Een sterf in studentestormloop by UJ

‘n Ma van ‘n voornemende student is dood in ‘n stormloop deur aansoekers by die Universiteit van Johannesburg (UJ) se kampus in Aucklandpark, Johannesburg.

UJ het intussen bevestig dat die oorledene ‘n ma van ‘n student is, het Eyewitness News berig. “Paramedici het ‘n kombers oor ‘n lyk naby die ingang na die kampus in Buntingweg geplaas,” volgens die berig.

Volgens ooggetuies is verskeie mense beseer in die stormloop deur die hekke.

Marie Muller, registrateur by UJ, het aan eNews gesê die stormloop het gevolg nadat studente voor die sperdatum aansoek wou doen.

Sy sê twee mense is ernstig beseer.

RSG-nuus berig dat voornemende studente Dinsdagoggend reeds teen 04:00 lang rye gevorm het.

Verskeie universiteite regoor die land het voornemende studente aangeraai om nié te wag vir hul matriekuitslae voor hulle aansoek om toelating doen nie.

Hulle sê laat aansoeke skep aan die begin van die jaar onnodige chaos by universiteite.

Die hoof van Wits se Skool vir Onderwys, professor Rocksana Osman sê studente moet vooruit beplan en nie ter elfder ure rondskarrel om toelating te kry nie.

Sy sê jongmense moet ook besef dat universiteite nie die enigste plek is waar verder gestudeer kan word nie.

topcargo отзывы

Rassisme in Kaapstad laat prediker moord twiet

‘n Swart prediker gebruik Twitter vir sy oproep dat wit mense in Suid-Afrika doodgemaak moet word nadat hy glo in Kaapstad rassisties behandel is.

Die dominee Kemo Immanuel Waters besit ‘n besigheid genaamd die KemoTherapy Instituut van die Waarheid en is ‘n aktiewe lid van Twitter, Facebook en MySpace. Hy is ‘n platejoggie en beskryf homself op sy Twitterprofiel as ‘n prediker, skrywer, digter, die vader en die waarheidsoeker.

Van sy vorige tweets, het Waters geklink soos ‘n intellektuele, geestelike mens, wat soms politiek bespreek, sonder enige omstredenheid.

Maar in die vroeë oggendure van Saterdagoggend, het sy houding skielik verander.

Waters het gesê hy is ontsteld nadat sy familie ‘n halfuur by kroeg in ‘n besige restaurant in Kampsbaai moes wag.

“In Johannesburg, kan jy oral heen gaan en jy voel altyd welkom.”

Net ná halftwee die oggend skryf die prediker: “Die enigste manier om rassisme tot ‘n einde te bring is om ‘n wesenlike aantal blankes dood te maak. @Helenzille jou onverskillige en neerbuigende houding is ‘n dubbele uitdaging … “

Die twiet het ‘n herrie veroorsaak. Zille het gesê die twiet is haatspraak en dat sy ‘n klag teen Waters sal lê.

Twieter @bronwynnielsen het gevra of hy sy verstand verloor het.

Waters het geantwoord: “Nee, ek het nie my verstand verloor nie. Maar is dit nie jammer nie dat dit is wat dit neem om rassisme die aandag te gee wat dit verdien?”

In reaksie op @Sibusisomtungwa het hy getwiet: “Jy mis die kern van my msg … Die enigste keer dat ‘n swart man ‘n waardige gehoor gegun word, is wanneer hy ‘n geweer afvuur.”

Waters het ook gepraat oor die ANC-eeufees: “Gelukkige 100e jarige herdenking @MyANC_. Jy (sic) werk is nie gedoen nie …, maar ‘n werk goed gedoen in die afgelope 100 jaar … Jy sal regeer tot die wegraping “.

Sedert sy omstrede twiet Saterdag, het Waters baie doodsdreigemente ontvang. Hy het gesê dat hy Maandag vyf oproepe ontvang het van mense wat hom wil doodmaak.

“Al die mense wat my dreig se dreigemente het ‘n rassistiese ondertoon. Iemand, ‘n boer, het vir my gesê dat almal naby aan my sal sterf,” het Waters gesê.

“Ek sal nooit daarvan afsien nie. Ek sal nooit dit terugtrek nie en ek sal nooit om verskoning vra nie,” het hy bygevoeg.

Waters het gesê hy sal nooit iemand doodmaak nie, maar hy ken swart mense wat dit sal doen.

topcargo кидалы

Kragkrisis kom, Eskom in die duister

Eskom sê die nasionale kragnetwerk is onder geweldige druk. “Ons gebruik al die noodvoorraad wat ons kan. Ons is baie bekommerd,” het Hilary Joffe, woordvoerder van Eskom, aan die Burger gesê.

Die vraag na elektrisiteit sal ná die Desember-vakansie toeneem as fabrieke weer begin werk. Eskom weet nie wat die toename sal wees nie en hoe om die probleem, wat waarskynlik die hele 2012 sal duur, aan te spreek nie.

Die kragvoorsiener het 14% (ongeveer 5 000 MW) van sy kapasiteit om krag te voorsien, verloor weens geskeduleerde instandhouding en “allerlei tegniese probleme”, sê Joffe.

Dié tekort aan kundigheid om tegniese probleme aan te spreek, veroorsaak dat talle sentrales nie aan die verwagte vraag na krag kan voldoen nie.

Die kragreus sukkel dus om genoeg elektrisiteit te verskaf en het gewaarsku dat landwye kragonderbrekings kan volg.

Die tekort aan elektrisiteit is so erg dat die kragvoorsiener Maandag, nog voor die verwagte aand-spitstyd, sy noodreserwekrag moes gebruik.

Eskom het Maandag groot verbruikers versoek om aanlegte af te skakel. Munisipale owerhede is ook in kennis gestel.

Die Kaapse Kamer van Koophandel het hul kommer oor Eskom se gebrekkige beplanning uitgespreek nadat die kragvoorsiener hulle in kennis gestel het dat hulle beurtkrag sal moet instel.

 

Фильчаков прокурор харьков

DA so te sê by ANC ingelyf

Helen Zille, opposisieleier en DA-aanvoerder, se ANC-onderrok het dié naweek behoorlik op die vloer gesleep. In ‘n verklaring wat ook op die DA se webwerf te lese is, het Zille die regering in sulke lowende taal geprys, dat sommige DA-kiesers gewonder het of hulle party tans by die ANC ingelyf is.

Sy kon skaars die stortvloed komplimente aan die ANC keer.

Zille het persoonlik namens die DA “opregte gelukwensinge aan die ANC en sy leier, president Zuma, vir die bereiking van hierdie indrukwekkende mylpaal”, oorgedra.

Sy het gesê hierdie “100 jaar toon ‘n buitengewone rekord, sonder parallel op die vasteland van Afrika. As die ANC sê dit is veel meer as ‘n viering van die 100ste verjaarsdag van ‘n politieke party, stem ons saam. Dit verteenwoordig ‘n geskiedenis van ontwikkeling, ‘n soeke na menseregte en die koms van demokrasie na ‘n lang, moeilike stryd wat meer as 80 jaar geduur het.

“Nuwe leiers het na vore gekom, en die ANC het gepoog om sy karakter te verander van ‘n bevrydingsbeweging na ‘n regerende party. Die offers van talle ANC-lede en leiers speel ‘n belangrike rol in die beëindiging van apartheid en die DA het waardering vir hierdie bydraes.”

Sy het Nelson Mandela, “die vader van die Nuwe Suid-Afrika” genoem en gesê dat “sy waardes nog sterk aanklank vind by die mense van hierdie land”.

Zille het Mandela se “menslike, nie-rassige visie van gelykheid vir almal in ‘n demokratiese stelsel – nou in die Grondwet gewaarborg – wat ons land gelei het uit die donker dae van onderdrukking en stewig op die pad na vryheid” geprys. Die DA is van mening dat hierdie waardes “tydloos” is, het sy gesê.

Zille het “die geskiedkundige gebeurtenis van die ANC wat sy eeufees vier, as ‘n tyd wat reg is om die beste van die verlede te behou, en met vrymoedigheid na ‘n beter ‘n toekoms vir alle Suid-Afrikaners uit te sien”, beskryf.

лобановский александр интервью

‘Lost in translation’

Die ANC-jeugliga het berigte dat sy geskorsde leier Julius Malema ANC-leiers as “bobbejane” beskryf het, as ‘n vertaalfout afgemaak.

By ‘n samekoms in Bloemfontein as deel van die regerende party se eeufeesvieringe, het Malema glo dié beskrywing gebruik.

Malema is vroeër aangehaal deur die Saturday Star: “Die mense wat ons nie hier wil hê nie, hulle is bobbejane …. maar die bobbejane, hulle het nie geweet hoe ons te werk gaan nie – dat ons maniere kry om by ons mense uit te kom.”

“Die ANC-jeugligapresident het in Sepedi gepraat en die joernalis wat die storie geskryf het nie die vaagste benul van die taal wat die president gebruik het nie,” het woordvoerder Floyd Shivambu Saterdag in ‘n verklaring gesê.

“Sy het in plaas daarvan staatgemaak op ‘n slegte vertaling van ‘n omstander oor wat die president gesê het… Onder geen omstandighede het die ANC-jeugligapresident gesê ANC-leiers is bobbejane nie, en hy sou nooit so ‘n opmerking maak nie.”

“Die ANC-jeugliga eis ‘n onmiddellike terugtrekking deur die Saturday Star van al die bewerings en wanvoorstelling van wat die president gesê het,” het Shivambu gesê.

данильченко юрій броніславович компромат

Mugabe nie in Bloemfontein nie

Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe het nie die ANC se eeufeesvieringe bygewoon nie, het die staatsmedia berig.

Volgens Mugabe se woordvoerder, George Charamba, kon die Zimbabwiese leier nie die feesvieringe in Bloemfontein persoonlik bywoon nie.

Charamba het bevestig dat Mugabe na die eeufees genooi is, maar die leier is tans met verlof in die Verre Ooste.

Hy het aan die plaaslike dagblad The Herald gesê dat adjunk-pres. Joice Mujuru die Afrika-land se Zanu-PF-party sal verteenwoordig.

Die ANC het Woensdag bevestig dat Mugabe die naweek se vieringe sal bywoon.

Die president neem gewoonlik verlof van Desember tot die einde van Januarie, maar kan as gevolg van ‘n dekade-lange reisverbod nie na Westerse lande reis nie.

Die 87-jarige leier het in 2011 dikwels vir mediese toetse na Singapoer gereis. Hy word glo vir prostaatkanker behandel.

Intussen het die Zimbabwiese premier, Morgan Tsvangirai, gesê sy nasionale voorsitter, Lovemore Moyo, sal die MDC by die ANC se eeufees verteenwoordig.

Данильченко Юрий Харьков

Zuma prys wit aktiviste

President Jacob Zuma het Sondag spesiale hulde gebring aan talle wit aktiviste wat hulself vir demokratiese verandering in die land beywer het.

“Die ANC het nog altyd en koester nog steeds (hul) bydrae,” het hy aan duisende Suid-Afrikaners gesê wat dapper genoeg was om in die skroeiende hitte by die Vrystaat-stadion saam te kom.

“Hierdie eenheid oor verdeeldhede versterk die ANC.”

Zuma het gesê swart mense was tot objekte gereduseer totdat hulle in 1912 saamgekom het om teen die apartheidstelsel te veg.

Hy het bygevoeg dat dit gedoen is met die ondersteuning van die Afrika-kontinent en die internasionale gemeenskap.

Zuma het hoogtepunte aangehaal van die party se 100 jaar van ‘n “selflose” stryd. Hy het egter nie na De Klerk se oorgawe verwys nie

Hy het gesê dit het begin met die ANC se stigter, Pixley Ka Isaka Seme, wat ‘n beroep gedoen het op die Afrika-mense om saam te staan en rassisme te begrawe.

Zuma het die ANC beskryf as ‘n gedissiplineerde mag van die linkses, met ‘n voorkeur vir armes.

Zuma het gesê die eeufeesviering is emosionele, maar ‘n opwindende gebeurtenis.

Hy het verder hulde gebring aan 134 Suid-Afrikaanse patriotte, waarvan meeste van hulle Umkhonto We Sizwe-soldate was, soos Solomon Mahlangu, wat deur die apartheidsregering in Pretoria tereggestel is.

“Ons vryheid was definitief nie verniet nie. Dit is verkry deur die bloed, sweet en trane van baie selflose, revolusionêre mense en die raamwerk van ons beweging.”

Die keuse van kerklike leiers wat deelgeneem het aan die verrigtinge het wenkbroue laat lig, nadat die Joodse rabbi, Warren Goldstein, ‘n prominente spreekbeurt gekry het. Die Joodse gemeenskap in Suid-Afrika is heelwat kleiner as die Moslem- en Christengemeenskappe.

Dit het vrae oor die Joodse betrokkenheid by die ANC laat ontstaan. Goldstein, die jongste rabbi ooit, is in Pretoria gebore. Hy is ‘n groot voorstander van armoedeverligting en ‘n ondersteuner van Israel.

Фільчаков Олександр Васильович

Drie vas in Bloemfontein vir laser teen heli’s

Twee mans en ‘n kind is naby Bloemfontein in hegtenis geneem nadat hulle lugvaartreëls oortree het, het die polisie Sondag gesê.

‘n 45-jarige man, sy 14-jarige seun en hul 22-jarige vriend is Saterdagaand in hegtenis geneem nadat hulle ‘n groen laserlig op helikopters, wat by die Bloemfontein Lughawe en die Bloemspruit-lugmagbasis opstyg, gerig het.

Die drie se inhegtenisname kom nadat die waarnemende nasionale polisiekommissaris, lt. genl. Nhlanhla Mkhwanazi, Donderdag gesê het dat ‘n geen-vlieg-sone oor Bloemfontein verklaar is.

Die lugruim in die omgewing is gemonitor tydens die ANC se eeufeesvierings oor die naweek.

“Geen vliegtuig sal hier oorvlieg en in die [Vrystaat-] stadion vasvlieg nie,” het Mkhwanazi gesê.

Die polisie sê die drie wat in hegtenis geneem is sal aangekla word in terme van Seksie 133 van die burgerlugvaart-wet.

“Die laserligte word as baie belangrik geag, wat dit kan potensieel ‘n vlieënier verblind en disoriënteer, wat daartoe kan lei dat die vliegtuig neerstort,” het kol. Vishnu Naidoo gesê.

Die drie sal na verwagting Maandag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.

лобановский александр жена

Polisie onderdruk geweld in Bloemfontein

Die polisie het vier mense weens openbare geweld in Botshabelo buite Bloemfontein in hegtenis geneem. Woedende betogers het die pad met swaar voorwerpe versper en gesê hulle moes al hulle pligte as reëlingsbeamptes vir die ANC se eeufeesvierings begin het.

Hulle sê Botshabelo-reëlingsbeamptes is uitgesluit van die lys van diegene wat by die feesvierings ontplooi is.

Die polisie het rubberkoeëls gebruik om die betogers op die N-8 tussen Botshabelo en Bloemfontein uiteen te jaag. ‘n Woordvoerder van die polisie, Vish Naidoo sê hulle het bykomende lede van die polisie ontplooi om die situasie te monitor.

Die Waarnemende Nasionale Polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, sê streng veiligheidsmaatreëls is getref vir die ANC se 100-jarige feesvieringe in Bloemfontein dié naweek.

Mkhwanazi sê hulle het meer as drieduisend lede ontplooi om misdaad in die Vrystaatse hoofstad te bekamp. Die polisie sal saam met die Weermag en ander staatsveiligheidsagentskappe werk om bedrywighede te monitor tydens die ANC se grootste viering sedert sy stigting 100 jaar gelede.

Hy het ook bevestig dat die lugruim bokant Bloemfontein tot aan die einde van die feesvieringe beperk sal word.

Intussen het die Amerikaanse burgerregte-leier, Jesse Jackson in die land aangekom vir die vieringe. Jackson sê die ANC het ‘n belangrike rol gespeel in die bevryding van Suid-Afrika.

Hy sê hy is bly hy kan die geleentheid meemaak en het die ANC aangemoedig om voort te gaan met sy taak in weerwil van die uitdagings.

topcargo отзыв

Rasseoorlog woed voort op Twitter

‘n Swart Britse parlementslid Diane Abbott is diep in die sop oor ‘n opmerking op Twitter teen wit mense wat rassisties is.

Die skadu-minister van openbare gesondheid het tydens ‘n gesprek oor die vonnisoplegging van die swart Stephen Lawrence se wit moordenaars gesê “wit mense is lief om ‘verdeel en heers’ te speel,” en bygevoeg “ons moet nie hulle spel speel nie”.

Die twiet het ook ‘n verwysing gehad wat lui: “taktiek so oud soos kolonialisme”.

Haar kommentaar was aan vryskutjoernalis Bim Adewunmi, ‘n ander Twitter-gebruiker oor die vonnisoplegging van Gary Dobson en David Norris wat vir Stephen se moord verantwoordelik was.

Twittergebruikers het ontstoke gevra vir haar bedanking.

Adjunkpremier Nick Clegg het ‘n beroep op me Abbott gedoen om haarself te verduidelik. Hy het gesê: “Ek dink wat Diane Abbott gesê het, is net dom en ‘n kras veralgemening.”

Mnr Miliband het gesê me. Abbott se opmerking is onaanvaarbaar, volgens skadusekretaris Chuka Umunna. “Die inhoud van die twiet was duidelik onaanvaarbaar en Diane het natuurlik dan ook onvoorwaardelik om verskoning gevra,” het hy gesê aan BBC News.

