Wit vrou skiet aanvaller

‘n Wit vrou het ‘n swart inbreker in haar huis in Margate, KwaZulu-Natal, doodgeskiet, het die polisie gesê.

Kapt. Thulani Zwane sê twee mans, wat met messe gewapen was, het die 39-jarige vrou aangeval terwyl haar man nie tuis was nie.

“Nadat sy ernstig aangerand is, het die mans haar besittings begin steel,” het hy gesê.

Die vrou het daarin geslaag om haar man se vuurwapen in die hande te kry, waarna sy een van die inbrekers geskiet het. Die ander inbreker het op die vlug geslaan.

Sy het die polisie in kennis gestel en is later na ‘n hospitaal geneem.

‘n Vyf-en-twintigjarige man is op die toneel dood verklaar. Sy medepligtige, ‘n 27-jarige man, is later in Uvongo vasgetrek.

‘n Mes en sommige van die gesteelde items is in sy besit gevind. Hy sal binnekort in die Ramsgate-landdroshof verskyn.

Фильчаков прокуратура харьков

Staking, geweld kring al wyer uit

Vreemde stilte heers daar by die Afrikaanse mediamonopolie oor Suid-Afrika se staking wat in volle swang is. Die munisipale werkers in Limpopo loop vandag in hul duisende om aan te sluit by die stakers in mynbou en vervoer.

Die geweld, chaos en onsekerheid, verhoog deur die R12 500-belofte, is besig om reeds ‘n sinkende ekonomie lelik verder te knou.

Die Tesourie, soos die mediamonopolie, blyk nie in staat te wees om die finansiële uitwerking van die stakings te kwantifiseer nie. Wat egter soos ‘n paal bo water staan, is dat ons die ontrafeling van die belangrikste sektore van die ekonomie gadeslaan.

Tekens van die gebrek aan vertroue is oral.

Moody’s het gister die kredietgraderings van ‘n aantal van die groot maatskappye en staatsbeheerde entiteite verlaag wat dit duurder maak vir hulle om te leen. Telkom, Eskom en Gold Fields is onder diegene wat hard getref word daardeur.

Die Tesourie sukkel reeds om die Suid-Afrikaanse Lugdiens drywend te hou en het slegs as borg vir ‘n lening van R5 miljard ingestaan vir die lugredery.

Hoewel die Minister van Finansies, Pravin Gordhan en Rob Davies, minister van Handel en Nywerheid, die afgelope maande probeer om beleggers gerus te stel dat Suid-Afrika steeds ‘n goeie plek is om sake te doen, is die skrif aan die muur.

Volgens die National Union of Mineworkers se woordvoerder Lesiba Seshoka, is onwettige stakings waarin meer as 100,000 werkers deelneem aan die gang by nie minder nie as agt maatskappye:

AngloGold Ashanti, Gold Fields (op sy KDC-Ooste en Beatrix myne), Anglo Platinum, Petra Diamonds, in Northern Cape, Petmin, in KwaZulu-Natal, Bokoni-platinummyn, Limpopo, Samancor Chrome Western Mine, en Gold One.

Noordwes se polisie-woordvoerder Brigadier Thulani Ngubane het gesê dat slegs een dood toegeskryf kan word aan die voortgesette myngeweld. “Die liggaam van ‘n 22-jarige man is op Maandagoggend gevind.”

Die groep is na bewering daarvan beskuldig dat hulle werk, terwyl ‘n staking uitgeroep is en hulle is met pangas en ander wapens aangeval. Twee van die drie het daarin geslaag om te ontsnap, maar hul vriend is vermoor.

Hy het gesê dat die ander vier moorde verband hou met ‘n taverne stryd, ‘n tradisionele seremonie en ‘n vermeende rooftog.

Janee, gelukkig nie die staking nie. Dié rekening moet nog vereffen word.

лобановский александр биография

Cwele nog nie agter tralies nie

Die veroordeelde dwelmhandelaar Sheryl Cwele het nog nie by ‘n korrektiewe diensfasiliteit aangemeld nie, het die departement gesê.

Dit volg nadat haar appèl teen haar skuldbevinding misluk het.

Nokuthula Zikhali, ‘n woordvoerder vir korrektiewe dienste, sê die departement wag steeds vir haar aankoms.

Siyabonga Cwele, minister van staatsveiligheid, se eksvrou en haar medebeskuldigde, Frank Nabolisa, se appèlle is Maandag van die hand gewys. Hul vonnisse is ook van 12 jaar na 20 jaar verleng.

