Honderde inwoners van Petanenge buite Tzaneen in Limpopo is gestrand gelaat nadat betogers die paaie na die dorpie met brandende motorbande en klippe versper het.
Woendende inwoners het gisternag oproerig geraak en eis dat die Mopani Distriksmunisipaliteit hulle van water voorsien. Inwoners sê die munisipaliteit het hulle in die steek gelaat. Leerders word ook weens die onrus geraak en is sonder vervoer.
Inwoners sê die munisipaliteit het hulle beloof dat waterpype op die 15de Augustus aangelê sou word. Hulle is ook woedend omdat die naburige Nkowa-nkowa township water en basiese dienste het.
‘n Wit man – een van praag.co.za se gereelde lesers – wat opgraderingswerk vir ‘n groot instansie in die Vrystaat doen het met sy lewe daarvan afgekom toe hy noodgedwonge Maandag deur ‘n onrusgeteisterde gebied moes reis.
Hy was op pad na Rosendal en moes deur Clocolan ry maar was totaal onbewus dat daar op Clocolan groot betogings aan die gang was.
Geen padblokades is opgerig om motoriste te waarsku nie. Die man is onverwags deur brandende bande en rotse oral in die pad vir omtrent ‘n halwe kilometer begroet. Sy voertuie is beskadig in die proses.
Geen polisie was in sig nie. Die polisiebeamptes wat hy eers ‘n kilometer verder teëgekom het, was verbaas dat hy lewend uit die oproer gekom het.
Volgens die man het die teenwoordigheid van sy swart werkers waarskynlik sy lewe gered. “Ek was saam met my drie swartes wat vir my werk, en dit was toe blykbaar my redding gewees.”
