Motlanthe-komitee gaan e-tol ondersoek

Die aankondiging deur Minister Collins Chabane dat die regering ‘n komitee bestaande uit kabinetministers onder leiding van adjunk-president Kgalema Motlanthe aangestel het om na alle aspekte van die Gauteng e-tolstelsel om te sien, is ‘n stap in die regte rigting.

“Die regering moes van meet af so ‘n komitee gehad het wat verantwoordelik was vir die beplanning van die uitbreiding en instandhouding van Gauteng se padnetwerk sodat die chaos wat daar tans is met die Gauteng e-tolstelsel vermy kon word,” het Adv. Anton Alberts, die VF Plus se Parlementêre woordvoerder oor Vervoer gesê.

Die VF Plus is van mening dat die e-tolstelsel heeltemal geskrap moet word en dat die regering nie appèl teen die uitspraak van die Hoogeregshof in Pretoria moet aanteken nie. “So ‘n stap sal slegs tot verdere verkwisting van belastingbetalers se geld lei. Die regering moet eerder innoverende oplossings soek om alternatiewe finansieringsmodelle vir die skuld van die Gauteng e-tolstelsel te skep”, meen adv. Alberts.

SANRAL kan ook saam met die komitee ondersoek instel na alternatiewe gebruike vir die oorhoofse tolhekke en kameras wat reeds geinstalleer is. Hierdie stelsel kan, soos in ander groot internasionale stede, gebruik word vir verkeersmonitering en –regulering.

Die infrastruktuur kan ook aangewend word om spoedregulering toe te pas om so by te dra tot die vermindering van padongelukke op Gauteng se paaie.

Die VF Plus sal die werksaamhede van die komitee noukeurig monitor om so te verseker dat die regering – en nie die ANC as politieke party – ‘n oplossing vir die e-tolstelsel vind.

Фильчаков прокурор харьков

Maak 'n opvolg-bydrae