Mev. Cwele (50) moet haar binne drie dae ná dié beslissing aan owerhede oorhandig.

Фільчаков прокурор

Vragmotors in ligte laaie gelaat tydens staking

Die polisie in die Oos-Kaap ondersoek twee gevalle van brandstigting nadat vragmotors beskadig en aan die brand gesteek is, het die polisie Dinsdag gesê.

Ao. Dumile Gwavu sê ‘n afleweringsvragmotor is Maandag in Wells Estate, Port Elizabeth aan die brand gesteek.

“‘n Groep betogers het na bewering met klippe van die huise in Wells Estate aangekom. Hulle het die vragmotor met die klippe gegooi. Die bestuurder en ‘n passasier het weggehardloop en ‘n petrolbom is minute later na die vragmotor geslinger.”

Die bestuurder en die passasier is ongedeerd. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.”

In Uitenhage het twee mans bottels met brandstof na ‘n vragmotor gegooi en dit aan die brand gesteek. Niemand is beseer nie.

“Ons is nie seker of die voorvalle met die voortslepende staking verbind word nie,” het Gwavu gesê.

Die Wes-Kaapse polisie het vroeër gesê ‘n vragmotor het op die N2-hoofweg in Kaapstad omgeslaan nadat dit met klippe bestook is.

Volgens lt. kol. Andrè Traut is die vragmotor om een of ander rede deur misdadigers geteiken.

Niemand is beseer nie en geen inhegtenisnemings is nog gemaak nie.

Merle Lourens, woordvoerder van die Kaapstad-verkeersdienste, het gesê ‘n tweede vragmotor is by die Borcherds Quarry-afrit aan die brand gesteek.

Die N2-hoofweg sal by dié afrit en die R300-kruising gesluit wees terwyl die vragmotors weggesleep word.

Dit is nie bekend of die geweld met die staking in die vervoerbedryf gepaardgaan nie, maar dit is waarskynlik die geval.

‘n Memorandum is aan die bedingingsraad vir vervoer en vrag in Braamfontein, Johannesburg, oorhandig.

Die staking het ‘n week gelede begin. Vragmotorbestuurders wil ‘n salarisverhoging van 12% hê.

топкарго

Nog ‘n restaurant in Brits aangeval

Restaurante in Brits het nou die teiken van rowers geword nadat ‘n tweede eetplek binne agt dae deur gewapende rowers binne geval is.

Volgens mnr Floris Smith, eienaar van die Spur in Brits, het daar vanoggend omstreeks 8h00 drie mans binnegestap en gevra of hulle al oop is. Die mans het vuurwapens te voorskyn gebring, die personeel gedwing om die kluis oop te sluit en het met die buit gevlug.

Te midde hiervan dink Suid-Afrika ook die week aan sy wêreldkampioenbokser wat vandag in Pretoria begrawe word.

Corrie Sanders wat in 2003 die titel ontvang het, was ook in ‘n restaurant in Brits toe vermeende rowers die plek binnegestorm en blindelings begin skiet het. Sanders, wat sy nefie se verjaarsdagpartytjie bygewoon het, is getref. Hy het ‘n paar uur daarna aan sy wonde in die Kalafong-hospitaal in Pretoria beswyk.

Rdl. Lourens het die voorvalle veroordeel en die hoop uitgespreek dat vandag se rowers ook so gou moontlik vasgetrek word.

“Rowers het arrogant geword. Hulle slaan helder oordag op eetpekke toe en buit wat hulle kan.”

депутат лобановский

Cwele sit 20 jaar langer na die ywer van ‘n wit ma

Sheryl Cwele en haar medebeskuldigde se tronkstraf is tot 20 jaar verleng, danksy die voorgesette ywer van ‘n wit ma.

Cwele, die voormalige vrou van die minister van Staatsveiligheid, Siyabonga Cwele, en Frank Nabolisa, ‘n Nigeriese burger, het saamgesweer om dwelms te verhandel en is ook skuldig aan aanhitsing tot die handel in gevaarlike middels.

Cwele het die werwing van ‘n wit meisie, Tessa Beetge, wat byna agt jaar tronkstraf in Brasilië uitdien, behartig, asook die van Charmaine Moss, ‘n ander staatsgetuie. Beetge se ma het die saak teen Cwele gedryf.

Sheryl Cwele en Frank Nabolisa is in Mei 2011 aan dwelmhandel skuldig bevind. Hulle is aanvanklik tot twaalf jaar tronkstraf gevonnis.