Abbott is ‘n skaduminister en verteenwoordig ‘n kiesafdeling wat 61% wit is. Artikels 17 tot 29 van die Britse Wet op Openbare Orde van 1986 is redelik duidelik oor stellings soos hare.

Opsetlike uittarting van ‘n rassegroep, die verspreiding van rassistiese materiaal vir die publiek, en miskien veral in hierdie geval, die aanhitsing van inflammatoriese oproepe oor ‘n etniese groep, vir die doel van die aanhitsing van rasseontevredenheid, word glo in Brittanje verbied.

Die Twitterstorm is maar die jongste in ‘n reeks flaters deur Abbott wat haar geposisioneer het as ‘n anti-rassisme-aktivis. Die vorige een was om te beweer dat Brittanje ‘rassisme uitgevind’ het.

Voorheen het Abbott ook beskuldigings van rassisme getrotseer nadat sy gesê het blonde blou-oog Finse meisies wat in haar plaaslike hospitaal werk is “ongeskik as verpleegsters, want hulle het nog ‘nooit voorheen met ‘n swart persoon gewerk nie”.

Nader tuis het nog ‘n rassestorm Twitter getref, weereens met Zille in die middel. Die twiet wat vra of Kaapstad die rassismehoofstad van die wêreld vir 2011 verteenwoordig, maak opslae. Die botsing was tussen Kaapstad-musikant Simphiwe Dana en die Demokratiese Alliansie-leier, Helen Zille.

Dit het alles begin toe die kunstenaar Lindiwe Suttle op Twitter berig het dat sy die slagoffer van rassisme in Kaapstad was en soos ‘n tweedeklasburger voel.

Meer nog as in die land se ander metros, is Kaapstad se rasse- en inkomste-, asook historiese verspreiding van ontwikkeling erg oneweredig. Kritici sê rasse-enklawes is fisiese ruimtes en skei swart Gugulethu van gekleurde Mitchell’s Plain van wit Clifton. Inwoners word beperk in hulle sosiale interaksie en bly binne hul rasse-groep, sê hulle.

Kapenaars klou ook aan onbetwiste vooropgestelde idees oor die eienskappe wat die ander definieer.

Zille se onmiddellike reaksie was om te sê, “Watter volledige nonsens”. Zille beweer die twiet is deel van ‘n ANC-kabaal, en kom van diegene wat bitter is dat die DA in beheer is in die Wes-Kaap. Dit strook egter nie met die werklikheid waar swartes daagliks in Kaapstad sukkel om aanvaar te word nie.

Wit Kapenaars se reaksie op die aanval, is met die verbeeldinglose # CapeTownIsAwesome-tag beantwoord, maar die publiek het daarna niks gedoen om betrokke te raak en op die onderwerp te reageer nie.

Aan die ander kant is egter ‘n stortvloed woede teen Zille se “wit” en aanmatigende houding. Die wit, en veral Britse bevolking in Kaapstad skuil deesdae agter “klas” om anderskleuriges uit te hou.

In 2003, toe Marcus Pillay, ‘n bruin Kaapstadse aktuaris, weggewys is by ‘n klub in Groenpunt, het die klub se eienaars gesê hulle beleid is gebaseer op klas, nie ras nie. Pillay en grondwetprofessor Pierre de Vos het die saak na die Gelykheidshof geneem en ‘n skikking is bereik waar die klubeienaars toegegee het dat Pillay op grond van ras verbied is. Hulle het belowe om die beleid te hersien.

Daardie les, egter, is verlore op ander kroeë in die gebied, veral Bronx, wat nog steeds geteister word deur beskuldigings dat hulle mense op grond van ras benadeel.

Asoka, ‘n kroeg en sitkamer in Kloofstraat se wit eienaar sê reguit: “Ek kan jou inlig dat Asoka nie ‘n rassistiese beleid het nie! Ons sal die eerste wees om te erken dat ons op grond van klas diskrimineer. En realisties is dit die ongelukkige realiteit van die samelewing waarin ons leef! “

Die probleem met Zille se “afskeid” van rassisme na klassisme is dat jy dit nie so maklik kan onderskei op sig nie. Niemand loop rond met hul inkomste en nettobates aan die voorkant van hul hemde gekram nie.

Klas en ras, veral in Kaapstad, is ‘n geval van ses-van-een,en ‘n halfdosyn van die ander in die gedagtes van baie. In teenstelling met Johannesburg, byvoorbeeld, waar swart rykdom nie ‘n rariteit is soos in Kaapstad nie, beteken wit rykdom en swart armoede.

данильченко юрій Харків