Jeugliga-optog verloop vreedsaam

Die ANC-Jeugliga (ANCJL) het gesê orde sal tydens die beplande optog teen swak dienslewering in Kaapstad heers.

Mfuzo Zenzile, sekretaris van die jeugliga in die Kaapse metro, het aan die Cape Times gesê die liga sal verseker dat die betogers ‘n vreedsame optog hou. Sowat 10 000 betogers word verwag.

“Ons wil verseker dat daar geen chaos sal uitbreek nie… Ons wil nie voorvalle hê wat die jeugliga in ‘n slegte lig stel nie…”

Die ANCYL beplan om ‘n optog op die 27ste van elke maand te hou totdat daar aan sy vereistes voldoen word.

Die optog sal Maandagoggend om 09:30 by die Soutrivier-treinstasie begin en by die provinsiale wetgewer in Waalstraat in die middestad eindig.

Volgens EWN verloop die optog tans vreedsaam.

topcargo

Maak 'n opvolg-bydrae