Cwele (50) het teen haar skuldbevinding geappelleer, terwyl Nabolisa teen sy skuldbevinding en vonnis appèl aangeteken het.

Die appèlhofpresident Lex Mpati het gesê in hierdie geval was dit net deur die moed en vasberadenheid van Tessa Beetge se ma dat die werklike skuldiges aangekeer is. Die Appèlhofuitspraak het bevind dat Cwele en Nabolisa, deur betrokke te wees in die dwelmhandel, hulle versoen het om die saad van vernietiging te saai, direk en indirek, in die lewens van ‘n aantal mense, insluitende kinders.

Volgens die hof het Nabolisa Beetge gestuur na Suid-Amerika om kokaïen in te samel en dit terug te bring na Suid-Afrika. “Dit is die enigste redelike afleiding uit die totaliteit van die bewese feite,” het die regter gesê.

Die Appèlhof het bevind dat Cwele as ‘n gekwalifiseerde verpleegkundige moes geweet het van die inherente gevare van die gebruik van dwelms.

“Tog was sy ‘n gewillige meeloper in die pleging van die misdaad, wat bevriend geraak het met en kwesbare vroue in die bevordering van die kriminele onderneming gejag het.”

Die regter het gesê die “afleiding was onomwonde [dwingend]” dat Cwele moes geweet het dat Beetge gevra is om kokaïen na Suid-Afrika te bring.

данильченко юрій броніславович

Jeugliga sal Woensdag top posisies bekendmaak

Die ANC-jeugliga sal Woensdag hulle benoemings vir die ANC-leierskap bekendmaak, het Thabo Kupa, woordvoerder, gesê.

“Ons gaan Woensdag ‘n groot aankondiging maak in terme van die leierskap vir die land,” het hy Maandag gesê.

Hy het bewerings ontken dat die liga se nasionale uitvoerende komitee (NUK) reeds besluit het oor hulle benoemingslys vir die ses topposisies in die ANC.

“Dit is nog nie finaal nie… dit is net bewerings,” het Kupa, ‘n NUK-lid, gesê.

Die liga sal ook Woensdag die beleid wat hy na Mangaung gaan neem, voorlê.

Benoemings vir kandidate vir die ANC se top-leierskapposisies het die naweek geopen. Die nasionale verkiesing sal in Desember in Mangaung plaasvind by die ANC se nasionale konferensie.

лобановский класс харьков

Marikana-ondersoek begin vandag

Die Kommissie van Ondersoek na die Marikana skietery begin vanoggend met ‘n inspeksie van die gebied waar 34 mynwerkers op 16 Augustus in skermutselings met die polisie dood is.

Die sittings sal by die burgersentrum in Rustenburg plaasvind. Die opdrag van die Kommissie is om te bepaal watter rol die mynmaatskappy Lonmin, die polisie, en die twee vakbonde Amcu en die N-U-M in die voorval gespeel het.

Die Kommissie staan onder voorsitterskap van afgetrede regter Ian Farlam. Dié naweek het die regskenner Shadrack Gutto gesê dit is verkeerd om te wag dat die regterlike kommissie van ondersoek na die gebeure by Marikana sy ondersoek afhandel vóór regstappe gedoen word.

Gutto sê strafregtelike ondersoeke deur wetstoepassingsagentskappe moes reeds begin het. Hy sê daar moet gevra word waarom die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag nog nie opgetree het nie.

Gutto sê teen die tyd wat die kommisie van ondersoek afgehandel is, is die bewysstukke op die toneel en elders vernietig of nie meer betroubaar nie.

Александр Фильчаков прокурор

DA diskrimineer blatant teen wittes in Kaapstad

Regstellende aksie en die implementering daarvan deur die DA-beheerde Stad Kaapstad het interessante feite na vore gebring.

Op ‘n vraag van mnr. André Fourie, raadslid vir die VF Plus in Stad Kaapstad, het die DA se burgemeester Patricia de Lille bevestig dat die Wes-Kaap demografiese syfers en nie die nasionale syfers as riglyn gebruik word.

Wat egter skokkend is, is dat terwyl die demografiese syfers 22% swart aandui daar alreeds 26.6% swartmense op die diensstaat van die Stad is – 4.6% meer as die kwota en terwyl die demografiese syfers 18% wit aandui, daar slegs 12.7% witmense op die diensstaat van die Stad is. Dit is 5.3% onder die kwota. Die bruin mense trek gelyk: 60% demografies en 60% op die diensstaat.

In ‘n opvolg vraag van mnr. André Fourie waarom daar blatant teen witmense in terme van die DA se eie riglyne gediskrimineer word en of die DA-bewind regstellende aksie ten gunste van witmense sal implementeer om die balans te herstel, wou sy weet waar hy die laaste 350 jaar was, of hy familie van Jan van Riebeeck van Holland is en dat hy liewer sy tasse moet pak en die land moet verlaat.

Regstellende aksie-syfers wat aan die parlement vrygestel is vir die Departement Binnelandse Sake, blyk dieselfde tendens te geld. Daar word die nasionale demografiese syfers toegepas. In plaas van 79% swart is daar reeds 92% op die diensstaat en in plaas van 9.6% wit is daar slegs 1.92% op die diensstaat. Ook die bruin mense trek aan die kortste end. In plaas van 8.9% bruin is daar slegs 5.27% op die diensstaat.

Dit is baie duidelik dat minderhede soos wit-, bruin- en Indiër-mense blatant deur beide die ANC en die DA misken word selfs met die implementering van hulle eie riglyne en kwotas.

Фильчаков Харьков

Voedseltekorte kan lei tot geweld, sê supermarkbaas

Soos voedselpryse styg as gevolg van die sukkelende internasionale en plaaslike ekonomieë, moet Suid-Afrikaners ook begin om bekommer oor die beskikbaarheid van iets om te eet.

Gareth Ackerman, voorsitter van Pick n Pay, het gewaarsku dat die land uiters kwesbaar is en al wat nodig is om voedselsekuriteit aan te tas, is een ernstige droogte.

Honger is reeds op Suid-Afrika se drumpel.

Buurland Lesotho is in die moeilikheid, volgens die World Food Programme. Die klein land se mielie-produksie het met 77% hierdie jaar gekrimp en sy koringoes het gehalveer.

“Lesotho staar die vernietigende gevolge van twee opeenvolgende misoeste as gevolg van droogte en laat reënval in die gesig,” het die VN-agentskap gesê.

Ackerman het gesê ‘n aantal faktore, in die afgelope jaar, het plaaslike voedselproduksie onder druk geplaas:

– Meer as 15 miljoen maatskaplike toelaes het baie mense van bestaansboerdery weggelok en hulle in verbruikers verander;

– Grondrestitusie het sommige plase onproduktief gelaat;

– Buitelandse beleggers het grond aangekoop net om dit te gebruik om gewasse uitsluitlik vir uitvoer te verbou;

– Bevolkingsgroei en verstedeliking noodsaak verhoogde voedselproduksie.

Ackerman het gesê hy is bekommerd oor die gevaar van politieke onrus, indien daar was ‘n skielike skerp styging in voedselpryse sou wees.

‘n Groot deel van die bevolking is van mielies as ‘n stapelvoedsel afhanklik en voel die uitwerking van prysstygings reeds vir maande.

“Deel van die mielieprobleem is nie net voeding vir mense nie, maar voeding van die proteïenvoorraad [diere] wat mense voed,” het Ackerman gesê.

Mielies is een van die belangrikste insette in die produksie van vleis en al het Suid-Afrika ‘n goeie oesjaarm volg pryse dié van die res van die wêreld.

Pryse het aansienlik gestyg omdat die VSA in die greep van die ergste droogte in 50 jaar verkeer.

Ackerman het gesê dat hoër mieliepryse pluimvee duurder maak, en verdere druk op verbruikers plaas wat reeds meer betaal vir elektrisiteit en vervoer.

“Bevrore hoenderstukke is onder die gewildste verkopers in Pick n Pay, veral onder lae-inkomste-kliënte,” het hy gesê.

Die droogte in die VSA, tesame met vrese dat Rusland koring uitvoere sal beperk, laat die spook van ‘n wêreld-voedselkrisis loop, soortgelyk aan dié van 2007-2008.

“‘n Globale voedselkrisis? Ek dink nie ons ​​is al daar nie,” het hy gesê.

Volgens die VN se Voedsel-en Landbou-organisasie, het kospryse nou gestabiliseer, maar op ‘n hoë vlak.

Hierdie week se verhoging van 23c per liter vir petrol en 40c vir diesel sal ‘n dubbele uitwerking op verbruikers hê. Die huidige arbeidsonrus wat tot hoër gelei hetm asook brandstofinflasie sal verbruikers hard slaan.

Фильчаков Александр Васильевич