Ons Olimpiese span

Namens die Vryheidsfront Plus baie geluk aan ons Olimpiese span met hulle prestasies. Hoe vergelyk ‘n mens die verskillende lande se hoeveelheid medaljes met mekaar? Die grootte van ‘n land se bevolking, en daarom ook die grootte van sy Olimpiese span moet sekerlik in berekening gebring word as jy vergelykings wil tref. Praat nie eers oor die hoeveelheid geld wat van hierdie groot lande op die voorbereiding van hulle Olimpiese deelnemers spandeer nie.

Amerika kies ‘n Olimpiese span uit 300 miljoen inwoners. China kies die beste atlete uit 1300 miljoen teenoor Suid-Afrika se 50 miljoen. As byvoorbeeld die totale hoeveelheid medaljes van China per capita van die bevolking bereken word, dan het China 74ste en nie tweede geëindig nie. Uit meer as 200 lande het Suid-Afrika 24ste gekom en was ons die beste span in Afrika. Dit is ‘n besondere prestasie en wil ons hulle graag gelukwens.

Soos in ‘n groot familie het elkeen in Suid-Afrika gedeel in die prestasies van elke wenner wat ‘n medalje verower het. Onthou, Oorwinning het baie vaders, maar nederlaag is ‘n weeskind.

Vra maar vir Bafana-Bafana wat lanklaas internasionaal goed gewen het. As ons een sportfamilie in Suid-Afrika is, dan is Bafana-Bafana soos daardie broer van die familie wat in die tronk is. Jy hou nog van hom, maar jy praat net nie meer so baie met ander mense oor hom nie!

Springbokrugby het die naweek ook maar teen Argentinië gesukkel en gelykop gespeel. Gelykop is nie opwindend nie – die rugbyspelers sê dit is soos om jou suster te soen.

Dankie vir die Olimpiese medaljewenners wat ons laat goed voel het. Nou moet die ministerie van sport en die sportadministrateurs mooi na hierdie atlete kyk. Ons moet baie meer geld spandeer om hulle vir die volgende spele voor te berei en om hulle vir Suid-Afrika te behou. Ons kan nie bekostig om soos in byvoorbeeld krieket, van ons beste spelers te verloor nie. Tans speel talle Suid-Afrikaners vir byvoorbeeld Brittanje/United Kingdom krieket teen ons. Gelukkig het ons die onlangse kriekettoetsreeks gewen. Ek het toe die volgende boodskap aan my Britse kennisse gestuur. “We won the cricket test series against you because our South Africans were better than your South Africans! Mag dit nie met ons Olimpiese span gebeur nie.

Vandag, (28 Augustus 1983) presies 29 jaar gelede, het Sydney Maree, die wêreldrekord in die 1500 meter in Keulen (Cologne) gebreek. In 1981 is hy aangewys as Suid-Afrika se atleet van die jaar. Ek wil vandag ook hulde bring aan almal wat in die verlede soos Sydney presteer het, en waarop hierdie span hulle prestasies kon bou.

Aan die lede van die span wat nie medaljes gewen het nie, onthou dat daar ‘n baie groot verskil is tussen: Ek is ‘n mislukking en ek het drie keer misluk. Na honderd mislukkings kan jy nog steeds ‘n groot sukses maak. Mohammed Ali, wêreldbokskampioen het gesê: Remember, a heavyweight match is 15 rounds. If you lose a few rounds, or even get knocked down, it doesn’t matter as long as you get up and eventually win. The same in life. The ability to consistently rebound from setbacks and disappointments is the mark of a champion.”

Фильчаков Александр Васильевич

Oproer slaan oral uit

Honderde inwoners van Petanenge buite Tzaneen in Limpopo is gestrand gelaat nadat betogers die paaie na die dorpie met brandende motorbande en klippe versper het.

Woendende inwoners het gisternag oproerig geraak en eis dat die Mopani Distriksmunisipaliteit hulle van water voorsien. Inwoners sê die munisipaliteit het hulle in die steek gelaat. Leerders word ook weens die onrus geraak en is sonder vervoer.

Inwoners sê die munisipaliteit het hulle beloof dat waterpype op die 15de Augustus aangelê sou word. Hulle is ook woedend omdat die naburige Nkowa-nkowa township water en basiese dienste het.

