“Ons pleit by die ANC se nasionale dissiplinêre komitee van appèl om te oorweeg dat die skorsing [uit] … [is] nie net onregverdig nie, maar nie in ooreenstemming met die ware waardes van die ANC nie,” het Lamola aan verslaggewers gesê by Luthulihuis in Johannesburg.
“Alle sanksies en praktyke teen die aangeklaagde en gesanksioneerde lede van die ANC-jeugliga sal geskied met die goedkeuring van die kollektiewe leierskap,” het hy gesê, terwyl hy gelees het van ‘n verklaring.
Malema is verlede week geskors uit die African National Congress omdat hy die party in oneer gebring het en verdeeldheid in sy geledere gesaai het.
Hy was op die nuuskonferensie, maar het nie gepraat of enige vrae beantwoord nie. Hy het met sy arms gevou gesit, geklee in ‘n beret en ‘n sonbril. Toe verslaggewers vrae aan hom gerig het, het hy gefluister aan die liga se tesourier-generaal Pule Mabe of algemene sekretaris Magaqa, wat dan namens hom geantwoord het.
Die ANCJL se nasionale uitvoerende komitee en die ligaleiers van die verskillende provinsies het die inligtingsessie ter die ondersteuning van Malema bygewoon. Limpopo se voorsitter Frans Moswane, Noord-Kaap se ANC-Jeugligavoorsitter Shadrack Tlhaole, Vrystaatvoorsitter Kgotso Morapela, die Oos-Kaap se Ayanda Matiti, Noordwes se Papiki Baboile, en Gautengsekretaris Ayanda Kasa het ook die media toegespreek.
“Aanklagte of geen aanklagte nie, ons staan by ons leierskap,” sê Moswane.
Tlhaole het gesê: “Ons verwerp die nasionale dissiplinêre komitee se besluit om ons leier te skors.”
Kasa het gesê: “Ons gaan nog steeds vir die ANC-jeugliga veg en dit verdedig.”
Baboile, Kasa en Morapela het ‘n beroep op die ANC gedoen om die saak te bespreek met die ANC-Jeugliga se leierskap.
Die ANC-jeugliga het ‘n spesiale vergadering van die nasionale uitvoerende komitee (NUK) in Johannesburg die naweek gehou om Malema se skorsing te bespreek.
“Die NUK het hul ontsteltenis oor die sanksies deur die ANC se nasionale dissiplinêre komitee (NDK) teen die ANC-jeugligaleierskap uitgespreek,” het Lamola gesê.
Hy het gesê die NUK is ook ontsteld dat die NDKA weer ligawoordvoerder Floyd Shivambu se sanksie herbevestig het, ten spyte van die feit dat hy om verskoning gevra en berou getoon het”.
Shivambu is vir drie jaar van die ANC geskors vir vloek op ‘n joernalis en vir die uitreiking van ‘n verklaring wat vra vir ‘n verandering van regering in Botswana.
“Dit wys dat daar ‘n versteekte motief agter die sanksie teen kameraad Floyd Shivambu is, want hy het nie net berou getoon nie, maar hy is ‘n eerste oortreder wat sedert die voorval gewys het dat hy hervorm het,” het Lamola gesê.
Hy het herbevestig dat Malema nie verwyder kan word as die ANC-jeugligaleier deur die ANC nie.
“Dit is net die interne proses van die ANCJL wat kan besluit oor die leierskap van die ANC-jeugliga. Dit is ons ‘n sterk oortuiging dat dit nooit maklik moet wees om ‘n verkose president van die ANC-jeugliga, veral ‘n president wat onbestrede deur die lidmaatskap van die ANC-jeugliga verkies is, te verwyder nie.”
Magaqa het gesê dat indien die ANC se nasionale dissiplinêre komitee van appèl (NDKA) Malema weer skuldig bevind en sy skorsing gehandhaaf word, dan sal Malema vra dat sy skuldigbevinding by die ANC se elektiewe konferensie in Bloemfontein later vanjaar hersien word.
Malema sal egter nie verwyder word as die ANC-jeugligapresident nie, het Magaqa verklaar.
“As hy skuldig bevind word, hy sal aanhou … dit sal beteken ons sal ‘n leier sal hê wat nie ‘n lid van die ANC is nie. Ons kan nie nou opgee nie, hy [Malema] het ons so ver gebring. Julle het te make met soldate wat aanmarsjeer,” het hy gesê.
Magaqa se lidmaatskap van die ANC is vir drie jaar opgeskort. Hy is skuldig bevind aan die uitreiking van “‘n afbrekende en potensieel lasterlike” verklaring oor die minister van openbare ondernemings Malusi Gigaba, wat ook ‘n lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee is. Gigaba het kritiek gelewer op die liga se kommentaar oor die nasionalisering van die land se myne.
Magaqa se sanksie is vir drie jaar opgeskort, maar sal in werking tree as hy nie verskoning vra aan Gigaba binne 15 dae nie.
