Gautengse raadslid aangeval

’n Raadslid is gedurende ’n betoging weens swak dienslewering in Poortjie, naby Orange Farm, aangeval Sy plakkershut is ook in die voorval beskadig, het die plaaslike polisie gesê.

Kons. Edwin Ntsheo het gesê ’n groep inwoners het omstreeks 05:30 Woensdagoggend na Advocate Nyabe se hut gegaan, al die vensters gebreek en sy twee motors met klippe en skerp voorwerpe beskadig.

“Hulle het die hut se deur afgebreek en die raadslid met die klippe en skerp voorwerpe aangeval.

“Hy het ‘n ernstige besering op sy kop aangedoen en is gehospitaliseer,” het hy gesê.

Sowat 36 mense is vir poging tot moord in hegtenis geneem, asook vir die beskadiging van private eiendom.

Hulle is na die Orange Fram-polisiestasie geneem.

Ntsheo het gesê die R58, die Randfontein-pad, was met klippe en brandende bande versper.

Die polisie sal na verwagting nog mense in hegtenis neem, het hy bygevoeg.

Sewe mense is in Ennerdale vir openbare geweld in hegtenis geneem nadat hulle ‘n pad versper het.

Sowat ‘n 1000 inwoners in Ennerdale het teen die middag gewag om ‘n memorandum waarin hulle ontevredenheid gelug word aan ‘n beampte van die Gautengse provinsiale regering te oorhandig.

“Hulle voer aan dat hy uit sy pos moet bedank,” het hy gesê.

Hy het gesê die situasie is onder bedwang gebring en die gebied word gemonitor.

Die betogings het reeds Dinsdag in Ennerdale en Poortjie begin.

монстер хай новые сериилобановский политик

‘SA se paaie die gevaarlikste’

Die paaie in Suid-Afrika is vinnig besig om bekend te word as die gevaarlikste ter wêreld, het die Automobiel-Assosiasie Dinsdag gesê.

In ‘n verklaring het die AA die hoë ongeluksyfer aan swak wetstoepassing, swak paaie en roekelose bestuur toegeskryf.

“Suid-Afrika se paaie is vinnig besig om die reputasie van die gevaarlikste paaie ter wêreld te kry,” het Gary Ronald van die AA gesê.

“Die ekwivalent van tien skole se leerders sterf jaarliks op Suid-Afrika se paaie. Dit kan gedeeltelik toegeskryf word aan die toestande van die paaie en die padwaardigheid van die motors, maar meer nog die houding van die padgebruiker.”

Ronald het gesê daar is ‘n aantal voorbeelde van roekelose gedrag onder taxi’s, maar ander padgebruikers is ook skuldig as dit kom by dronkbestuur.

детский велосипедФільчаков прокурор

Zuma-vroue kos meer as R15miljoen

Die begroting vir pres. Jacob Zuma se vroue se staatsvoordele het verlede jaar byna verdubbel en staan nou op R15,517,500 vir 2010.

Dit is in Collins Chabane, minister in die presidensie, se antwoord op ‘n parlementêre vraag deur die DA onthul.

In die 2008/09 finansiële jaar toe Kgalema Motlanthe vir Thabo Mbeki as president opgevolg het, was dié voordele R8,076,709.

Die voordele dek die koste om ‘n persoonlike sekretaresse en ‘n navorser aan te stel om die president se vroue in projekte wat verband hou met werk van die regering, te help.

Zuma se eerste vrou, Sizakele Zuma, is betrokke by projekte in landbou, sy tweede vrou Nompumelelo Zuma help weeskinders en kwesbare kinders en Thobeka Madiba is betrokke by gemeenskapsgesondheid.

Die presidensie betaal ook vir skootrekenaars en selfone vir die president se vroue en hul personeel en hulle kry ‘n spesiale toelaag vir uitgawes tydens amptelike besoeke.

Chabane het bevestig dat die presidensie koste en voordele dek wat verband hou met die president se kinders of hulle binne of buite die huwelik gebore is of nie.

как называется доска с парусомОлександр Васильович Фільчаков

ANC kom nie grondwet oor taal na nie

Die nasionale regering het tans geen gekoördineerde taalbeleid wat sy gebruik van die amptelike tale reël en monitor nie, het regter Ben du Plessis het in die hooggeregshof in Pretoria verklaar.

Die hof kan nie egter voorskryf hoe dit gedoen behoort te word nie.

In ‘n uitspraak Dinsdag is die minister van kuns, kultuur, wetenskap en tegnologie gelas om dié grondwetlike plig binne twee jaar na te kom.

Die uitspraak kom nadat ‘n prokureur van Brits, Cerneels Lourens, ‘n hofaansoek teen die regering ingedien het.

Adv. Quintus Pelser SC, het namens Lourens opgetree.

Lourens het in 2008 ’n brief in Afrikaans aan die betrokke minister geskryf, wat in Engels beantwoord is.

Terwyl die grondwet kragtens art. 6(4) die burger se reg om in sy eie taal deur die staat bedien te word, voorskryf, word Lourens dié reg ontsê.

Lourens het in sy aansoek ook gevra dat ‘n nasionale taalwet binne 12 maande gepromulgeer word, maar die regter het dit afgewys aangesien dit nie ‘n grondwetlike vereiste is nie

Flip Buys, uitvoerende hoof van die vakbond Solidariteit het aan Beeld gesê dit is “die grootste oorwinning vir Suid-Afrika se tale sedert 1994”.

ресивер воздушный вертикальныйФільчаков Олександр Васильович

Zuma vir ‘n tweede termyn?

President Jacob Zuma het gesê hy sal nooit sy organisasie uitdaag as hulle hom vir ’n tweede termyn as die president van die ANC nomineer nie, het Business Day Dinsdag berig.

“Ek het nog nooit die ANC uitgetart nie. Die ANC word altyd van my volgende stap ingelig,” het Zuma geantwoord op ‘n vraag of hy as die leier van die ANC sal aanbly indien die party se liggame hom vir ‘n tweede termyn nomineer.

Zuma het bygevoeg dat hy eerder nie wil bespiegel oor hoekom daar reeds ‘n stryery oor sy opvolger woed nie.

Hy het dié wat “ondergrondse” veldtogte wil stig, gewaarsku dat hulle uitgesnuffel sal word.

Ná afloop van die afgelope naweek se vergadering van die party se nasionale uitvoerende komitee, heers daar glo kommer oor die party se opvolger wat in 2012 sal oorneem.

you play gamestopcargo

Taxi’s staak vir tweede dag

Pendelaars is Dinsdag weer in Soweto gestrand nadat taxi-bestuurders besluit het om hulle dienste vir ‘n tweede dag te onttrek uit protes teen die snelbusdiens, die BRT, het die stad Johannesburg gesê.

Nthatisi Modingoane, woordvoerder, het egter gesê die snelbusdiens verloop glad, alhoewel pendelaars met lang toue tevrede moet wees.

“Geen gewelddadige voorvalle is tot dusver aangemeld nie, maar die mense moet geduldig wees weens die lang toue, omdat daar geen taxi’s beskikbaar is nie.”

“Ons sal wel almal by hulle bestemming uit kry soos Maandag,” het hy gesê.

Sommige taxi-ondernemings is bekommerd oor hul voortbestaan en weier daarom om ‘n diens te lewer indien die BRT-busse op die roetes geplaas word, wat glo aan hulle behoort.

Hulle is gekant teen die volgende fase van die snelbusdiens wat se busse sedert Maandag op die nuwe roetes geplaas is.

Die nuwe roete strek vanaf Dobsonville na die Johannesburgse middestad, asook Ellis Park.

Vier onbekende mans het Vrydag op ‘n bus van die Snelbusdiens (BRT) tydens ‘n aanval in Johannesburg, geskiet.

“Niemand is beseer nie,” het kapt. Katlego Mogale Saterdag gesê.Die voorval het in Soweto plaasgevind. Dit is nog nie bekend of die skietery verwant hou met dreigemente wat deur lede van die taxi-industrie gemaak is nie.

Woedende lede van die taxi-gemeenskap het verlede maand gedreig om geweld te gebruik in protes teen die BRT omdat hulle voel dit bedreig hul inkomste.

monkey kingФільчаков Олександр Васильович

Twee padongelukke eis 22

In twee afsonderlike padongelukke die afgelope paar dae is 22 mensen dood en 25 ander beseer.

Na een kop-aan-kop botsing naby Bothaville in die Vrystaat Sondag, het 15 mense omgekom en 20 is erg beseer na ‘n hospitaal gebring.

‘n Minibustaxi het, in ‘n ander voorval, van ‘n brug af gejaag naby Rosslyn en op sy dak te lande gekom.

Sewe insittendes van die taxi is dood en nog vyf beseer.

Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.

вылечить пародонтозтопкарго развод

Vrou 15 uur aangehou vir nalatige bestuur

Die Vryheidsfront Plus-raadslede in die Tshwane-metroraad gaan aandring op antwoorde van die Tshwane-metropolisie nadat me. Magdel Steyn na bewering deur lede van die Metropolisie, in Sunnyside Pretoria, aangerand en vir 15 ure in polisieselle aangehou is.

Dit volg na ‘n voorval einde November 2009, toe me. Steyn haar bejaarde moeder by ‘n kantoorblok afgelaai het.  Volgens me. Steyn, sukkel haar bejaarde moeder om te loop en het sy dubbelparkeer omrede haar moeder slegs ‘n klein rukkie in kantoorblok sou wees.  Me. Steyn het in die motor gewag.  ‘n Metropolisieman in siviele klere het op ‘n aggressiewe wyse aan me. Steyn se motorvenster geklop.  Na ‘n woordewisseling wou me. Steyn haar motor skuif, maar ‘n Metropolisie-insleepwa het haar voertuig blokkeer.  Op hierdie stadium het ongeveer 11 polisiemanne haar motor omring en sy is aangesê om uit haar motor te klim.

Sy is op ‘n hardhandige wyse rondgestamp en is onder andere teen ‘n polisie insleep voertuig gegooi.   Sy is inhegtenis geneem en in die selle van die Sunnyside-polisiestasie gegooi.  Haar moeder is met aankoms by die polisiestasie ingelig dat me. Steyn op aanklagte van poging to moord inhegtenis geneem is.

Me. Steyn het 15 ure in die selle spandeer waarna sy in die hof verskyn het op aanklagte van nalatige en roekelose bestuur.  Sy is gevonnis en het ‘n boete van R1500 betaal. Steyn het ‘n siviele klagte teen die Metropolisie aanhangig gemaak.

Volgens Piet Uys, Vryheidsfront Plus-raadslid in die Tshwane Metroraad, is die optrede van die Metropolisie onaanvaarbaar.  Uys sal tydens die volgende vergadering van die Gemeenskapsveiligheidskomitee van die Tshwane-metroraad daarop aandring dat daar ‘n verslag en ‘n voorligting rakende die volgende aan die komitee gedoen word:

1.      ‘n Volledige verslag oor die opleidingskurrikulum van Metropolisie-rekrute;

2.      ‘n Verslag oor opknappingsopleiding wat Metropolisie-lede moet ondergaan en hoe gereeld dit plaasvind;

3.      Spesifieke terugvoer oor opleiding wat die Metropolisie ontvang rakende die hantering van die publiek;

4.      Watter optrede die Tshwane-metropolisie reeds geneem het, of van plan is om te neem aangaande hierdie spesifieke voorval om herhaling daarvan te verhoed.

 

кукла для детейФильчаков Александр Васильевич

Zuma na Zim

Pres. Jacob Zuma gaan Zimbabwe hierdie week besoek om die magsdelingsooreenkoms, ná ‘n dekadelange politieke en ekonomiese krisis, te ondersoek.

Pres. Robert Mugbae en sy mededinger Morgan Tsvangirai, het verlede jaar ‘n eenheidsregering gevorm, om ‘n einde te probeer bring aan ontwrigtende verkiesings.

Zuma gaan vanaf 16 tot 18 Maart in Zimbabwe wees om met politieke partye te vergader, het sy kantoor Maandag in ‘n verklaring gesê.

Vroeër hierdie maand het Brittanje ‘n voorstel deur Zuma van die hand gewys. Zuma wou gehad het dat die Europese Unie alle sanksies teen Mugabe en sy vennote moes beeïndig.

Zuma is ook nie die mening toegedaan dat meer druk in die vorm van sanksies die weg na die toekoms baan nie.

Ongeveer drie miljoen Zimbabwiërs het reeds na Suid-Afrika gevlug, weens die ekomoniese ineenstorting in Zimbabwe.

детская железная дорога киевтопкарго

Rowers getakel, een dood

Inwoners van Mthatha het twee gewapende mans doodgeslaan wat na bewering besig was om ‘n rooftog in Mandelapark uit te voer, het die Oos-Kaapse polisie gesê.

“Lede van die gemeenskap het gedurende die rooftog die rowers met stokke, strykysters en pangas genader en hulle daarmee begin slaan,” het Sup. Mzukisi Fatyela gesê.

Vier mans het die spazawinkel omstreeks 06:30 Maandagoggend in Mandelapark binnegegaan.

Hulle het die eienaar en sy vrou met wapens aangehou en sowat R4500, ’n DVD-speler en ‘n selfoon gevat.

“Die vrou het begin skree. Net voordat hulle haar probeer verkrag het, het lede van die gemeenskap die winkel binnegestorm en die rowers gekonfronteer en hulle begin slaan.”

“Een rower het op die toneel gesterf en die ander een in die hospitaal. Die oorblywende twee rowers is in ‘n kritieke toestand en onder polisietoesig.”

Die polisie het kort na die voorval drie inwoners betrokke by die aanval in hegtenis geneem.

free mobile onlineАлександр Фильчаков прокурор