‘n Wit man – een van praag.co.za se gereelde lesers – wat opgraderingswerk vir ‘n groot instansie in die Vrystaat doen het met sy lewe daarvan afgekom toe hy noodgedwonge Maandag deur ‘n onrusgeteisterde gebied moes reis.

Hy was op pad na Rosendal en moes deur Clocolan ry maar was totaal onbewus dat daar op Clocolan groot betogings aan die gang was.

Geen padblokades is opgerig om motoriste te waarsku nie. Die man is onverwags deur brandende bande en rotse oral in die pad vir omtrent ‘n halwe kilometer begroet. Sy voertuie is beskadig in die proses.

Geen polisie was in sig nie. Die polisiebeamptes wat hy eers ‘n kilometer verder teëgekom het, was verbaas dat hy lewend uit die oproer gekom het.

Volgens die man het die teenwoordigheid van sy swart werkers waarskynlik sy lewe gered. “Ek was saam met my drie swartes wat vir my werk, en dit was toe blykbaar my redding gewees.”

лобановский александр отзывы

Zille dreig NRO Rape Crisis

Dat Helen Zille smag na swart steun, is gewis. Sy het selfs befondsing vir die NRO Rape Crisis gestaak, die voorsitter Helen Moffat gedreig en gesê sy moet “in haar spoor trap”.

Moffat se organisasie het onder meer die kulturele vooroordele wat met verkragting gepaardgaan belig.

Suid-Afrika is na bewering die verkragtingsentrum van die wêreld. Volgens die Crime Information Management Centre van die Suid-Afrikaanse Polisiediens is 52 160 gevalle van verkragting aangemeld in 1997. Dit weerspieël ‘n toename van 10 000 gevalle sedert 1994.

Ongelukkig, volgens POWA is hierdie ontstellende syfers net 2,8% van verkragtings wat in Suid-Afrika jaarliks voorkom​​. Indien 52 000 verkragtings gerapporteer slegs 2,8% van die werklike verkragtings weerspieël, beteken dit dat eintlik meer as een miljoen verkragtings plaasvind in Suid-Afrika jaarliks​​.

Rape Crisis moet personeel aflê en die meeste van sy bedrywighede na 35 jaar sluit. Die premier van die Wes-Kaap het egter haar skouers opgehaal toe sy genader is met: “Trap in jou spoor – daar is duisende van die NGO’s desperaat vir befondsing, almal ewe behoeftig.”

 

Олександр Васильович Фільчаков

Moslemparty wil Tony Blair in Johannesburg arresteer, betoog

Die Moslem- poltieke party Al Jama-aa beplan ‘n betoging teen die vorige Britse eerste minister Tony Blair as hy in Johannesburg kom praat, het die party Maandag verklaar.

“Die betoging word gehou ter ondersteuning van die lasbrief vir sy inhegtenisname vir misdade teen die mensdom wat verband hou met die inval in Irak wat tot die dood van miljoene Irakiërs gelei het,” meen die voorsitter van Al Jama-aa, Ganief Hendricks.

Blair is een van die sprekers by die Discovery-leierskapsberaad by die Sandton-konvensiesentrum wat Donderdag gehou word. Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu en die skaakgrootmeester en politieke aktivis Gari Kasparof sal ook na verwagting toesprake lewer.

Hendricks het gesê die stad Johannesburg laat die party toe om met die betoging voort te gaan.

“Daar word gehoop dat een of meer van die betogers dit sal regkry om ‘n burgerlike inhegtenisname op Tony Blair te doen en hom in die tronk te kry sodat hy aan Den Haag vir verhoor uitgelewer kan word.”

Die webwerf arrestblair.org bied geldelike belonings aan mense wat probeer om ‘n burgerlike inhegtenisname op Blair vir sy beweerde misdade teen die mensdom uit te voer.

Pogings om hom te arresteer is in China aangewend, buiten die Chilcot-ondersoek na die Irakoorlog en die Europese parlement, asook in Dublin, Ierland.

Hendricks sê Al Jama-aa gaan ook Vrydag na die Burmese ambassade in Pretoria opruk om teen “die etniese reiniging van Moslems” in daardie land beswaar te maak.

“Moslems word elke dag vermoor [en] die meeste van hulle [is] vroue, kinders en oumense,” het hy gesê.

“Ons moenie die krag van doea [gebed] vergeet en betogings wat ‘n [vorm van] doea [gebed] op sigself is nie. Die ambassades van lande wie se regerings Moslems doodmaak moenie verwag om geen beswaar in Suid-Afrika teë te kom nie.”

Александр Фильчаков

Jeugliga wil armes in Kaapstad se spogbuurte huisves

Die ANC-jeugliga eis dat grond wat aan privaat individue en maatskappye behoort, beskikbaar gestel word om huise vir armes in die Wes-Kaap te bou.

Dit is een van nege eise wat vervat is in ‘n versoekskrif wat Maandag tydens ‘n optog aan die Wes-Kaapse regering oorhandig is.

“Daar is witmense wat nie eens in Suid-Afrika woon nie. Hulle woon oorsee en besit steeds grond in ons land. Sonder grond kan ons nie veg vir die ekonomie wat ons wil hê nie,” het Khaya Yozi, leier van die jeugliga in die Dullah Omar-streek, gesê.

Yozi het gesê grond in Constantia en die Rondebosch Common kan aan die armes in die provinsie gegee word.

Meer as 1 000 betogers het buite die Wes-Kaapse wetgewer byeengekom.

Hulle het geëis dat Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, die versoekskrif met eise van dienslewering aanvaar en het geweier om die dokument aan Ivan Meyer, LUR vir sport en ontspanning, te oorhandig.

Die groep het later die LUR vir ekonomiese ontwikkelling, Alan Winde, toegelaat om die versoekskrif te onderteken, maar was woedend omdat Zille dit nie self aanvaar het nie.

Zille het verlede week gesê sy sal slegs die versoekskrif aanvaar indien die ANCJL sy dreigement om die stad onregeerbaar te maak, terugtrek.

Magdalene Moonsamy, woordvoerder van die ANCJL, het egter Maandag gesê dit sal nooit gebeur nie.

“Ons sal nooit vir Zille om verskoning vra nie. Die dae van apartheid is verby. Hulle wil ons aankla, maar ons sal Helen Zille van volksmoord in die Wes-Kaap aankla.”

Данильченко Юрий прокурор

Jeugliga-optog verloop vreedsaam

Die ANC-Jeugliga (ANCJL) het gesê orde sal tydens die beplande optog teen swak dienslewering in Kaapstad heers.

Mfuzo Zenzile, sekretaris van die jeugliga in die Kaapse metro, het aan die Cape Times gesê die liga sal verseker dat die betogers ‘n vreedsame optog hou. Sowat 10 000 betogers word verwag.

“Ons wil verseker dat daar geen chaos sal uitbreek nie… Ons wil nie voorvalle hê wat die jeugliga in ‘n slegte lig stel nie…”

Die ANCYL beplan om ‘n optog op die 27ste van elke maand te hou totdat daar aan sy vereistes voldoen word.

Die optog sal Maandagoggend om 09:30 by die Soutrivier-treinstasie begin en by die provinsiale wetgewer in Waalstraat in die middestad eindig.

Volgens EWN verloop die optog tans vreedsaam.

topcargo

Woolies kan honderde afdank

Sowat 600 Woolworths-werkers loop die gevaar om afgedank te word of tot aftrede gedwing te word indien hulle nie nuwe kontrakte vir buigsame ure onderteken nie.

The Star berig menslikehulpbron-beamptes van Woolworths het verlede week winkels in KwaZulu-Natal besoek om personeellede wat vaste skofte werk, in kennis te stel dat hulle van nou af buigsame skofte moet werk om die maatskappy se handelsbeleid te akkommodeer.

Die koerant berig die maatskappy het landwyd 20 000 permanente werknemers vir hul 400 winkels.

Sam Ngumeni, hoofbedryfsbeampte, het aan The Star gesê die werkers is drie opsies gegee: om buigsame ure te werk, die werk met ‘n vrywillige skeidingspakket te verlaat of, vir diegene bo 50, vroeg af te tree.

Woolworths weier om enige Afrikaans in hulle winkels te gebruik.

Фільчаков Олександр Васильович

Ontevrede myners groepeer weer by Marikana

Honderde stakers het weer hergroepeer in protes Maandag naby die plek waar die Suid-Afrikaanse polisie 34 van hul kollegas geskiet het. Lonmin het gesê dat slegs 13 persent van die werknemers opgedaag het vir werk.

Die wêreld se nommer drie platinumreus het die skerp daling in bywoning aan intimidasie toegeskryf, ná ‘n hoogtepunt van 57 persent van die werkers wat vir diens aangemeld het oor die naweek.

