Drie vas in Bloemfontein vir laser teen heli’s

Twee mans en ‘n kind is naby Bloemfontein in hegtenis geneem nadat hulle lugvaartreëls oortree het, het die polisie Sondag gesê.

‘n 45-jarige man, sy 14-jarige seun en hul 22-jarige vriend is Saterdagaand in hegtenis geneem nadat hulle ‘n groen laserlig op helikopters, wat by die Bloemfontein Lughawe en die Bloemspruit-lugmagbasis opstyg, gerig het.

Die drie se inhegtenisname kom nadat die waarnemende nasionale polisiekommissaris, lt. genl. Nhlanhla Mkhwanazi, Donderdag gesê het dat ‘n geen-vlieg-sone oor Bloemfontein verklaar is.

Die lugruim in die omgewing is gemonitor tydens die ANC se eeufeesvierings oor die naweek.

“Geen vliegtuig sal hier oorvlieg en in die [Vrystaat-] stadion vasvlieg nie,” het Mkhwanazi gesê.

Die polisie sê die drie wat in hegtenis geneem is sal aangekla word in terme van Seksie 133 van die burgerlugvaart-wet.

“Die laserligte word as baie belangrik geag, wat dit kan potensieel ‘n vlieënier verblind en disoriënteer, wat daartoe kan lei dat die vliegtuig neerstort,” het kol. Vishnu Naidoo gesê.

Die drie sal na verwagting Maandag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.

лобановский александр жена

Maak 'n opvolg-bydrae