Malema marsjeer voort

Jeugligapresident, Julius Malema, sal appelleer teen sy skorsing uit die ANC, het sy adjunk Ronald Lamola Maandag gesê.

“Ons pleit by die ANC se nasionale dissiplinêre komitee van appèl om te oorweeg dat die skorsing [uit] … [is] nie net onregverdig nie, maar nie in ooreenstemming met die ware waardes van die ANC nie,” het Lamola aan verslaggewers gesê by Luthulihuis in Johannesburg.

“Alle sanksies en praktyke teen die aangeklaagde en gesanksioneerde lede van die ANC-jeugliga sal geskied met die goedkeuring van die kollektiewe leierskap,” het hy gesê, terwyl hy gelees het van ‘n verklaring.

Malema is verlede week geskors uit die African National Congress omdat hy die party in oneer gebring het en verdeeldheid in sy geledere gesaai het.

Hy was op die nuuskonferensie, maar het nie gepraat of enige vrae beantwoord nie. Hy het met sy arms gevou gesit, geklee in ‘n beret en ‘n sonbril. Toe verslaggewers vrae aan hom gerig het, het hy gefluister aan die liga se tesourier-generaal Pule Mabe of algemene sekretaris Magaqa, wat dan namens hom geantwoord het.

Die ANCJL se nasionale uitvoerende komitee en die ligaleiers van die verskillende provinsies het die inligtingsessie ter die ondersteuning van Malema bygewoon. Limpopo se voorsitter Frans Moswane, Noord-Kaap se ANC-Jeugligavoorsitter Shadrack Tlhaole, Vrystaatvoorsitter Kgotso Morapela, die Oos-Kaap se Ayanda Matiti, Noordwes se Papiki Baboile, en Gautengsekretaris Ayanda Kasa het ook die media toegespreek.

“Aanklagte of geen aanklagte nie, ons staan ​​by ons leierskap,” sê Moswane.

Tlhaole het gesê: “Ons verwerp die nasionale dissiplinêre komitee se besluit om ons leier te skors.”

Kasa het gesê: “Ons gaan nog steeds vir die ANC-jeugliga veg en dit verdedig.”

Baboile, Kasa en Morapela het ‘n beroep op die ANC gedoen om die saak te bespreek met die ANC-Jeugliga se leierskap.

Die ANC-jeugliga het ‘n spesiale vergadering van die nasionale uitvoerende komitee (NUK) in Johannesburg die naweek gehou om Malema se skorsing te bespreek.

“Die NUK het hul ontsteltenis oor die sanksies deur die ANC se nasionale dissiplinêre komitee (NDK) teen die ANC-jeugligaleierskap uitgespreek,” het Lamola gesê.

Hy het gesê die NUK is ook ontsteld dat die NDKA weer ligawoordvoerder Floyd Shivambu se sanksie herbevestig het, ten spyte van die feit dat hy om verskoning gevra en berou getoon het”.

Shivambu is vir drie jaar van die ANC geskors vir vloek op ‘n joernalis en vir die uitreiking van ‘n verklaring wat vra vir ‘n verandering van regering in Botswana.

“Dit wys dat daar ‘n versteekte motief agter die sanksie teen kameraad Floyd Shivambu is, want hy het nie net berou getoon nie, maar hy is ‘n eerste oortreder wat sedert die voorval gewys het dat hy hervorm het,” het Lamola gesê.

Hy het herbevestig dat Malema nie verwyder kan word as die ANC-jeugligaleier deur die ANC nie.

“Dit is net die interne proses van die ANCJL wat kan besluit oor die leierskap van die ANC-jeugliga. Dit is ons ‘n sterk oortuiging dat dit nooit maklik moet wees om ‘n verkose president van die ANC-jeugliga, veral ‘n president wat onbestrede deur die lidmaatskap van die ANC-jeugliga verkies is, te verwyder nie.”

Magaqa het gesê dat indien die ANC se nasionale dissiplinêre komitee van appèl (NDKA) Malema weer skuldig bevind en sy skorsing gehandhaaf word, dan sal Malema vra dat sy skuldigbevinding by die ANC se elektiewe konferensie in Bloemfontein later vanjaar hersien word.

Malema sal egter nie verwyder word as die ANC-jeugligapresident nie, het Magaqa verklaar.

“As hy skuldig bevind word, hy sal aanhou … dit sal beteken ons sal ‘n leier sal hê wat nie ‘n lid van die ANC is nie. Ons kan nie nou opgee nie, hy [Malema] het ons so ver gebring. Julle het te make met soldate wat aanmarsjeer,” het hy gesê.

Magaqa se lidmaatskap van die ANC is vir drie jaar opgeskort. Hy is skuldig bevind aan die uitreiking van “‘n afbrekende en potensieel lasterlike” verklaring oor die minister van openbare ondernemings Malusi Gigaba, wat ook ‘n lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee is. Gigaba het kritiek gelewer op die liga se kommentaar oor die nasionalisering van die land se myne.

Magaqa se sanksie is vir drie jaar opgeskort, maar sal in werking tree as hy nie verskoning vra aan Gigaba binne 15 dae nie.

лобановский класс харьков

Fotograaf hof toe oor ‘bloody kaffir’

Die bekroonde swart fotograaf Alf Kumalo gaan ‘n man hof toe neem omdat hy hom ‘n “bloody kaffir” in ‘n restaurant genoem het en gedreig het om hom seer te maak, volgens ‘n berig wat Maandag verskyn het.

The Star koerant het gesê die voorval het op 29 Januarie by die Ocean Basket in Sunninghill, Johannesburg plaasgevind.

“Dit gaan oor die geskiedenis en respek. Ek moet voortgaan hiermee,” het Kumalo na bewering gesê.

The Star koerant het restaurantbestuurder Romalin Moodley aangehaal wat sê die moeilikheid het begin toe hy ‘n man in die restaurant genader het om stil te bly.

Hy het glo allerlei ongemanierde dinge geskree terwyl die Australiese Ope op TV aan die gang was.

Moodley het gesê die man het voortgegaan om luidrugtig en aggressief te wees.

Kumalo het hom genader en gesê: “Met al hierdie lawaai, hoe verwag jy ons moet eet?”

Die man Kumalo daarna ‘n “bloody kaffir” genoem en gedreig om hom met ‘n bottel wyn te slaan.

Kumalo ‘n klag van crimen injuria gelê en die saak is verlede week in die Randburg-landdroshof gehoor, maar is tot 27 Maart uitgestel vir verdere ondersoek.

Kumalo is die kurator van die Alf Kumalo-museum en het ‘n fotografieskool in Soweto.

Фильчаков Александр Васильевич

Tifus maai in Zim

Sowat 3 000 gevalle van tifuskoors is reeds in die Zimbabwiese hoofstad aangemeld sedert die eerste geval in Januarie in ‘n krotbuurt gediagnoseer is, het die staatsmedia Sondag berig.

“Tans is daar meer as 3 000 vermoedelike en bevestigde gevalle,” het Prosper Chonzi, die stad se direkteur van gesondheidsdienste, aan The Sunday Mail gesê.

Meer as 90 mense van die voorstad Kuwadzana is in Januarie in die hospitaal opgeneem. Die owerhede het buitelug-kosverkope verbied in ‘n poging om te keer dat die siekte versprei.

“Ons is nou bekommerd dat die tifuskoors versprei na die aanliggende gebiede rondom Kuwadzana,” het Chonzi gesê.

“Nou beweeg ons in die onbesmette gebiede in sodat ons mense oor die verspreiding van die siekte kan opvoed. Die stadsowerhede het gevind dis beter om op voorkomingsmaatreëls te fokus, eerder as regstellende optrede.”

Henry Madzorera, die minister van gesondheid, het in ‘n onderhoud op die staats­televisie gesê die regering het nie geld om die siekte nou te bestry nie. Dit het sedertdien na ander provinsies versprei.

Tifuskoors floreer in gebiede sonder behoorlike sanitasie. Swak higiëne en sanitasie het veroorsaak dat siektes die afgelope jare talle kere in Zimbabwe uitgebreek het.

Sommige voorstede is weke lank sonder lopende water omdat die munisipaliteite sukkel om dienslewering vol te hou.

In Oktober is meer as 6 000 gevalle van diarree in die suidelike dorpe Masvingo en Kadoma aangemeld, en kinders is die ergste geraak. Vier jaar gelede is meer as 4 000 mense aan cholera dood.

Данильченко Юрий отзывы

Staatsamptenare steel meer as R300 miljoen

Staatsamptenare het in die afgelope boekjaar R300-miljoen aan openbare fondse gesteel, berig die Sunday Times.

Dié feit is vervat in ‘n verslag deur die openbare dienskommissie (OD) wat vandeesweek in die parlement ter tafel gelê is.

Die OD het finansiële wanpraktyke in 39 regeringsdepartemente en nege provinsiale regerings ondersoek.

‘n Totaal van 1135 gevalle van finansiële misdrywe is gedurende die 2009/2010-boekjaar deur staatsamptenare gepleeg.

Van hulle is 998 daaraan skuldig bevind dat hulle R346-miljoen uit die staatskas gesteel het, berig die koerant. Die syfer is die hoogste wat in vyf jaar opgeteken is – dit verteenwoordig ‘n verbysterende styging van 346 persent vergeleke met die R100-miljoen in 2008/2009.

Die OD het die regering sterk gekritiseer omdat hy nie strafregtelike vervolgings instel nie.

“Die versuim om strafregtelike vervolgings in te stel… mag gevalle van finansiële misdrywe aanmoedig sodat dit verder styg,” meen die verslag.

данильченко юрій Харків

Phosa pleit vir ekonomiese bevryding

Die ANC se tesourier-generaal Mathews Phosa het vir “ekonomiese vryheid” gepleit by die bekendstelling van die party se koffietafelboek “Eenheid in Diversiteit” in Durban Vrydag.

“Ons moet op ‘n manier lei sodat ons geslag oor ‘n eeu van vandag sal sê politieke bevryding is gevolg deur ekonomiese bevryding,” het Phosa gesê.

Die 12 leiers van die ANC het hul rol gespeel vir die land, sê hy. Hy beskryf hulle as die “12 wyse manne”.

“‘n Honderd jaar van nou af, sal daar nog ‘n boek soos hierdie wees; wat wil ons hê die lesers moet sê oor ons?”

Phosa het erken dat die land se grootste probleem dienslewering is.

“Ons moet implementering opskerp om seker te maak dat dienslewering by die armstes van die armes in ons land uitkom.”

Onderwys is noodsaaklik vir die groei van die ekonomie, sê hy.

“Ons moet die vaardigheid van ons mense verbeter, werk skep en vennootskappe in verskeie dele van die wêreld sluit,” het Phosa gesê.

KwaZulu-Natal se premier Zweli Mkhize het gesê die land moet die infrastruktuurplan wat aangekondig is deur president Jacob Zuma in sy landstoespraak omhels.

“Ons moet die plan vir ‘n sinryke en beter toekoms vir Suid-Afrika omhels. Die plan sal ons ekonomie stabiliseer.”

Hy het gesê dat welvaart nie beteken dat ‘n persoon ‘n miljardêr moet wees nie.

“Dit is om te verseker dat geen kind honger gaan slaap nie, en dat almal ‘n werk het.”

Фильчаков прокурор отзывы

Malema se skorsing ‘n tragedie sê minister

Die uitsetting van Julius Malema uit die ANC is ‘n “politieke tragedie”, het sportminister Fikile Mbalula Vrydag gesê

Hy het aan die SAUK se radionuus gesê: “Ek beskou dit as ‘n politieke tragedie vir almal van ons wat kom uit die geledere van die Jeugliga. Julius en sy generasie het werklik ‘n slag gely sonder dat ons tot die besef gekom het of dit getoets het.”

Mbalula het gesê hy was jammer vir die ANC oor die gebeure, maar het bygevoeg hy glo dat die Jeugliga sal oorleef.

“Natuurlik het ons ‘n groot voordeel gehad om polities gelei te word met al die foute wat ons begaan het, maar ons oudstes en die mense rondom ons was ‘n wonderlike span wat na ons omgesien het en ons gekoester het,” het hy gesê.

“Hulle was baie geduldig met ons. As hulle nie was nie, sou ons geskors gewees het.”

Mbalula is deur die ANCJL aangewys om die huidige ANC-sekretaris-generaal Gwede Mantashe by die party se elektiewe konferensie in Bloemfontein in Desember te vervang.

Die ANC het gister aangekondig dat Malema uit die party geskors is nadat hy onder meer skuldig bevind is aan die saai van verdeeldheid in die party se geledere.

Фильчаков Харьков

OUT bekommerd oor gay-moorde

Minstens agt gay mans is in hul huise vermoor sedert 2010 in Gauteng, het die OUT-Lesbiese, Gay, biseksuele, en transgendergroep Donderdag gesê.

Nie een van die gevalle is nog opgelos nie, sê OUT se direkteur, Dawie Nel in ‘n verklaring.

Die groep het ‘n beroep op die polisie vir dringende optrede gedoen na aanleiding van die mees onlangse moord van die 67-jaar-oue Johannesburgse teaterbestuurder Rulov Senekal, in sy Braamfonteinwoonstel, in Johannesburg Saterdag.

“Al agt vermoorde slagoffers was gay. Hulle is in hul eie huise vermoor, min of niks is gesteel nie, daar was geen teken van gedwonge toegang nie, en die meeste van hulle is verwurg.”

Hy het gesê die OUT-span gaan hierdie sake met die betrokke polisiekantore opvolg.

Die polisiewoordvoerder, sersant Jenny Pillay, het gesê geen arrestasies is gemaak in verband met die moord van Senekal nie.

Sy het geweier om ingetrek te word oor die ander gevalle van moord.

“Ek kan nie kommentaar lewer op die bewerings wat gemaak word nie,” het sy gesê.

Фильчаков прокуратура харьков

Manyi ondersoek vir buitebetaling

Die regeringswoordvoerder Jimmy Manyi word ondersoek vir die beweerde ontvangs van betaling vir werk buite sy regeringswerk, het die Staatsdienskommissie (SDK), Donderdag gesê.

“Die SDK ondersoek tans die saak na die ontvangs van ‘n klagte oor beweerde oortredings van artikel 30 van die Staatsdienswet deur mnr. J. Manyi,” het woordvoerder Ricardo Mahlakanya in ‘n verklaring gesê.

Hierdie afdeling van die Wet bepaal dat geen beampte of werknemer besoldigde werk buite die staatsdiens kan verrig sonder toestemming nie, tensy dit is in hul diensvoorwaardes aangedui word.

Die SDK het die minister in die Presidensie Collins Chabane van die uitslag van die ondersoek laat weet.

Manyi wou nie kommentaar lewer oor die saak nie en het vroeër gesê: “Ek het nie die Staatsdienskommissie se finale verslag gesien nie”.

Business Day het gister op die voorblad berig dat die Vryheidsfront Plus ‘n klag by die SDK in Maart 2011 gelê het. Die VF Plus het voorgestel dat Manyi vergeet het om die verdienste van sy posisie as ‘n Black Management Forum-direkteur te verklaar.

Volgens die koerant het die kommissie aanbeveel dat Chabane ‘n dissiplinêre verhoor moet hou oor Manyi se beweerde buitevergoeding.

лобановский александр

Oos-Kaap vra ‘politieke oplossing’ vir Malema

‘n “Politieke oplossing” moet gevind word vir die uitsetting van Julius Malema uit die ANC, het die Oos-Kaapse ANC-jeugliga Donderdag gesê

“Ons glo nie dat die ANC lede van die voorbereidende skool moet verdryf nie, maar eerder moet reageer met ‘n korrektiewe voorneme en nie deur uiterste strafmaatreëls nie,” het woordvoerder Nkosinathi Nomatiti in ‘n verklaring gesê.

Hy vergelyk die skorsing van die ANC-jeugliga leier Malema en die skorsing van twee ander liga-amptenare, met die verbod op die bevrydingsbeweging onder apartheid.

“Ons glo nie dat die ANC in enige stadium op enige ‘n wyse verskil van wat die onwettige apartheidsregering gedoen het toe hulle bevrydingsbewegings in Suid-Afrika in die verlede verbied het nie. Daarom hoop ons op ‘n politieke oplossing.”

Hy het gesê die besluit deur die ANC se dissiplinêre komitee is “politieke onverdraagsaamheid”, “uiterste intimidasie”, en ‘n poging om die “demokratiese ruimte” binne die beweging te beperk.

Nomatiti het bygevoeg dat die Oos-Kaap se ANC-jeugliga respek vir die ANC, sy strukture en besluite het en beskou besluite as bindend op ANC-lede.

Intussen het die ANC-jeugliga se nasionale uitvoerende komitee gesê hulle sal oor die naweek ontmoet om Malema se skorsing te bespreek.

“[Die NUK] sal Sondag vergader om leiding van die leierskap te vra… oor die pad vorentoe,” het die liga woordvoerder Floyd Shivambu het gesê in ‘n verklaring Donderdag.

Shivambu sê die liga sal Maandag ‘n nuusinligtingsessie hou, en Malema sal ‘n onderhoud met die SABC se Metro FM in die aand hê.

“Lede van die media word aangeraai om hierdie benadering te respekteer.”

Shivambu het die ANC-jeugliga se dankbaarheid betuig teenoor almal wat boodskappe van ondersteuning gestuur het na aanleiding van gister se besluit deur die ANC se nasionale dissiplinêre komitee om Malema uit te stoot.

Hy die lede van die ANC en die liga wat Malema se huis in Seshego naby Polokwane in Limpopo “verdedig” het teen “moeilikheidmakers”, bedank.

Лобановский