So het die ANC se Gauteng-voorsitter in Midrand tydens ‘n gala-dinee aangebied deur die Liliesleaf Farm ANC-tak, verklaar.
Hy het die kommentaar gelewer, terwyl verskeie ANC-takke verskil oor of ANC-president Jacob Zuma vir ‘n tweede termyn moet dien of vervang moet word met sy adjunk, Kgalema Motlanthe. Motlanthe dien as voorsitter op die komitee wat sal besluit oor die kernkragtenders.
Die naam van minister van nedersettings en die ANC se NUK-lid (nasionale uitvoerende komitee) Tokyo Sexwale is ook rondgeslinger.
Sonder om te verwys na Zuma by name, het Mashatile gesê daar moet ‘n “evaluasie” na ‘n paar jaar wees, en bygevoeg: “Dit is nie ‘n gegewe dat jy herkies sal word nie.”
Mashatile asook Sexwale het die gala-dinee verander in ‘n veldtog teen Zuma.
Sexwale is genooi om die hoofspreker te wees nadat pogings om Motlanthe te kry onsuksesvol was.
“Daar is nie een persoon wat nie geassesseer gaan word nie. Die 86 NUK-lede is oop vir assessering,” het Sexwale gesê. Hy het bygevoeg dat die “mense”gaan besluit.
