Woolies kan honderde afdank

Sowat 600 Woolworths-werkers loop die gevaar om afgedank te word of tot aftrede gedwing te word indien hulle nie nuwe kontrakte vir buigsame ure onderteken nie.

The Star berig menslikehulpbron-beamptes van Woolworths het verlede week winkels in KwaZulu-Natal besoek om personeellede wat vaste skofte werk, in kennis te stel dat hulle van nou af buigsame skofte moet werk om die maatskappy se handelsbeleid te akkommodeer.

Die koerant berig die maatskappy het landwyd 20 000 permanente werknemers vir hul 400 winkels.

Sam Ngumeni, hoofbedryfsbeampte, het aan The Star gesê die werkers is drie opsies gegee: om buigsame ure te werk, die werk met ‘n vrywillige skeidingspakket te verlaat of, vir diegene bo 50, vroeg af te tree.

Woolworths weier om enige Afrikaans in hulle winkels te gebruik.

Фільчаков Олександр Васильович

Maak 'n opvolg-bydrae