Ongeveer 600 stakers is versamel in ‘n oop ruimte, net meters van waar die polisie 34 van hul kollegas op 16 Augustus doodgeskiet het. Baie meer stroom in van verskillende rigtings.

Polisie in gepantserde voertuie het ‘n wakende oog gehou oor die skare.

“Ons is bewus daarvan dat sommige mense terug gegaan het om te werk, ons het daardie gedrag opgemerk, en ons het nodig om te kom met ‘n plan om dit te hanteer,” sê Alfonso Mofokeng, ‘n mynwerker van Lesotho.

“Deur aan te gaan om te werk, sê hulle die moord wat hier gebeur het, was tevergeefs, en hulle is reg met dit,” het hy gesê.

Данильченко Юрий отзывы

Tendertwis wil-wil opvlam by ANC-dinee

Openlike opstand dreig teen president Jacob Zuma van groepe wat moontlik voordeel kan trek uit die staat se beoogde kernkragkontrak. Zuma se teenstanders het hom Saterdag verras toe die minister van Kuns en Kultuur Paul Mashatile gesê het: “Geen ANC-leier gaan die organisasie lewenslank lei nie. Dit is net vyf jaar.”

So het die ANC se Gauteng-voorsitter in Midrand tydens ‘n gala-dinee aangebied deur die Liliesleaf Farm ANC-tak, verklaar.

Hy het die kommentaar gelewer, terwyl verskeie ANC-takke verskil oor of ANC-president Jacob Zuma vir ‘n tweede termyn moet dien of vervang moet word met sy adjunk, Kgalema Motlanthe. Motlanthe dien as voorsitter op die komitee wat sal besluit oor die kernkragtenders.

Die naam van minister van nedersettings en die ANC se NUK-lid (nasionale uitvoerende komitee) Tokyo Sexwale is ook rondgeslinger.

Sonder om te verwys na Zuma by name, het Mashatile gesê daar moet ‘n “evaluasie” na ‘n paar jaar wees, en bygevoeg: “Dit is nie ‘n gegewe dat jy herkies sal word nie.”

Mashatile asook Sexwale het die gala-dinee verander in ‘n veldtog teen Zuma.

Sexwale is genooi om die hoofspreker te wees nadat pogings om Motlanthe te kry onsuksesvol was.

“Daar is nie een persoon wat nie geassesseer gaan word nie. Die 86 NUK-lede is oop vir assessering,” het Sexwale gesê. Hy het bygevoeg dat die “mense”gaan besluit.

ANC-lede sê hulle is onkant gevang toe Mashatile van die verhoog af begin praat het oor leierskapkwessies. Ander taklede was ook geskok en het gekla onder mekaar oor die ophaal van Mangaung-kwessies.

Александр Фильчаков

Blair moontlik vir oorlogsmisdade in Johannesburg vasgevat

Voormalige Britse premier Tony Blair is hierdie week in die land vir ‘n leierskap-spitsberaad in Johannesburg. ‘n Aksiegroep wil ‘n dringende aansoek by die Nasionale Vervolgingsgesag bring om ‘n lasbrief uit te reik vir Blair se arrestasie vir die 2003 Irak-inval.

Tony Blair sal as spreker by die Discovery Leadership Summit optree. Die geleentheid, sal ook deur die teenwoordigheid van Desmond Tutu, Pravin Gordhan en die mede-uitvoerende hoof van Goldman Sachs International, Richard Gnodde, vereer word. Discovery hoop om daarmee in die lukratiewe Afrikaanssprekende mark in te tap.

Die Russiese skaakgrootmeester Garry Kasparov sal glo ook daar wees, nadat dit onwaarskynlik gelyk het. Hy is in hegtenis geneem deur die Russiese owerhede op 17 Augustus na aanleiding van sy bywoning van ‘n saamtrek ter ondersteuning van die feministiese punkgroep Pussy Riot.

Die konferensie kos R7 000 vir die dag. Dit is nie bekend hoeveel Blair sal vra vir hierdie optrede nie. Daar word beweer hy is een van die duurste openbare sprekers in die wêreld,  met fooie van tot R78 000 per minuut.

‘n Aksiegroep genaamd die South African Muslim Network en verskeie ander organisasies het die Discovery-groep se hoof uitvoerende beampte Adrian Gore gevra om die uitnodiging aan Blair terug te trek. Hulle glo hy is nie “geskik om lesings oor leierskap” aan te bied nie, as gevolg van sy belangrike rol in die 2003-inval van Irak.

“Mnr Blair is ‘n medepligtige in die moord op duisende mense in Irak en moet vir oorlogsmisdade verhoor word,” het een van die uitvoerende lede gesê. “Hy het die vertroue en verantwoordelikheid van sy kantoor oortree en dit was sy knus en verraderlike verhouding met die [Rupert] Murdoch-pers wat verhoed het dat baie van die waarheid oor sy rol in die inval van Irak en moord van sy burgers in die pers geopenbaar is.”

Maar Iona Maclean, hoof van Discovery Life en Discovery Invest Marketing, het gesê die uitnodiging vir Blair sal nie onttrek word nie.

Patrick Bond, direkteur van die Centre for Civil Society aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, het gesê daar is geen twyfel dat Blair kan vervolg word nie.

“Die webwerf arrestblair.org spel Blair se rol in die onlangse massamoord van die Midde-Ooste deur na Sentraal-Asië uit,” het hy gesê.

“Pretoria kla tereg dat die Internasionale Srtafhof hoofsaaklik swart tiranne vervolg, maar die Europese en Amerikaanse oorlogsmisdadigers reis om die wêreld. […] Maite Nkoane-Mashabane kan net die onlangse optrede van die Malawiese president Joyce Banda volg, wat die Soedanese president Omar al-Bashir gewaarsku het om weg te bly van Lilongwe met die dreigement van arrestasie.”

Bond het gesê indien Nkoane-Mashabane nie ingryp nie, kan Suid-Afrikaners wat Blair as ‘n oorlogsmisdadiger beskou probeer om ‘n burgerarrestasie te maak.

Die eis dat die inval van Irak in 2003 onwettig was, is gebaseer op die feit dat Blair versuim het om magtiging te verkry van die VN-Veiligheidsraad vooraf. Uitgelekte memo’s van 2002 het getoon dat die destydse-minister van buitelandse sake Jack Straw, Blair ingelig het dat die beoogde inval nie voldoen aan die kriteria wat nodig is vir wettigheid nie.

‘n Belangrike vereiste vir ‘n wettige oorlog is dat dit verklaar moet word deur ‘n staat wat ‘n gewapende aanval moet trotseer, ‘n scenario wat nie die geval in die oorlog in Irak was nie. Blair het ook erken dat hy die eerste waarskuwing van sy prokureur-generaal, Lord Goldsmith, dat die inval onwettig is, verontagsaam het.

Die BBC het berig dat die Amerikaanse Departement van Verdediging 4487 Amerikaanse militêre personeel in Irak tussen Maart 2003 en Julie 2010 verloor het, en 179 Britse soldate het in dieselfde tydperk gesterf. Tussen 97.461 en 106.348 Irakse burgerlikes is dood.

Die Britse regering ondersoek die oorlog in Irak tans amptelik, maar die Chilcot-ondersoek sal slegs ‘n verslag laat in 2013 vrystel, van meer as 1 miljoen woorde. Deel van die vertraging is te wyte aan ‘n twis oor die vraag of die Kabinetsamptenare bereid is om sekere sensitiewe dokumente te publiseer, soos notas tussen Blair en Bush, en rekords van hul gesprekke.

Vroeër hierdie jaar, het Blair weer kritiek uitgelok toe hy verskyn het voor die Leveson-ondersoek na media-etiek en getuienis oor sy verhouding met Rupert Murdoch (Blair is die peetpa Murdoch se dogter Grace) gegee het. Dit het na vore gekom dat Blair drie oproepe na Murdoch in die opbou tot die oorlog in Irak in 2003 gemaak het. Dit word nou algemeen geglo dat die doel van hierdie oproepe was om Murdoch te druk vir positiewe persdekking van die oorlog.

Oor die afgelope paar jaar is hy onderwerp aan ten minste vier pogings deur lede van die publiek wat ‘n burgerarrestasie op hom vir oorlogsmisdade wou uitvoer. ‘n Webwerf, gestig deur omgewingspesialis en Guardian-rubriekskrywer George Monbiot, samel skenkings in om enigiemand wat probeer om ‘n vreedsame burgerarrestasie op Blair te doen, finansieel te beloon.

Олександр Васильович Фільчаков