Ope brief aan Kaapstad se burgemeester

Geagte Patricia de Lille,
Volgens Stadsraadsvergadering Agenda Volume 4 Item C 59/08/12 gaan u by die eerskomende vergadering op 29 Augustus 2012 aanbeveel dat daar volstaan word by die Naamgewingskomitee aanbeveling dat Coen Steytlerlaan verander word na Walter Sizululaan.

Hierdie aanbeveling is nie alleen ‘n bittere teleurstelling veral vir die Steytler familie nie maar ook ‘n beslissing wat inbraak maak op die erkenning van Kaapstad aan ‘n persoon wie ‘n besondere diens en bydrae gelewer het aan die stad se ontwikkeling met die suksesvolle herwinning van die 171.5 ha strandgebied van Roggebaai in die laat veertiger en vroeg vyftiger jare van die laaste eeu.

Vandag akkomodeer die Heerengracht onder andere die Stad se Burgersentrum, die Nico Malan teater-kompleks, Media24 se hoofgebou, die Internasionale Konferensiesentrum en sovele ander prag ekonomiese kern-geboue wat aansluit by die Waterfront – praat nie eers van die opgradeerde hawe, paaie en infrastruktuur nie, en kan dit daadwerklik genoem word die Poort van Kaapstad, Suid Afrika en Suidelike Afrika.

Indien hierdie aanbeveling Woensdag aanvaar word trek Kaapstad ‘n streep deur die geskiedkundige erkenning van die prestasie onder die leiding van Coen Steytler – in 1952 Voorsitter van die Strandherwinningskomitee, van wat toenderytyd bekend gestaan het as een van die mees ambisieuse grondherwinningsprojekte ter wereld.

Het ons polities so bevooroordeeld geraak, dat ons ongeag, hierdie Stad se geskiedenis hoogtepunte summier negeer en selfs ‘n non-politikus se nagedagtenis so minag.

Wat beteken die woorde van Premier Helen Zille in 2008 toe sy oa gese het: …names are focal points of symbolism, association and remembrance and …names provide opportunities either to promote community harmony or perpetuate hurt and division…

Vandag klink dit na hol woorde as ‘n mens die simboliek, die assosiasie en die herrinnering aan Coen Steytler met sy prestasie in ag neem.

Verder vra jy jouself af: Is ons hiermee besig om gemeenskaps-harmonie te promofeer of perpetueer ons seer en verdeling?

My versoek: Daar is tyd tot Woensdag. Herbesin en herstel die respek en erkenning aan Coen Steytler. Identifiseer ‘n alternatiewe neutrale hoofroete om Walter Sizulu te vernoem – maar moenie ‘n eerbare man soos Coen Steytler die etiket van kontroversieel, aanstootlik, onsensitief en skadelik (volgens Stads-beleidsriglyne) omhang nie – hy verdien dit nie.

Ek vertrou op u begrip en simpatieke oorweging.

André Fourie.

Фильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae