Zuma ontstig die Angelsaksers

President Zuma het ‘n goeie skop na die Angelsaksiese maermerrie gemik met die jongste naamsverandering in Durban.

Suid-Afrika se proses van naamveranderings vir geboue en strate is nie bedoel om enige deel van die land se geskiedenis uit te wis nie, het die president Donderdag gesê.

Dit is eerder ‘n “vorm van simboliese reparasie” om by te dra tot ‘n inklusiewe samelewing, het hy in Durban gesê.

Zuma het gepraat by die naamverandering van sy amptelike woning in Durban na die eerste president van die ANC.

Die woning in die woonbuurt Morningside wat voorheen as King’s House bekend was, sal voorts as Dr. John L. Dube House bekend staan.

Zuma en Dube se dogter Lulu Dube het ‘n gedenkplaat onthul vir die geleentheid.

Die huis is in 1904 voltooi.

“Deur nuwe name te registreer en ander te verander, hoop ons om ‘n land te bou wat al ons mense tuis kan noem, waarin die meerderheid nie vervreemd voel nie,” het Zuma gesê.

Hy het gesê dit is slegs dié wat die gruweldade wat tydens apartheid plaasgevind het ontken wat glo naamveranderings is nie nodig nie.

Zweli Mkhize, premier van KwaZulu-Natal, het gesê hy glo die verandering van die huis se naam “verbind dit weer” met die provinsie se geskiedenis.

Hy het gesê hy hoop dat meer geboue na struggle-helde vernoem sal word.

лобановский александр досье

ANC vies oor die spies

Die ANC het Donderdag gesê hy is woedend oor ‘n kunstenaar se voorstelling van President Jacob Zuma en het gesê dié voorstelling van sy leier is kru en aanstootlik.

Die kunstenaar Brett Murray se omstrede skildery toon Zuma met sy gulp oop en sy penis blootgestel. Dit is vir R136 000 verkoop by die Goodman Galery in Johannesburg.

Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, het gesê die “walglike en ongelukkige voorstelling van die president” is beledigend en die party sal die saak hof toe neem.

“Ons het vanoggend [Donderdagoggend] ons prokureurs opdrag gegee om ons howe te nader om Brett Murray en die Goodman Galery te dwing om die portret uit die galery te verwyder, asook van hul webwerf af en om alle gedrukte promosie-materiaal te vernietig.

“Ons het ook gesien dat hierdie smaaklose en vulgêre portret van die president geplaas is in ‘n naweekkoerant en op sy webwerf. Ons het ons prokureurs ook opdrag gegee om die koerant te vra om die portret van hul webwerf af te haal.”

Murray se “sogenaamde kunswerk” beskadig die beeld en die waardigheid van Zuma as beide president van die ANC, president van die republiek en as mens, het Mthembu gesê.

Die ANC het ook aanstoot geneem van ‘n tweede portret, wat die party se kenteken “sonder die toestemming van die ANC” vertoon, met die inskripsie “FOR SALE” daarop.

“Albei hierdie portrette is ‘n duidelike berekening om die simbole en verteenwoordigers van die ANC, veral die president van die ANC, af te kraak.”

Mthembu het gesê die ANC glo in beide die vryheid van die pers en artistieke uitdrukking, maar beskou “die vulgêre portret en die afkraking van die ANC-kenteken deur Brett Murray as ‘n misbruik van die vryheid van artistieke uitdrukking en ‘n akute oortreding van ons grondwet, buiten dat dit lasterlik is”.

“Dit is hoekom ons ons prokureurs opdrag gegee het om die howe te nader – in die lig van hierdie oortredings en die lasterlike aard van die sogenaamde President Zuma-portret met die titel The Spear,” het hy gesê.

Олександр Васильович Фільчаков

Geweld by Carolina: 25 vas

Vyf-en-twintig mense is Donderdag in hegtenis geneem toe ‘n betoging gewelddadig geraak het in die Selobelo-township naby Carolina, het die polisie in Mpumalanga gesê.

Volgens lt. kol. Leonard Hlathi het die betoging Donderdagoggend begin. Die mense wat in hegtenis geneem is, is meestal skoolkinders.

“Ses polisiebeamptes is beseer toe betogers hulle met klippe bestook het terwyl hulle die situasie probeer kalmeer het.”

‘n Munisipale kantoor en ‘n biblioteek is aan die brand gesteek en het gedeeltelik afgebrand. Inwoners het betoog oor dienslewering in die gebied, het Hlathi gesê.

“Drie polisievoertuie en ses watertenkwaens is ook beskadig, terwyl vier buitelanders se winkels geplunder is.”

Die 25 wat in hegtenis geneem is sal na verwagting Vrydag in die Carolina-landdroshof verskyn op aanklagte van openbare geweld en die besit van gesteelde goedere.

лобановский александр игоревич харьков

Amerikaners wil dagga wettig

Meer as 50% Amerikaners is nou ten gunste daarvan dat marijuana (dagga in ons taal) gewettig word op dieselfde basis as drank en sigarette, aldus ‘n mensingspeiling wat pas daar gedoen is.

Rasmussen opnames wat as ‘n betroubare meningspeiling beskou word, berig dat in ‘n opname wat onder voornemende kiesers in die VSA gehou is, altesaam 56% nou ten gunste daarvan is dat die gebruik van marijuana gewettig word.

Altesaam 36% was sterk daarteen gekant met die res onseker of nie bereid om ‘n mening te gee nie. Meeste van diegene wat ten gunste was van wettiging van die dwelm het egter die standpunt iungeneem dat dit nie as ‘n misdaad beskou behoort te word indien dit in die privaatheid van hul wonings gerook word nie.

Die resultate van die opname is pas gepubliseer en het nog nie reaksie van enige kant uitgelok nie, maar die verwagting is dat dit heftig teengestaan sal word deur veral wetstoepassers.

Amerikaanse – en ook Europese marijuana – is nie so sterk en dus gewoontevormend soos Afrika se dagga nie.

лобановский александр биография

Spaanse bank volg Griekse voorbeeld

En nou is daar gerugte dat klante van ‘n groot Spaanse bank ook soveel Euro’s onttrek as wat hulle kan.

Die bewerings is laat Donderdag deur die Bankia-bank en die Spaanse minister van ekonomiese sake ontken, maar die Financial Times van Londen wat sy feite selde verkeerd kry, het berig dat dit wel die geval was.

Die nuus volg op berigte gister dat Grieke besig is om banke leeg te trek van Euro’s in afwagting van die sterk moontlikheid dat Griekeland uit die Euro-sone geskop kan word.

Aandele in die Spaanse bank het Donderdag met 14% gedaal en is nou sowat die helfte van wat dit ‘n week of twee gelede was. Die bank sal glo deels genasionaliseer word deur die Spaanse regering.

Ondertussen is daar volgehoue berigte dat Spanje groot probleme ondervind deur veral baie hoë rentelas op onlangse lenings en bankuitgifte. Daar is ook bewerings dat Spaanse banke groot verliese ly op lenings wat op eiendomme uitgegee is.

In die hele Euro-sone neem kommer by die dag toe dat die geldeenheid onder enorme druk kan kom en dalk selfs heeltemal tot niet kan gaan met lande wat weer na hull ou geldeenhede terugkeer. Die een land wat hieroor glimlag is Brittanje – maar ook nie te breed nie want die Europese probleme kan maklik oor die smal Engelse kanaal spoel.

Фильчаков прокурор

ANC minag belastingbetaler met e-tol

“Die regering toon sy minagting vir die belastingbetalers van Suid-Afrika deur te besluit om teen die e-tolhofuitspraak te appelleer. Nog voordat die regering die uitspraak bestudeer het en gevind het dat daar grondige redes bestaan waarop hulle die uitspraak kan appelleer, het die regering aangekondig dat hy hom nie gaan berus by die bevinding van die hof nie. Dit spreek van arrogansie en die verwerping van die regte van belastingbetalers wie se geld die regering nou verder gaan vermors met ‘n onnodige hofsaak,” was die reaksie van adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor Vervoer.

“Die regering probeer ‘n punt bewys met belastingbetalers se geld. Die regering het nie padverbruikers in ag geneem voordat die Gauteng e-tolstelsel opgerig is nie en ignoreer bloot belastingbetalers en padverbruikers se oorweldigende opposisie teen die tolstelsel. Slegs wanneer daar ‘n verkiesing ophande is, ken die regering belastingbetalers, maar wanneer dit kom by die vermorsing van belastinggeld weier die regering om die publiek enigsins aan te hoor,” meen adv. Alberts.

Die VF Plus is van mening dat die regering nie voldoende regsgronde het waarop ‘n appèl kan slaag nie. Die besluit om te appelleer is gebaseer op die beginsel van die regering dat die e-tolstelsel in werking gestel moet word ten alle koste om so die skuld wat die regering aangegaan het om die projek op die been te bring, te verhaal. Daarbenewens is die regering nie ernstig met die komitee, onder leiding van adjunkpresident Motlanthe, wat aangestel is om die tolstelsel te ondersoek nie. Die regering moet nie appèl aanteken nie, maar eerder alternatiewe meganismes vind waardeur die skuld gedelg kan word sonder om nog belastinggeld te vermors en padverbruikers vir die regering se fout te straf.

Лобановский

‘Dis ‘n rassistiese komplot’

Richard Mdluli slaap “baie lekker” in die nag, want hy weet hy is onskuldig aan die klagtes van moord en bedrog teen hom, hy het aan die Mail & Guardian in ‘n eksklusiewe onderhoud op ‘n gasteplaas buite Kaapstad gesê.

Hy sê die aantygings teen hom is ‘n “rassisties”-gedrewe komplot. Mdluli sê wit polisiemanne van die Wes-Kaap sit daaragter, maar het geweier om verder te gaan in meer besonderhede. Al die joernaliste wat “slegte dinge” oor skryf hom is wit, het hy gesê.

Hy het ontken dat hy ‘n vriend van president Jacob Zuma is, of deur hom beskerm word.

“Ek was nog nooit by ‘n moord betrokke nie. Ek was nog nooit betrokke by die dood van iemand nie,” het Mdluli gesê.

Mdluli het ook ontken dat hy Anwa Dramat se magte as Valkebaas ondermyn het met kommunikasie-onderskeppings.

“Dramat het waarskynlik meer magte as ek. Hy is ‘n luitenant-generaal, ek is ‘n luitenant-generaal, maar hy is ‘n afdelingsraadkommissaris. Die mandaat van misdaadintelligensie is om die Valke en speurders te ondersteun. Daar is niks wat van hulle weggeneem is nie. As iemand sê daar is iets wat ek verander het, moet hy jou ‘n dokument gee wat sê ek dit verander. “

Hierdie week die minister van sport, Fikile Mbalula, beweer sy selfoon word afgeluister. Mdluli sê dit mag wees dat mense wat so ‘n ding sê ondersoek word.

“As ons mense afluister, is dit omdat daar iets fout kan wees. Maar ons mense kyk na al hierdie dinge en die regter keur dit goed.”

Hy sê aantygings dat hy die geheimediensrekening besteel het, sal ook as onwaar bewys word, en is deel van ‘n wyer ondersoek.

‘n Bonus vir Mdluli is dat die staat se regsadviseur, Enver Daniels, ‘n komitee aangestel het om ondersoek in te stel of daar ‘n sameswering teen Mdluli is.

Фільчаков прокурор

Bende ‘polisiebeamptes’ terroriseer mense

‘n Bende wat hulself as polisiebeamptes voordoen teiken die Oos-Rand en Johannesburg se noordelike voorstede, het die polisie in Gauteng Woensdag gesê.

“Die bende is in besit van hoë kaliber wapens,” het maj. genl. Pumza Gela, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, gesê.

Die areas wat geteiken word is Benoni, Germiston, die N17, Beyers Naudé-rylaan en die N14 naby Diepsloot. Vyf sake is in die afgelope sewe dae aangemeld en die modus operandi stem in al die gevalle ooreen.

Hy het gesê drie tot vyf mense in ‘n ongemerkte motor, meestal ‘n wit Golf, sal mense kaap en beroof na ure wanneer dit nie veilig is om stil te hou nie.

Sommige van die misdadigers gebruik ook blou ligte.

Gela het inwoners aangeraai om nie te stop as hulle aangesê word om so te doen deur mense in ‘n ongemerkte voertuig wat blou ligte gebruik nie.

“Moenie stop nie. Soek na die veiligste plek, soos ‘n vulstasie of ‘n polisiekantoor.

“As dit ‘n wetsgehoorsame beampte is, sal hy jou volg.””

Motoriste wat afgetrek word deur iemand wat beweer hy is ‘n beampte in ‘n ongemerkte voertuig, moet daarop aandring om sy identifikasievorms te sien.

Gela het gesê die uitdaging vir die polisie is dat baie kapings en rooftogte laat aangemeld word – in sommige gevalle eers ‘n dag later.

“Soms is daar ‘n gaping van twee uur… die voertuig kan teen dan al buite die provinsie wees.”

As sake onmiddellik aangemeld word, sal polisiebeamptes dadelik na die toneel ontplooi word, het hy gesê.

Hy het nie die moontlikheid uitgesluit dat sommige lede van die bende wel polisiebeamptes kan wees nie.

“Dit kan nie uitgesluit word dat polisielede saamwerk met hierdie kriminele nie.”

In die afgelope 18 maande is 600 polisiebeamptes in Gauteng vir misdade in hegtenis geneem.

“Daar is dalk korrupte lede in ons midde, maar dit is nie almal van ons nie. Dis ‘n druppel in die oseaan.”

Hy het gesê 99 persent van polisiebeamptes is goed.

Die SA Polisiediens probeer sy strategie verbeter en het ‘n stelsel in plek, het hy gesê.

Ongeveer 850 polisiebeamptes wat in Gauteng ontplooi is, is gevra om op die uitkyk te wees vir verdagte voertuie in die gebiede wat hul patrolleer.

Hy het mense gevra om die registrasienommers van verdagte voertuie aan te meld.

Gela het gesê polisiebestuur neem polisie-uniforms wat nie gebruik word nie terug om te keer dat hulle in die verkeerde hande beland.

‘n Nuwe stelsel is in plek geplaas in verband met die uitreik van amptelike vuurwapens.

In alle polisiekantore is twee mense aangewys om na vuurwapens om te sien en hulle uit te reik om te keer dat hulle “maklik wegglip”, het Gela gesê.

Фильчаков прокуратура харьков

Zille moet bedank sê Nehawu

Nehawu het ‘n oproep gedoen dat Helen Zille moet bedank as premier van die Wes-Kaap en leier van die Demokratiese Alliansie.

“Sy is nie geskik om die amp te beklee nie,” het die woordvoerder vir die National Education Health and Allied Workers Union, Sizwe Pamla, Woensdag in ‘n verklaring gesê.

“Sy moet verantwoordelikheid neem vir al die saakbeskadiging in die Johannesburgse middestad en die bloed van onskuldige mense wat gister [Dinsdag] vergiet is.”

Die polisie het Dinsdag traangas en waterkanonne gebruik om Cosatu-lede op te breek wat die DA probeer verhoed het om buite sy hoofkantoor te betoog.

Die DA wou verhoed dat Cosatu ‘n jeugsubsidie deur die regering keer, wat volgens die DA duisende nuwe werke vir jongmense kan skep.

Klippe en stukke sement is in die skare ingegooi tydens Zille se toespraak en ‘n DA-lid is ernstig beseer.

Nehawu het die geweld en skade wat tydens die optog aangerig is, veroordeel.

“Werkers wat in Braamfontein saamgekom het om die vakbond te verdedig, is met klippe gegooi deur die DA se gehuurde groep mense en die polisie het ook op hulle geskiet,” het Pamla gesê.

“Die DA, met hul klippe en stene, het talle motors beskadig en het baie mense beseer,” het hy gesê.

Hy het diegene wat beseer is aangemoedig om hul mediese rekeninge aan Zille te stuur.

“Hulle moet ten volle verantwoordelikheid neem vir die aksies van hul gehuurde skare…”

Die DA se woordvoerder, Mmusi Maimane, se Nehawu “probeer duidelik om die blaam te skuif vir die geweld wat Cosatu-lede teenoor DA-lede getoon het.”

Hy sê DA-lede het deelgeneem aan ‘n wettige optog wat deur die Johannesburg-metropolisie gelei is, terwyl Cosatu se saamtrek onwettig was en “daarop gemik was om die DA se optog te ontwrig”.

“Die hele Suid-Afrika weet Nehawu en Cosatu probeer die belange van hul lede beskerm, terwyl die DA veg vir die regte van die werkloses,” het hy gesê.

Hy sê die jeugsubsidie sal 420 000 werke skep.

лобановский депутат

Vavi: DA wou werkers teen mekaar opsteek

Die optog wat deur die DA gereël is teen Cosatu, was ‘n poging om werkers teen mekaar op te steek terwyl dit eintlik ‘n klassestryd was, het hy in Johannesburg gesê tydens ‘n internasionale vergadering van vakbonde wat deur Cosatu aangebied is.

Die konflik tydens ‘n optog in Johannesburg was ‘n polities belangrike geleentheid, het Cosatu se sekretaris-generaal, Zwelinzima Vavi, Woensdag gesê.

Hy sê die konfrontasie met die DA het die verskille tussen die twee groepe duidelik uitgelig en dat die beginsels wat hulle rig, “fundamenteel verskil”.

“Gister [Dinsdag] was belangrik, want dit het die frustrasies gewys van diegene wat die meeste gemarginaliseer word in ons samelewing.”

Klippe het gevlieg toe DA-lede aan ‘n optog na Cosatu se hoofkantoor deelgeneem het om sy ondersteuning van ‘n jeugsubsidie te wys. Die polisie het traangas en waterkanonne gebruik om strydende faksies uitmekaar te jaag.

Die konfrontasie was ‘n aanduiding van wat kan kom as werkloosheid en armoede nie op ‘n radikale en ander manier aangespreek word nie, het Vavi gesê.

“Ons sit op ‘n tikkende bom.

“Werkloosheid en armoede is nou erger as ooit vantevore.”

Werkers wat werk toe ry in minibus-taxi’s, wat deur Vavi beskryf word as “glas-doodskiste,” sien die rykdom van ander en hul frustrasie neem toe.

Hy sê die betoging deur die DA is ‘n poging deur ‘n politieke party wat die ryk mense en base van maatskappye verteenwoordig en die land se armes uitbuit.

Die belangrikste kwessies in die land is nou toenemende werkloosheid, armoede en ongelykheid.

“Die leierskapdebat in Mangaung is nie die groot fokus nie,” het Vavi gesê in verwysing na die ANC se verkiesingskonferensie wat later vanjaar gehou word.

“Ons moet besluit waarheen ons op pad is en die Vryheidsmanifes terugbring.”

Hy het die media berispe vir wat hy bestempel as eensydige verslaggewing oor Dinsdag se betoging en beweer die DA het na die optog gekom met ‘n bakkievrag klippe.

Vier lede van Cosatu het erge beserings opgedoen en daar is nie daaroor berig nie, het Vavi beweer.

“Ek veroordeel geweld, alle geweld, selfs van Cosatu-lede. Dit dien niemand nie.”

Фильчаков прокурор