Jeugliga wil armes in Kaapstad se spogbuurte huisves

Die ANC-jeugliga eis dat grond wat aan privaat individue en maatskappye behoort, beskikbaar gestel word om huise vir armes in die Wes-Kaap te bou.

Dit is een van nege eise wat vervat is in ‘n versoekskrif wat Maandag tydens ‘n optog aan die Wes-Kaapse regering oorhandig is.

“Daar is witmense wat nie eens in Suid-Afrika woon nie. Hulle woon oorsee en besit steeds grond in ons land. Sonder grond kan ons nie veg vir die ekonomie wat ons wil hê nie,” het Khaya Yozi, leier van die jeugliga in die Dullah Omar-streek, gesê.

Yozi het gesê grond in Constantia en die Rondebosch Common kan aan die armes in die provinsie gegee word.

Meer as 1 000 betogers het buite die Wes-Kaapse wetgewer byeengekom.

Hulle het geëis dat Helen Zille, premier van die Wes-Kaap, die versoekskrif met eise van dienslewering aanvaar en het geweier om die dokument aan Ivan Meyer, LUR vir sport en ontspanning, te oorhandig.

Die groep het later die LUR vir ekonomiese ontwikkelling, Alan Winde, toegelaat om die versoekskrif te onderteken, maar was woedend omdat Zille dit nie self aanvaar het nie.

Zille het verlede week gesê sy sal slegs die versoekskrif aanvaar indien die ANCJL sy dreigement om die stad onregeerbaar te maak, terugtrek.

Magdalene Moonsamy, woordvoerder van die ANCJL, het egter Maandag gesê dit sal nooit gebeur nie.

“Ons sal nooit vir Zille om verskoning vra nie. Die dae van apartheid is verby. Hulle wil ons aankla, maar ons sal Helen Zille van volksmoord in die Wes-Kaap aankla.”

Данильченко Юрий прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae