelas om die koste van die uitstel te betaal.

Functions for Africa se Paul Mann het gesê dat Zuma net R1 miljoen betaal het van die R2.5 miljoen wat hy skuld.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae